Menu terloops

Warrior S1-3

Op Showmax [Gepubliseer op 30 Jun 2023]


‘Warrior’ is in Kaapstad verfilm en daar is ook verskeie Suid-Afrikaners in die rolverdeling, onder andere Colin Moss, Robert Hobbs en Andre Jacobs.

Kyk nou

Warrior S1-3
Kyk lokprent

Warrior, gegrond op die skrywes van die vegkunstenaar Bruce Lee, speel af in die genadelose wêreld van San Francisco in die laat 19de eeu, met mededingende Chinatown-groepe wat om oorheersing veg. In die nasleep van die vorige seisoen se ras-onluste, gebruik Mai Ling (Dianne Doan van Agents of S.H.I.E.L.D.) haar politieke netwerk om mag te konsolideer. Dít terwyl Ah Sahm (Andrew Koji, Bullet Train) en die Hop Wei-groep nuwe maniere moet vind om te oorleef.

Die reeks is in Kaapstad verfilm en daar is ook verskeie Suid-Afrikaners in die rolverdeling. Onder dié tel Colin Moss, Robert Hobbs en Andre Jacobs.

Warrior, wat deur Inverse as “die mees onderskatte aksiereeks van die eeu” beskou word, se tweede seisoen het ’n punt van 100% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes. Die eerste seisoen is ook as een van Rolling Stone se beste nuwe televisieprogramme van 2019 aangewys.


Die vorige seisoene is op Showmax beskikbaar. Weeklikse episodes van die derde seisoen is vanaf Vrydag, 30 Junie 2023, op Showmax beskikbaar om te stroom.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Maart 2025

Japie slaan sy kloue in Sunette in, maar dan kry sy nuus oor haar gesondheid wat haar hele wêreld omdolwe. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir Maart 2025

Wat om te kyk: Die meesleurende Jaco Bouwer-drama, 'Niggies', Pretoria se Afrikaanse spin op 'The Mommy Club', Showmax se Afrikaanse tennisdrama, 'Breekpunt', en Seth Rogen se nuwe komediereeks – dié stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Oscars 2025: Wie het gewen én waar jy wenners kan kyk

Zoë Saldaña met ’n verstommende vertolking in die veelbesproke ‘Emilia Pérez’, Adrien Brody met sy indringende spel in ‘The Brutalist’, en Kieran Culkin in ’n loopbaanbeste rol waarvoor hy amper-amper nee gesê het – hier is vanjaar se Oscarwenners én waar jy dié bekroonde rolprente kan stroom. 

Meer

Jou telenovela-gids vir Maart 2025: Die einde breek aan in ‘My naam is Farah’

Tahir probeer steeds om vir Farah te beskerm soos dié verhaal ten einde loop. Hier is ons handige kykgids vir meer oor wat in die laaste sarsie episodes van ‘My naam is Farah’ op kykers wag.

Meer
Sien alle opsies