Menu terloops
In Wat om te kyk [1 Sep 2022]

Wat om te kyk op Showmax in September 2022


Wat om te kyk op Showmax vandeesmaand: June se wraaktog duur voort in die vyfde seisoen van ‘The Handmaid’s Tale’; ‘Bosch’ se laaste seisoen; en die storie agter die storie van ‘The Godfather’ in ‘The Offer’.

Wat om te kyk op Showmax in September 2022

Wat om te kyk op Showmax in September – hier is ons top-keuses.

Neem asseblief kennis dat datums en titels moontlik kan verander.

The Offer

Die biografiese dramareeks The Offer is geïnspireer deur die Oscar-bekroonde vervaardiger Albert S. Ruddy se skepping van die 1972-treffer gangster-klassieke The Godfather.

Godfather-kultiste, en ons is legio, sal die hele tiendelige dramatiese reeks – gemaak deur die maatskappy wat amper nie die fliek gemaak het nie (Paramount) – nie net onweerstaanbaar vind nie, maar ook senutergend,” skryf die Wall Street Journal. 

Die BAFTA-benoemde Miles Teller (Top Gun: Maverick) vertolk die rol van Ruddy. Ook met Matthew Goode (A Discovery of Witches) en Tom Hanks se seun Colin Hanks (Fargo).

Vanaf 1 September beskikbaar om te stroom.  

The Staircase 

Die agtdelige reeks is vroeër vanjaar op DStv uitgesaai en is vandeesmaand ook op Showmax. 

The Staircase is gegrond op ware gebeure wat in 2004 in true crime-dokkie deur Jean-Xavier de Lestrade omskep is. Hierdie HBO-reeks is deur Antonio Campos geskep met bekroonde akteurs in die hoofrolle. 

Colin Firth (ook in Genius en The Secret Garden op Showmax) vertolk Michael Peterson, die misdaadromanskrywer wat skuldig bevind is aan die moord op sy vrou Kathleen Peterson, nadat sy dood aan die onderkant van die stel trappe in hul huis gevind is. Kathleen word deur Toni Collette, bekend vir haar werk in Hereditary (ook op Showmax), gespeel.

Die reeks het ’n punt van 93% op Rotten Tomatoes. The Guardian beskryf dit as “meesleurend … feitlik bruisend met spanning… As jy nie geweet het dit is waar nie, sou jy dit nie glo nie.”

Vanaf 15 September beskikbaar om te stroom. 

The Handmaid’s Tale S5 

Die bekroonde – en dikwels onthutsende – reeks, The Handmaid’s Tale, se vyfde seisoen sien hoe June se stryd om haar dogter te red voortduur.

Die reeks, gegrond op Margaret Atwood se gevierde gelyknamige roman, tel op by die dramatiese slot van die vierde seisoen, met June wat nou die gevolge van haar dade in die gesig staar. 

Intussen werk Serena om haar profiel in Toronto te verhoog namate Gilead se invloed versprei, en Lawrence werk saam met Lydia soos hy probeer om Gilead te hervorm en aan bewind te kom.

The Handmaid’s Tale het ’n  punt van 83% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes, en het reeds 15 Emmy-toekennings in die sak. 

Stroom vanaf 15 September

We Own This City 

We Own This City vertel oor die uiteindelike ineenstorting van die Baltimore-polisiedepartement se Gun Trace Task Force nadat korrupsie en morele ineenstorting ten koste van werklike polisiewerk dié stad tot sy knieë gebring het.

Die sesdelige reeks se rolverdeling sluit die die BAFTA-benoemde Nigeriese aktrise Wunmi Mosaku (Lovecraft Country), asook Jon Bernthal (The Walking Dead) en Josh Charles (The Good Wife) in. 

Die reeks is aangepas uit Justin Fenton se gelyknamige nie-fiksieboek. We Own This City het ’n punt van 92% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes, met die kritici se konsensus wat dit “’n geestelike opvolger van The Wire” noem. G’n wonder – The Wire se David Simon is een van die medeskeppers.

Stroom vanaf 1 September

Industry S2 

Industry volg die bankiers Harper (Myha’la Herrold), Yasmin (Marisa Abela) en Robert (Harry Lawtey) soos hulle hul identiteite binne die seks- en dwelm-aangedrewe drukkoker-omgewing van Pierpoint & Co se kantoor in Londen bou.

In die tweede seisoen van die reeks, geskep deur twee voormalige bankiers wat presies weet hoe dié wêreld werk, Mickey Down en Konrad Kay, is daar veel meer op die spel vir dié trio. Die mark is besig om te skeur, en met Pierpoint se nuwe post-Covid-mandaat dat werknemers moet terugkeer werk toe of tjaila, is die handelsvloer meer gespanne as ooit. Boonop is daar nuwe Amerikaanse bestuur wat petrol op die vlamme gooi. 

Die eerste seisoen het verskeie toekennings gewen en vyfster-resensies gekry. Soos Collider dit gestel het, Industry is asof “Euphoria en Billions ’n baba op HBO gehad het.”

Stroom vanaf 1 September.

Bosch S7 

Bosch is gegrond op Michael Connelly se 2014-roman, The Burning Room. Die sewende seisoen van dié immergewilde dramareeks is ook sy laaste en ons sien hoe Harry Bosch (Titus Welliver) die dood van ’n tienjarige meisie in ’n brand ondersoek. As brandstigting die oorsaak van die vlammehel blyk te wees, waag Bosch alles om haar moordenaar te laat moet, ten spyte van teenkanting van the powers that be. Sy credo, “almal tel of niemand tel nie” word werklik getoets. 

Seisoen 7 het ’n punt van 100% op Rotten Tomatoes.

Vanaf 1 September beskikbaar om te stroom

#WeAreDyingHere 

Die kortprent, #WeAreDyingHere, is as beste kortfilm by die 2022 SAFTA-toekennings benoem. Dit draai om die reis van drie vroue wat gedwing word om vir oorlewing te veg. Die oorlog teen vroue is immers nie een wat enigeen in wíl veg nie. Maar soos dié oorlog woed, probeer hulle troos vind en hul pyn te verwerk midde die voortdurende bedreiging van hul vyand wat in die skaduwees skuil. #WeAreDyingHere neem die gewelddadige kultuur van teistering, mishandeling, verkragting en vrouemoord in oënskou. 

Die uitvoerende vervaardigers is Siya en Rachel Kolisi. Die kortfilm is ’n verwerking van die oorspronklike verhoogproduksie deur die bekroonde digter, kunstenaar en teaterregisseur Siphokazi Jonas. Jonas speel saam met haar medeskrywers, Fleur du Cap-genomineerde teaterkunstenaar en musikant Babalwa Makwetu en kunstenaar Hope Netshivhambe, in die kortprent. Regie deur Shane Vermooten (Freedom Road).

Vanaf 5 September beskikbaar om te stroom.

Ook nuut in September op Showmax:

1 September 2022

  • Uthando Lodumo 
  • Agter Tralies 
  • Citizen Code 
  • Future Human AI 
  • Great Dreamers 
  • Inventions That Built Our World 
  • Joy of Logic 
  • Kings of Napa 
  • Norm Of The North: Family Vacation 
  • Operation Ouch S4 
  • Privaatspeurders 
  • Puss In Boots
  • Shrek The Third
  • Shrek Forever After 
  • That’s Cool 
  • The Endgame 
  • Three Days To Kill 
  • Tumi not Tumi
  • The Bachelor S26
  • George Carlin’s American Dream 
  • Baywatch
  • We Met In Virtual Reality
  • Nikki Glaser: Good Clean Filth 

5 September 2022

  • The Boy In The Striped Pajamas 
  • World War Z
  • Zeros and Ones (2021) 

8 September 2022

  • A Family Man 
  • Trust
  • Space Jam: A New Legacy 
  • Major League: Inside Life 
  • Lone Survivor

12 September 2022

  • Ascendant (aka Rising Wolf)
  • Home Again 
  • Watchmen
  • Rapulani! 
  • Anchorman: The Legend of Ron Burgundy (2004) 
  • Anchorman 2: The Legend Continues (2013) 

15 September 2022

  • American Dream 
  • Choices 
  • Megamind 
  • One Shot 
  • The Player 
  • The Road to Sunshine
  • Mother! 
  • Pulp Fiction

19 September 2022

  • The Escape of Prisoner 614

22 September 2022

  • Benjamin Dube: Victorious In His Presence 
  • Benjamin Dube: Glory
  • Myne Vir Joune
  • After We Fell (2021) 
  • Night Raiders (2021) 
  • Steinheist (Redakteurskeuse)

24 September 2022

  • Expiry Date 

26 September 2022

  • The Addams Family (1991) 
  • Reminiscence 
  • Ubuntu

28 September 2022

  • Blood Psalms (Redakteurskeuse)

29 September 2022

  • Diiche 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Redakteurskeuse vir Februarie 2025

Wat om te kyk: Die popkultuur-fenomeen ‘White Lotus’ keer terug vir ’n derde seisoen, ‘Suits’ se spin-off, ‘Suits L.A.’, maak sy debuut, en Kate Hudson is in haar element in die nuwe Mindy Kaling-komedie, ‘Running Point’ – hierdie stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou telenovela-gids vir Februarie 2025: Ontvoerings en opskuddings in ‘My naam is Farah’

Tahir neem sake in eie hande en Farah sal enigiets doen om haar ma te red. Dít en nog meer wag op ‘My naam is Farah’-kykers in Februarie. Hier is ons handige kykgids.

Meer

‘Suidooster’: Kyk uit vir dié 5 storielyn-kinkels in Februarie

Dié ‘Suidooster’ kom in Februarie nie saggies teen die hange van die berg af nie… Hier is vyf storielyne wat ‘Suidooster’-kykers in die maand van die liefde hul naels behoorlik gaan laat kou.

Meer

Jou kykgids vir ‘Kokkedoor Vuur & Vlam’ se tweede seisoen

In die tweede seisoen van die kykNET-kosreeks 'Kokkedoor Vuur & Vlam' is die bekroonde sjef Bertus Basson en braaighoeroe Kobus Botha weer op soek na die perfekte kombinasie van ’n onthoubraaier en kinkelbraaier. Hier is waarna kykers oor die loop van die tweede seisoen se 13 episodes kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies