Menu terloops

Three Pines S1

Op Showmax [Gepubliseer op 22 Mei 2023]


‘Three Pines’, uit die Amazon Prime Video-stal en nou op Showmax beskikbaar, is ’n heerlike toevlug as jy van moordraaisels hou.

Kyk nou

Three Pines S1
Kyk lokprent

Die hoofrol in Three Pines word deur die veteraanakteur Alfred Molina (Magnolia, Frida, The Da Vinci Code) vertolk. Molina het al weinig sy voet met toneelspel verkeerd gesit. Ook nie hier nie. Die reeks is gegrond op Louise Penny se boekreeks. Dit draai om die ondersoeke van die speurder, Armand Gamache, in Three Pines, ’n kleine ou dorpie in Quebec. Dié plek is toe nie so idillies soos dit voorkom nie… Daarvan getuig ’n rits moorde en verborge geheime wat aan die lig kom.

Die eerste reeks bestaan uit vier afsonderlike moordraaisels wat opgelos moet word met elkeen van die raaisels wat oor twee episodes strek. Anders as in die boeke, is daar egter ook ’n goue draad – of raaisel – wat regdeur die hele reeks strek met Gamache wat ook die verdwyning van ’n jong vrou probeer ontsyfer. 


Vanaf Maandag, 22 Mei 2023, op Showmax beskikbaar om te stroom.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-kykgids vir April 2025

Aline weier om met Antônio te onderhandel terwyl al wat ’n man is oënskynlik ook op haar verlief is... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in April. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies