Menu terloops

The Staircase

Op Showmax [Gepubliseer op 15 Sep 2022]


Die fiktiewe weergawe van ‘The Staircase’ deur Antonio Campos is een van 2022 se grootste TV-suksesse. Dit is nou op Showmax beskikbaar.

Kyk nou

The Staircase
Kyk lokprent

The Staircase is gegrond op ware gebeure wat in 2004 in true crime-dokkie deur Jean-Xavier de Lestrade omskep is.

Die nuwe HBO-reeks is deur Antonio Campos geskep en toon meer menslikheid as die misdaaddokkie.

Daar is bekroonde swaargewigte in die hoofrolle met Colin Firth speel as Michael Peterson, die misdaadromanskrywer wat skuldig bevind is aan die moord op sy vrou Kathleen Peterson, nadat sy dood aan die onderkant van die stel trappe in hul huis gevind is. 

Kathleen word deur Toni Collette, bekend vir haar werk in Hereditary (op Showmax), gespeel.

Firth is ook te sien in Genius en The Secret Garden op Showmax. Hy is veral bekend vir sy rol in die Bridget Jones-flieks.

Beide Collette en Firth is vir Emmy-toekennings vir hul toneelspel in The Staircase benoem.

Die agtdelige reeks is vroeër vanjaar op DStv uitgesaai en is vanaf 15 September 2022 op Showmax beskikbaar om te stroom. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies