Wat om te kyk op TV en aanlyn te stroom hierdie week – hier is ons top-keuses vir 25 September tot 1 Oktober 2023.
Neem asseblief kennis dat datums en titels moontlik kan verander.
Avenue 5 S2
Vanaf 25 September 2023 op Showmax beskikbaar. Die eerste seisoen is ook reeds op Showmax.
Avenue 5 draai om die beleërde bemanning, en bedorwe toeriste aan boord ’n ruimtevaartskip wat van koers gegooi word. Só word wat ’n agt weke lange reis om Saturnus moes wees in ’n drie jaar lange tog terug na die aarde.
Die reeks is geskep deur die Oscar-benoemde en Emmy-wenner Armando Iannucci (Veep). Die bekroonde akteur Hugh Laurie (House en Veep) is voor in die koor as Clark en speel teenoor akteurs soos Josh Gad en Zach Woods (The Office).
Met die aanvang van die tweede seisoen, is Avenue 5 op koers om té up close and personal met die son te raak… Intussen weet die passasiers steeds nie van hul aangepaste ETA nie.
Die tweede seisoen het ’n punt van 89% op Rotten Tomatoes met Decider wat die komedie se “maniese belaglikheid”, asook die “stroom grappies wat teen ongeveer die spoed van lig geslinger word” prys.
Accused S1
Weekliks vanaf 28 September om 20:00 op M-Net en DStv Stream (DStv-kanaal 101). Ook op DStv Catch Up ná uitsending.
Die “komplekse en dikwels verrassende aard van die (storie se) kinkels” is wat die anthology-reeks Accused, van ander misdaaddramas uitsonder, skryf die resensent Brian Lowry van CNN.
Die reeks is gegrond op ’n gelyknamige Britse weergawe wat destyds vir die vertolkings van akteurs soos Naomie Harris, Andy Serkis, Olivia Colman en Peter Capaldi uitgesonder is.
Die Amerikaanse weergawe volg dieselfde resep met die fokus wat in elke episode op ’n ander beskuldigde in ’n misdaadsaak val. Die storie speel hoofsaaklik in die hof af met die gebeure wat tot die strafsaak voorafgegaan het wat vanuit die beskuldigde se perspektief vertel word.
Die anthology-formaat is egter ’n dubbelsnyende swaard – hoewel dit in ’n mate bevredigend is dat ’n hele mini-verhaal in ’n enkele episode kan uitspeel, en resolution voor die uur very is noodwendig gevind gaan word, is dit arm aan diepte en nuanse wat deur die komplekse onderwerpe genoodsaak word.
Flora and Son
Vanaf 29 September 2023 op Apple TV+ beskikbaar.
As ’n enkelma met hare in die hande oor wat om met haar rebelerende tienerseun te maak, is Eve Hewson as Flora die hart en siel van dié fliek.
John Carney, bekend vir musiekflieks soos Once, Sing Street en Begin Again, het met Flora and Son ’n hartverwarmende treffer geskep. Terwyl Hewson (terloops, sy is die dogter van U2 se Bono) se spel dalk die beste van haar (jong) loopbaan nog is, is dit hoe Carney die tema van musiek as ’n dryfveer vir verandering – en as die ultimate manier om met ander te connect – in die storie verweef wat dit vir ’n groter gehoor relevant maak.
Nadat Flora se seun, Max (Orén Kinlan) vir die soveelste keer in die moeilikheid beland, stel die polisie voor sy kry vir hom iets om hom besig te hou. Siedaar, die vrou kry ’n ou kitaar in die hande. Met behulp van ’n musikant in Los Angeles (Joseph Gordon-Levitt) is Flora oorgehaal om iets (net iets!) reg te kry. Saam-saam ontdek sy en Max die musiek in mekaar.
Soos Harper’s Bazaar se resensie lui: “Hierdie pragtige fliek sal jou hart laat sing.”
Gen V
Kyk vanaf 29 September 2023 op Prime Video.
As jy gehou het van die woeste, wilde, aksiebelaaide The Boys, is Gen V ook so reg in jou kraal. Dié reeks is ’n spin-off van The Boys en speel dus in dieselfde – vreeslik rowwe en grusame, tog met hope (super)donker humor – wêreld af.
Hier is die fokus egter op die studente wat aan die eksklusiewe Godolkin-universiteit studeer hoe om superheroes te wees. Buiten die gewone chaos en kampuspartytjies is daar ook baie plofbare (letterlik) aksie soos die jonge supes A’s en gewildheid nastreef. Maar dan vind ’n klomp van hulle van iets groot en boos by die universiteit uit wat hul helde-harte op die proef stel.
Encounters
Vanaf 27 September 2023 op Netflix beskikbaar om te stroom
Van vreemde ligte in die hemelruim oor Texas tot ruimtetuie oor ’n kusdorpie in Wallis. Hierdie is nie enigsens soos The X-Files nie; beslis nie wetenskapsfiksie nie. Trouens, hierdie vierdelige dokumentêre reeks vra eerder vir skeptiese kykers om oopkop te luister na buitengewone stories oor encounters met buiteaardse lewe wat deur onder andere wetenskaplikes en militêre insiders gedeel word.
Elkeen van die vier episodes draai om ’n ander encounter en delf dieper om te kyk na die besonderse menslike impak daarvan – ook op die breër gemeenskap.
Ook nuut hierdie week:
Vanaf 25 September 2023:
Ehostela S3, Showmax
The Man from U.N.C.L.E, Showmax
The Star, Showmax
Zoolander 1 & 2, Showmax
Isifiso S1, Showmax
Little Baby Bum: Music Time, Netflix
Vanaf 26 September 2023:
Secrets of the Superagers, weekliks om 20:00 op BBC Earth en DStv Stream (DStv-kanaal 184)
Who Killed Jill Dando?, Netflix
Vanaf 27 September 2023:
Running Wild with Bear Grylls: The Challenge S2, weekliks om 21:00 op National Geographic en DStv Stream (DStv-kanaal 181)
Time S2, weekliks om 22:00 op M-Net en DStv Stream (DStv-kanaal 101)
Overhaul, Netflix
Street Flow 2, Netflix
Vanaf 28 September 2023:
Law & Order S22, weekliks om 19:00 op M-Net en DStv Stream (DStv-kanaal 101)
Undeclared War S1, weekliks om 21:00 op M-Net en DStv Stream (DStv-kanaal 101)
Crossword Mysteries: Proposing Murder, Showmax
G.I. Joe: The Rise of Cobra, Showmax
G.I. Joe: Retaliation, Showmax
In Die Ysterhand Se Greep S2, Showmax
Killing Field, Showmax
Little Dixie, Showmax
The Wolf and the Lion, Showmax
Castlevania: Nocturne, Netflix
Love is in the Air, Netflix
The Darkness within La Luz del Mundo, Netflix
Vanaf 29 September 2023:
Do Not Disturb, Netflix
Nowhere, Netflix
Power Rangers Cosmic Fury, Netflix