Menu terloops

The Tourist S1

Op Showmax [Gepubliseer op 15 Mei 2023]


Jamie Dornan van ’50 Shades of Grey’ neem ’n hele ander gedaante aan met sy vertolking in die spanningsvolle riller-drama, ‘The Tourist’.

Kyk nou

The Tourist S1
Kyk lokprent

​​Jamie Dornan van die 50 Shades of Greytrilogie neem ’n hele ander gedaante aan met sy vertolking in die spanningsvolle rillerdrama, The Tourist.

Die premis van The Tourist draai om ’n Noord-Ierse man (Dornan) wat met geheueverlies in ’n Australiese hospitaal wakker word. Hy het geen idee wie hy is, of hoe hy daar beland het nie. Al wat hy weet, is dat iemand hom wil dood hê. Só begin sy pogings om sy identiteit te ontsyfer – voordat sy verlede hom kan inhaal.

Die reeks, wat reeds vir ’n tweede seisoen hernu is, het ’n punt van 97% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes. Die kritici-konsensus lui: “Jamie Dornan is ’n boeiende gids in The Tourist, ’n meesleurende drama wat sy misterie met sowel deeglike skokke, as lawwigheid verdiep.”


Vanaf Maandag, 15 Mei 2023, op Showmax beskikbaar. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 11 stories in Julie misloop

’n Nuwe ‘Matlock’, Magda Louw op haar stukke, aksie-satisfaksie in ‘The Old Guard 2’, en die slotseisoen van die meesleurende reeks ‘The Sandman’ tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Julie 2025

Dolf staan by ’n kruispad, terwyl Bongi se liefdesbootjie sink... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Suidooster: Kaapse winter bring vlaag van vurige drama in Julie

Die een koue front ná die ander bring in Julie ’n vlaag van vuurwarm drama na ‘Suidooster’ se Ruiterbosch. Daar is rugstekery, misverstande, onsekerheid én gebroke harte. 

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Julie 2025

Agatha wriemel haarself telkens uit die moeilikheid en Petro stort ineen nadat sy iets uiters onverwags sien... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Julie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies