Menu terloops
In Wat om te kyk [15 Mei 2023]

Wat om te kyk: Nuut op TV vanaf 15-21 Mei 2023


Wat om te kyk: ‘The Tourist’ met Jamie Dornan, ‘High Desert’ met die fantastiese Patricia Arquette en bloeddorstige vampiere in ‘Vampire Academy’ tel onder ons top-keuses om vandeesweek (15-21 Mei 2023) te kyk.

Wat om te kyk: Nuut op TV vanaf 15-21 Mei 2023

Wat om hierdie week op TV te kyk en aanlyn te stroom – hier is ons top-keuses vir die week 15 tot 21 Mei 2023.

Neem asseblief kennis dat datums en titels moontlik kan verander.

The Tourist S1 

Vanaf Maandag, 15 Mei 2023, op Showmax beskikbaar. 

​​Jamie Dornan van die 50 Shades of Greytrilogie neem ’n hele ander gedaante aan met sy vertolking in die spanningsvolle rillerdrama, The Tourist.

Die premis van The Tourist draai om ’n Noord-Ierse man (Dornan) wat met geheueverlies in ’n Australiese hospitaal wakker word. Hy het geen idee wie hy is, of hoe hy daar beland het nie. Al wat hy weet, is dat iemand hom wil dood hê. Só begin sy pogings om sy identiteit te ontsyfer – voordat sy verlede hom kan inhaal.

Die reeks, wat reeds vir ’n tweede seisoen hernu is, het ’n punt van 97% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes. Die kritici-konsensus lui: “Jamie Dornan is ’n boeiende gids in The Tourist, ’n meesleurende drama wat sy misterie met sowel deeglike skokke, as lawwigheid verdiep.”

XO, Kitty S1

Vanaf 18 Mei 2023 op Netflix beskikbaar om te stroom. 

As jy ’n aanhanger van Jenny Han se To All the Boys I’ve Loved Before is, dan gaan dié spin-off waarskynlik ook plesierige kykvermaak vir jou wees. 

Anders as in To All the Boys, draai XO, Kitty nie om die vurige vonk tussen Kitty se suster, Lara Jean (Lana Condor) en Peter Kavinsky (Noah Centineo) nie. Dis eerder geliewe Kitty se liefdeslewe – en hart – wat hier blootgelê word.

In ’n baie onrealistiese wending, kry Kitty dit reg om haar pa te oortuig om haar toe te laat om na Korea te reis en vir ’n tyd by haar oorlede ma se alma mater skool te gaan. Dis mos heel toevallig dat haar langafstandkêreld ook by dié kosskool klas loop. Daar gekom, besef Kitty egter blitsig dat verhoudings nie so eenvoudig is soos wat sy gedink het nie.

Dis prettige spookasem-kykstof vir wanneer jy nie jou brein wil gebruik nie en nie weet wat om te kyk nie.

Vampire Academy S1

Twee episodes word weekliks, vanaf Vrydag, 19 Mei 2023, op Showmax beskikbaar gestel.

Vampire Academy is gegrond op die topverkoper-boeke uit die pen van die bekroonde skrywer Richelle Mead, en volg op die gelyknamige 2014-fliek.  

Die reeks is na TV-formaat verwerk en ontwikkel deur die TV-skepper Julie Plec, wat bekend is vir haar werk op die immergewilde tiener-smartsaga-dramareeks, The Vampire Diaries, asook sy spin-offs, The Originals en Legacies.  Die reeks se kreatiewe benadering is ook anders as dié van die fliek wat slegs een van die boeke as bronmateriaal en inspirasie gebruik het. Vir die TV-weergawe word al ses boeke in die reeks tesame as inspirasie vir die grondslag gebruik vir nuwe storielyne. Die storie draai egter steeds om Lissa en Rose en hul wedervaringe aan ’n spesiale kosskool. Daar moet Lissa leer hoe om ’n koninklike vampier te wees, en Rose word as haar beskermer opgelei. Saam-saam moet hulle die ins and outs van skoolpolitiek, liefde en magic aan St. Vladimir’s Academy navigeer terwyl hulle ook teen die bloedddorstige strigoi te staan kom. 

Paste Magazine skryf dat Vampire Academy dit regkry om ’n reeks te skep wat ligte politieke drama met die meer klassieke kenmerke van ’n supernatural tienerdrama te vermeng om só intrige en raaisels te skep.

High Desert S1

Vanaf Woensdag, 17 Mei 2023, op Apple TV+ beskikbaar om te stroom. Die eerste drie episodes word saam uitgereik, waarna nuwe episodes weekliks beskikbaar gestel sal word.

Die aktrise Patricia Arquette vertolk die hoofrol in dié nuwe komediereeks. Dis ’n sterbelaaide rolverdeling – ook Rupert Friend, Matt Dillon, Brad Garrett en Bernadette Peters tel onder die spelers. 

High Desert draai om Peggy (Arquette in maar net nog een van haar briljante vertolkings) wie se lewe heeltemal ná haar ma se dood omgedolwe word. Sien, Peggy is ’n on-again-off-again-dwelmverslaafde, maar die verlies van haar ma dryf haar tot radikale verandering as sy besluit om ’n private speurder te word.

Die storie, wat in die klein woestyndorpie van Yucca Valley, Kalifornië, afspeel, se wyer narratiewe draad sien hoe dié dorpie se karakters elkeen hul eie ommekeer deurgaan – van Guru Bob (Friend), ’n voormalige nuusleser wat hom nou as ’n woestyn mystic voordoen, tot Bruce (Garrett), Peggy se nuwe baas wat dit skaars regkry om sy besigheid aan die gang te hou. 

Ook nuut vandeesweek: 

  • Minki S5
    Vanaf Maandag, 15 Mei 2023, om 17:30 op VIA en DStv Online (kanaal 147).
  • Anna Nicole Smith: You Don’t Know Me 
    Vanaf Dinsdag, 16 Mei 2023, op Netflix.
      • Working: What We Do All Day
        Vanaf Woensdag, 17 Mei 2023, op Netflix.
      • Selling Sunset S6
        Vanaf Vrydag, 19 Mei 2023, op Netflix.
      • The Voice S23
        Vanaf Vrydag, 19 Mei 2023, om 18:00 op M-Net en DStv Online (kanaal 101).
      • NCIS: Los Angeles S14
        Vanaf Vrydag, 19 Mei 2023, om 19:00 op M-Net en DStv Online (kanaal 101).
      • American Idol S21
        Vanaf Saterdag, 20 Mei 2023, om 19:00 op M-Net en DStv Online (kanaal 101).

      Wat, waar en wanneer?

      Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

      Sien ook Meer

      Jy sal hou van:

      Silwerskermfees 2024: Waar en wanneer om vanjaar se kortfilms die week op TV te kyk

      Vanjaar se Silwerskermfees het weereens voortgebou op meer as ’n dekade se ontwikkelingsprojekte in die plaaslike filmbedryf – en die eerste sarsie stories word hierdie Saterdagaand, 7 September 2024, op kykNET uitgesaai.

      Meer

      ‘Wyfie’: Jou kykgids vir September 2024

      Amanda kom voor moeilike besluite te staan en Kyla is in ’n desperate situasie verstrengel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

      Meer
      12

      12 klassieke chick flicks en reekse om te kyk

      Gryp die popcorn en rosé en kyk ’n paar van die mees ikoniese chick flicks en reekse wat ons oor die jare vermaak en geïnspireer het. Of jy nou lus is vir ’n lekker romcom, ’n hoërskooldrama, of ’n feel good-reeks, hierdie lys van 12 throwback-juwele is beskikbaar op jou gunsteling-stromingsplatforms.

      Meer

      Redakteurskeuse vir Augustus 2024: ’n ‘Eksie Perfeksie’-romkom, beste seisoen nog van ‘Fargo’, en meer

      Wat om te kyk: Die tweede seisoen van die epiese TV-vertelling van 'Lord of the Rings', heerlike humor in 'JACKPOT!', die Afrikaanse romkom, 'Eksie Perfeksie' en die ongelooflike historiese drama, 'The Tattooist of Auschwitz', tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

      Meer
      Sien alle opsies