Menu terloops
In Wat om te kyk [7 Aug 2023]

TV-hoogtepunte dié week: ‘Outlander’, ‘Based on a True Story’, ‘Get Me to 21’ en meer


Wat om te kyk: Die sewende seisoen van die epiese liefdesdrama ‘Outlander’; die donker komedie ‘Based on a True Story’ met Kaley Cuoco; die derde seisoen van die heerlik-snaaks ‘Only Murders in the Building’; ’n blik op plaasmoorde in die nuutste aflewering van ‘Onthul’ op kykNET; en die roerende dokkie oor Jenna Lowe, ‘Get Me To 21’, tel onder ons top-keuses om hierdie week op TV en aanlyn te kyk.

Deur Rozanne Els
TV-hoogtepunte dié week: ‘Outlander’, ‘Based on a True Story’, ‘Get Me to 21’ en meer

Wat om te kyk op TV en aanlyn te stroom hierdie week – hier is ons top-keuses vir 7 tot 13 Augustus 2023.

Neem asseblief kennis dat datums en titels moontlik kan verander.

Only Murders in the Building S3

Vanaf Dinsdag, 8 Augustus 2023, op Disney+. 

Dié seisoen tel die (skreeusnaakse) storiedrade op nadat Mabel (Selena Gomez), Charles (Steve Martin) en Oliver (Martin Short) hul onskuld in die bloederige moord van een van hul bure moes bewys het. Dit het gevolg nadat die true crime-behepte trio in die eerste seisoen ’n podcast oor hul ondersoek na dié moord begin het. Maar noudat die werklike skuldiges vas is, is daar ander drama op hande: die dood – op die verhoog nogal – van Ben Glenroy (Paul Rudd). 

Buiten Rudd is daar nog bekende gesigte wat in dié Emmy-benoemde reeks kom saamspeel, waaronder Meryl Streep, Tina Fey, Jane Lynch en Matthew Broderick. 

Die reeks het ’n punt van 100% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes met die kriciti se konsensus wat lui: “Only Murders in the Building se lawwe aanslag tot true crime-beheptes is terselfdertyd insiggewend en skreeusnaaks. Dis grotendeels te danke aan die uiters bekoorlike sentrale trio (Short, Martin en Gomez).”

Williams Sisters 

Vanaf Woensdag, 9 Augustus 2023, op Showmax. 

Dié dokumentêr volg die storie van twee van die mees legendariese sportsterre van alle tye: Venus and Serena Williams. Die dokkie is net 53 minute lank, but it packs a punch

Die regie is deur Ben Sempey wat ook biografiese dokkies soos David Beckham: Infamous, Novak Djokovic: Refuse to Lose, en  Samuel L. Jackson: Did I Stutter? geregisseer het. 

Based on a True Story 

Weeklikse episodes vanaf Maandag, 7 Augustus om 20:00 op M-Net en DStv Stream (kanaal 101). Ook op Showmax om 21:00 elke Maandag. 

Kaley Cuoco (The Flight Attendant) en Chris Messina (Sharp Objects) is ’n prettige duo in dié donker komedie wat die gek skeer met Amerika (en die res van die wêreld) se beheptheid met true crime. 

In Based on a True Story speel Cuoco en Messina ene Ava en Nathan, ’n getroude paartjie met ’n baba goed op pad. As hulle vir Matt (Tom Bateman van Murder on the Orient Express), ’n loodgieter, ontmoet, is dit nie lank voordat hulle ’n krieweling kry nie… Is hy dan nie die befaamde reeksmoordenaar, die Westside Ripper, waaroor almal praat nie? Ava het dan ’n sogenaamde briljante idee om hul eie true crime podcast te begin… en met Matt ’n eksklusiewe onderhoud te voer.

Die Los Angeles Times het dié reeks, geskep deur Jason Bateman (Ozark) en Craig Rosenberg (The Boys) bestempel as ’n “skreeusnaakse aanklag van die publiek se beheptheid met morbiede misdaad en die media se brandslang van inhoud in diens van daai verslawing.”

Painkiller 

Vanaf Donderdag, 10 Augustus 2023, op Netflix. 

Dié reeks is ’n gedramatiseerde hervertelling wat draai om die oorsprong en gevolge van die allerverskriklike opioïedkrisis in Amerika. Oor die loop van ses episodes word die omvang van dié krisis beklemtoon met die stories van nie net die slagoffers nie, maar ook van diegene wat die donker waarheid oor die pynmiddel, OxyContin, en die maatskappye wat dit ontwikkel het, wou openbaar.  As sulks is die reeks meer ondersoekend van aard soos vrae oor aanspreeklikheid en die stelsels wat winsbejag bevorder terwyl dit terselfdertyd die beskerming van lewens misken, gevra word.

Die reeks is gegrond op die New Yorker-artikel “The Family That Build an Empire of Pain” deur die ondersoekende joernalis Patrick Radden Keefe, asook op die boek Pain Killer deur Barry Meier.

Onder die rolverdeling tel Uzo Aduba, Matthew Broderick, Clark Gregg, Taylor Kitsch, Dina Shihabi, John Rothman en West Duchovny.

Get Me To 21: The Jenna Lowe Story

Saterdag, 12 Augustus om 20:25 op M-Net en DStv Stream (kanaal 101).

Dié roerende dokumentêre prent vertel die storie van die Kaapse tiener Jenna Lowe en die stryd wat sy – en haar gesin – gevoer het nadat sy met pulmonêre hipertensie, ’n seldsame longsiekte, op 17 jaar oud gediagnoseer is.

Die dokkie se titel kom nie net van die boek wat Gabi ná Jenna se dood geskryf het nie, maar ook van #GetMeTo21-veldtog wat Jenna in 2014, twee jaar voor haar 21ste verjaardag, geloods het. Met dié veldtog wou Jenna ’n grootse verskil maak – en soos die dokkie wys, sy het inderdaad – en mense aanmoedig om orgaanskenkers te word. Sy het immers ’n dubbele longoorplanting nodig gehad om haar 21ste verjaardag te haal. In die veldtog het sy mense na haar 21ste verjaardag genooi – al wat hulle moes doen, was om as orgaanskenkers te registreer. Hoewel sy uiteindelik dié oorplanting sou kry, is sy sowat ses maande ná die operasie oorlede. 

Gabi het ’n klompie jare daarna die boek geskryf om Jenna se nalatenskap te laat voortleef. Jenna se oorlewingstryd en dapperheid word ook met dié dokkie vereer. Die vertelling sluit beeldmateriaal en onderhoude met talle van Jenna se vriende, dokters en natuurlik haar ma, in. Daarin deel Jenna se naastes ook hoe hulle krag en veggees in selfs die moeilikste tye gevind het. 

Onthul: Plaasmoorde

Sondag, 13 Augustus 2023 om 20:00 op kykNET en DStv Stream (kanaal 144). 

In dié episode van kykNET se dokumentêre nuusprogram, Onthul, word daar op plaasaanvalle en plaasmoorde gefokus. Daar word veral gekyk na hoe (en of) ons dié tipe moorde verstaan, asook vrae oor ons begrip oor die impak van ’n plaasmoord op ’n gesin, die breër gemeenskap, asook op die ekonomie van klein dorpies waar hierdie aanvalle plaasvind. Redes vir plaasmoorde – so onbegryplik soos wat enige moord eintlik is – word ondersoek. Só ook die polisie se skynbare onbevoegdheid om dié en ander misdade te keer of boosdoeners te laat boet.

Nie vir sensitiewe kykers nie. 

Outlander S7

Weeklikse episodes vanaf Dinsdag, 8 Augustus 2023, om 22:00 op M-Net en DStv Stream (kanaal 101).  

Dié meesleurende drama, wat eintlik meer soos ’n ode aan die tipe liefde is wat enigiets en alles (selfs tydreis en hartverskeurende verlies) kan oorleef, se sewende seisoen skop af met ’n spanningsvolle premiere. Terwyl Claire (Caitriona Balfe) na ’n belangrike pasiënt moet omsien, arriveer Jamie (Sam Heughan) in Wilmington wat ná ’n rebelle-aanval in chaos gedompel is. 

Dié mengelmoes van drama, wetenskapfiksie en romanse is gegrond op Diana Gabaldon se Outlander-boekreeks en draai hoofsaaklik om die (erg verliefde) bemindes Claire en Jamie wat ontmoet nadat Claire op ’n reis na die Skotse Hooglande aan die einde van die Tweede Wêreld Oorlog terug in tyd tuimel. Maar nie hoe ver terug nie – tot in die 1700s waar Jamie ’n Skotse kryger is. Die vonke spat onmiddellik; trouens, dié akteurspaar het sekerlik van die beste chemistry wat ek nog op televisie gesien het. Daar was al baie uitdagings oor die afgelope ses seisoene, maar die hitte tussen dié twee het nog nie ’n oomblik bedaar nie…

Wat is nog nuut hierdie week?

Vanaf 7 Augustus 2023: 

Vanaf 8 Augustus 2023:

  • Zombieverse, Netflix 
  • The Seven Deadly Sins: Grudge of Edinburgh Part 2, Netflix

Vanaf 9 Augustus 2023:

  • A Black Lady Sketch Show S4, Showmax
  • Ladies First: A Story of Women in Hip-Hop, Netflix 
  • Strange Planet, Apple TV+ 
  • World on Fire S2, M-Net en DStv Stream (kanaal 101), weeklikse episodes om 22:00

Vanaf 10 Augustus 2023:

  • Marry My Dead Body, Netflix
  • Mech Cadets, Netflix 
  • Jagun Jagun, Netflix 
  • Dope, Showmax 
  • L’at Wiel S27, Showmax
  • Two Buddies and a Badger: The Great Beast, Showmax
  • After Ever Happy, Showmax

Vanaf 11 Augustus 2023:

  • Heart of Stone, Netflix 
  • Down for Love, Netflix 
  • Red, White & Royal Blue, Prime Video 

Vanaf 12 Augustus 2023:

  • Behind Your Touch, Netflix
  • Britain’s Got Talent S16, M-Net en DStv Stream (kanaal 101), weeklikse episodes om 19:00

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Mei 2025

Rachelle woeker met haar slinkse planne om Shani te verneder en die matriekafskeid kom al nader. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

‘Diepe Waters’: Dís die storielyne om in Mei dop te hou

Mei bring nie net nuwe wendings nie, maar ook selfontdekking, groei en opwindende moontlikhede in 'Diepe Waters'.

Meer

Redakteurskeuse vir Mei 2025: ‘Bridget Jones 4’, ‘Die brug S2’, ‘Die nuusmakers’ en meer

Wat om te kyk: 'Die nuusmakers', ’n nuwe Afrikaanse drama wat persoonlike en professionele drama in die nuuskantoor in oënskou bring; die gewilde avontuur-realiteitsreeks 'Die brug' se tweede uittog; Tina Fey in 'The Four Seasons', ’n reeks wat raakvat soos min; en Bridget Jones se vierde fliekavontuur – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Mei 2025

Aline se landerye vat vlam terwyl sy nog sukkel om die plaas se skuld te delg. En dan word sy boonop amper vergiftig! Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Mei. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies