Menu terloops

Angela Black S1

Op DStv [Gepubliseer op 26 Apr 2023]


‘Angela Black’ word met rede as “betowerend” en “meesleurend” deur resensente bestempel.

Angela Black S1

Angela Black is nie aldag maklike kykstof nie. Inteendeel: die temas van huishoudelike en geslaggebaseerde geweld word vroeg in dié sesdelige reeks se boublokke vasgelê.

Downton Abbey se Joanne Froggatt vertolk einste Angela Black, ’n ma van twee wat nie uit die hel van haar huwelik met ’n gewelddadige man kan ontsnap nie. Maar dan word sy deur ’n man genader wat haar man se siekste geheime aan haar blootlê. Haar hele wêreld word dan op sy kop gedraai. 

Ook deel van die rolverdeling is The Flight Attendant se Michiel Huisman en Samuel Adewunmi. 

Common Sense Media skryf oor dié reeks: “’n Hoë vlak van spanning en meedoënlose misleiding weef ’n gevoel van angs en benoudheid deur elke episode van hierdie raaiselreeks.”

Weeklikse episodes van Angela Black word vanaf Donderdag, 26 April, om 22:00 op M-Net (DStv-kanaal 101) en DStv Online uitgesaai. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Mei 2025

Rachelle woeker met haar slinkse planne om Shani te verneder en die matriekafskeid kom al nader. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

‘Diepe Waters’: Dís die storielyne om in Mei dop te hou

Mei bring nie net nuwe wendings nie, maar ook selfontdekking, groei en opwindende moontlikhede in 'Diepe Waters'.

Meer

Redakteurskeuse vir Mei 2025: ‘Bridget Jones 4’, ‘Die brug S2’, ‘Die nuusmakers’ en meer

Wat om te kyk: 'Die nuusmakers', ’n nuwe Afrikaanse drama wat persoonlike en professionele drama in die nuuskantoor in oënskou bring; die gewilde avontuur-realiteitsreeks 'Die brug' se tweede uittog; Tina Fey in 'The Four Seasons', ’n reeks wat raakvat soos min; en Bridget Jones se vierde fliekavontuur – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Mei 2025

Aline se landerye vat vlam terwyl sy nog sukkel om die plaas se skuld te delg. En dan word sy boonop amper vergiftig! Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Mei. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies