Menu terloops

The Gilded Age S1-2

Op DStv [Gepubliseer op 8 Jan 2024]


‘The Gilded Age’ is ’n periode-dramareeks deur die bekroonde TV-skepper Julian Fellowes. Fellowes is ook die skepper van Downton Abbey.

Kyk nou

The Gilded Age S1-2
Kyk lokprent

The Gilded Age is ’n nuwe periode-dramareeks deur die bekroonde TV-skepper Julian Fellowes. Fellowes is ook die skepper van die uiters gewilde Downton Abbey.

Die vertelling begin in 1882 as ’n jong Marian Brook (Louisa Jacobson) ná die dood van haar pa van die plattelandse Pennsylvania na Manhattan verhuis. Sy trek in by haar tantes Agnes van Rhijn (Christine Baranski van The Good Fight) en Ada Brook (Cynthia Nixon van Sex and the City).

Maar dan raak Marian per ongeluk gewikkel in ’n sosiale oorlog tussen haar tantes en hul nuwe, baie ryk bure, ’n meedoënlose spoorwegmagnaat George Russell (Morgan Spector, Homeland) en sy ambisieuse vrou, Bertha (Carrie Coon van Fargo).

HBO het reeds die groen lig vir ’n tweede seisoen van gegee. Soos Glamour se resensie dit stel: “The Gilded Age is soos Downton Abbey – net beter.”

Lees ook André-Pierre du Plessis se resensie van die reeks hier.

Weeklikse episodes van die tweede seisoen op Maandae om 20:00 op M-Net en DStv Stream (kanaal 101). Ook op Catch Up ná uitsending beskikbaar. Kyk ook die eerste seisoen op Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Maart 2025

Japie slaan sy kloue in Sunette in, maar dan kry sy nuus oor haar gesondheid wat haar hele wêreld omdolwe. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir Maart 2025

Wat om te kyk: Die meesleurende Jaco Bouwer-drama, 'Niggies', Pretoria se Afrikaanse spin op 'The Mommy Club', Showmax se Afrikaanse tennisdrama, 'Breekpunt', en Seth Rogen se nuwe komediereeks – dié stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Oscars 2025: Wie het gewen én waar jy wenners kan kyk

Zoë Saldaña met ’n verstommende vertolking in die veelbesproke ‘Emilia Pérez’, Adrien Brody met sy indringende spel in ‘The Brutalist’, en Kieran Culkin in ’n loopbaanbeste rol waarvoor hy amper-amper nee gesê het – hier is vanjaar se Oscarwenners én waar jy dié bekroonde rolprente kan stroom. 

Meer

Jou telenovela-gids vir Maart 2025: Die einde breek aan in ‘My naam is Farah’

Tahir probeer steeds om vir Farah te beskerm soos dié verhaal ten einde loop. Hier is ons handige kykgids vir meer oor wat in die laaste sarsie episodes van ‘My naam is Farah’ op kykers wag.

Meer
Sien alle opsies