Menu terloops
In Wat om te kyk [4 Sep 2023]

Wat om te kyk dié week: Showmax se ‘Outlaws’, top-dokterdrama ‘Maternal’, ‘Virgin River’ en meer


Showmax se eie moderne Western-reeks, ‘Outlaws’; top mediese drama ‘Maternal’, die trefferreeks ‘Virgin River’ se vyfde uittog; die TV-verwerking van Romy Hausman se angswekkende rillerboek, ‘Dear Child’; briljante toneelspel in die donker komedie ‘Totally Completely Fine’; en tranetrekker van formaat, ‘Sitting in Bars with Cake’ tel onder vandeesweek se beste keuses, aanlyn en op TV.

Wat om te kyk dié week: Showmax se ‘Outlaws’, top-dokterdrama ‘Maternal’, ‘Virgin River’ en meer

Wat om te kyk op TV en aanlyn te stroom hierdie week – hier is ons top-keuses vir 4 tot 10 September 2023.

Neem asseblief kennis dat datums en titels moontlik kan verander.

Outlaws S1

Woensdae, vanaf 6 September 2023 op Showmax.

Showmax se nuutste plaaslike reeks is ’n kontemporêre Western waarin wetteloosheid hoogty vier. 

Dié Showmax Original-reeks bevat al die elemente vir ’n boeiende storie wat op die grens van die skouspelagtige Lesotho en KwaZulu-Natal afspeel: liefde, wraak, geweld, familietwis, wedywering en – natuurlik – moord. Die konflik draai om twee groepe: aan die een kant is daar die Biyela-clan wat met vee boer; en dan is daar die Tseoles, veediewe van formaat. Dis asof die Wilde Weste en die hel alles op een slag hiér losbars. Daar bestaan nie reg en geregtigheid nie, eerder net geweld wat beheer en regeer. 

Outlaws is geskep deur Phathu Makwarela en Gwydion Beynon van Tshedza Pictures wat reeds vyf Safta-toekennings as draaiboekskrywers gewen het. 

Dear Child

Vanaf Donderdag, 7 September 2023, op Netflix. 

In Dear Child ontmoet ons ’n jong vrou, Lena, wat saam met twee kinders, Hannah en Jonathan, aangehou word. Hulle eet hul maaltye, gaan toilet toe en gaan slaap elke dag op presies voorgeskrewe tye. Sodra hy die vertrek binnekom, staan ​​hulle in ’n ry om hul hande te wys. Hulle doen alles wat hy sê. Totdat die vrou op ’n dag daarin slaag om te ontsnap. Ná ’n byna noodlottige motorongeluk word sy in die hospitaal opgeneem, met Hannah aan haar sy. 

Die ware, volle omvang van dié nagmerrie word stukkie vir stukkie met die kyker gedeel – met die aankoms van Lena se ouers – wat al 13 jaar na hul vermiste dogter soek – wat ook ontboeseming ontlok. 

Dié beklemmende Duitse sesdelige minireeks is gegrond op die gelyknamige roman deur Romy Hausman en herinner sterk aan 2015 se Room met Brie Larson in die hoofrol. Room is ook vanaf ’n boek (deur Emma Donoghue) verwerk.

Maternal S1

Twee episodes word elke Maandag, vanaf 4 September 2023, op Showmax beskikbaar gestel. 

Maternal volg drie vroue-dokters wat ná kraamverlof probeer om die intense eise van hul beroepe en ma-wees te balanseer. Daar is dr. Maryam Afridi (Parminder Nagra van Bend It Like Beckham en ER) wat twyfel of sy die emosionele eise van die pediatriese saal kan hanteer noudat sy haar eie kinders het. Catherine MacDiarmid (Lara Pulver van Sherlock) is ’n enkelma en suksesvolle chirurg wat vasbeslote is om in die macho-wêreld van chirurgie haar stempel te maak. En dr. Helen Cavendish (Lisa McGrillis van Mum) is ’n kliniese assistent wat almal se ma probeer wees.

Dié Britse mediese drama het ’n punt van 100% op Rotten Tomatoes, met The Guardian wat skryf: “Hierdie wonderlike drama oor dokters wat teruggaan werk toe nadat hulle kinders gehad het, is ’n spot-on verkenning van vriendskap tussen vroue – en hoe om te oorleef in ’n stelsel wat teen jou gestapel is.”

Virgin River S5

Die eerste tien episodes van die vyfde seisoen is vanaf Donderdag, 7 September 2023, op Netflix beskikbaar met twee spesiale feestyd-episodes wat op 30 November 2023 vrygestel word. 

In die vyfde seisoen van dié uiters gewilde Netflix-dramareeks, is daar nuwe uitdagings waarteen die inwoners van die kleine dorpie van Virgin River te staan kom. Terwyl Jack werk daarvan maak om sy besigheid uit te brei – en vir geliewe Charmaine uit te sort, moet Mel ’n moeilike besluit oor haar toekoms by die kliniek maak. Dít terwyl haar swangerskap baie emosies oor haar moeilike, hartseer verlede aanwakker. Vir Doc en Hope is alles ook nie maanskyn en rose nie…

Daar is ook ’n skokkende break-up, nuwe liefde wat blom, iemand wat groet, ’n moeilike hofverhoor en ’n brand wat die dorp in gevaar stel. Methinks die draaiboekskrywers was dalk té besig.

Totally Completely Fine S1

Twee episodes word elke Woensdag, vanaf 6 September 2023, op Showmax beskikbaar gestel. 

In Totally Completely Fine speel Thomasin McKenzie (Last Night In Soho) die rol van Vivian, ’n jong vrou wat ’n eiendom erf net om uit te vind dat selfdood- en selfdoodpogings gereeld op die eiendom (op ’n krans geleë) hier plaasvind. Sy voel dan genoop om dié siele te help. 

Dié reeks het ’n punt van 100% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes met The Guardian wat McKenzie se spel loof. “McKenzie besiel die hoofrol met ’n boeiende, effense gevaarlike en onvoorspelbare energie, asof dele van haar psige enige oomblik in vlamme kan skiet.

Sitting in Bars With Cake

Vanaf Vrydag, 8 September 2023, op Prime Video. 

Sitting in Bars with Cake is gegrond op ’n ware verhaal… en dit maak dit soveel meer tragies. Tragies en besonders mooi.

Die storie volg beste vriende Jane (Yara Shahidi) en Corinne (Odessa A’zion) living their best lives in Los Angeles. Corinne oortuig vir Jane, wat baie skaam is, om vir ’n jaar lank koeke te bak en by bars te verkoop… “Cakebarring” noem sy dit. Maar deur die loop van hierdie jaar ontvang Corinne ’n diagnose wat albei se lewens onherroeplik verander.

Wat om nog te kyk…

Vanaf 4 September 2023

Nolly, Showmax
The Real Housewives of Gqeberha S1, Showmax
DiepCity S2 , Showmax
Tulsa King S1, Showmax
Dolphin Tale
, Showmax
Dolphin Tale 2
, Showmax
Geostorm
, Showmax
The Perfect Storm
, Showmax

Vanaf 5 September 2023

Shane Gillis: Beautiful Dogs, Netflix 

Vanaf 6 September 2023

6ixtynin9 The Series, Netflix
Infamy
, Netflix
Reporting For Duty
, Netflix
Tahir’s House, Netflix
Predators
, Netflix
Scout’s Honor: The Secret Files of the Boy Scouts of America
, Netflix

Vanaf 7 September 2023

Alan Carr’s Adventures with Agatha Christie , BritBox
Mrs Harris Goes To Paris, Showmax
Redeeming Love, Showmax
Baywatch, Showmax
Jumping The Broom
, Showmax
Police Academy 1-7
, Showmax
Top Boy: S3
, Netflix
Kengan Ashura: S2
, Netflix
What If
, Netflix
Kung Fu Panda: The Dragon Knight: S3
, Netflix 

Vanaf 8 September 2023

The Changeling S1, Apple TV+
The Bay S4, Showmax
A Time Called You, Netflix
Burning Body, Netflix
Selling The OC: S2, Netflix
Rosa Peral’s Tapes, Netflix
Spy Ops, Netflix

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Redakteurskeuse vir Februarie 2025

Wat om te kyk: Die popkultuur-fenomeen ‘White Lotus’ keer terug vir ’n derde seisoen, ‘Suits’ se spin-off, ‘Suits L.A.’, maak sy debuut, en Kate Hudson is in haar element in die nuwe Mindy Kaling-komedie, ‘Running Point’ – hierdie stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou telenovela-gids vir Februarie 2025: Ontvoerings en opskuddings in ‘My naam is Farah’

Tahir neem sake in eie hande en Farah sal enigiets doen om haar ma te red. Dít en nog meer wag op ‘My naam is Farah’-kykers in Februarie. Hier is ons handige kykgids.

Meer

‘Suidooster’: Kyk uit vir dié 5 storielyn-kinkels in Februarie

Dié ‘Suidooster’ kom in Februarie nie saggies teen die hange van die berg af nie… Hier is vyf storielyne wat ‘Suidooster’-kykers in die maand van die liefde hul naels behoorlik gaan laat kou.

Meer

Jou kykgids vir ‘Kokkedoor Vuur & Vlam’ se tweede seisoen

In die tweede seisoen van die kykNET-kosreeks 'Kokkedoor Vuur & Vlam' is die bekroonde sjef Bertus Basson en braaighoeroe Kobus Botha weer op soek na die perfekte kombinasie van ’n onthoubraaier en kinkelbraaier. Hier is waarna kykers oor die loop van die tweede seisoen se 13 episodes kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies