Menu terloops

The Fall of the House of Usher

Op Netflix [Gepubliseer op 11 Okt 2023]


Met ‘The Fall of the House of Usher’ het die gruwelmeester Mike Flanagan weereens iets goddeloos geskep.

The Fall of the House of Usher
Kyk lokprent

The Fall of the House of Usher is ’n gotiese gruweldrama deur Mike Flanagan en is losweg gegrond op die gelyknamige kortverhaal, asook ander werke, deur Edgar Allan Poe.

Flanagan is wyd bekend vir sy eiesoortige take op die horror genre en sy vermoë om met min moeite en geweldige gesag, angswekkende stories te skep.

Onder sy top-skeppings is die gruwelike treffer Midnight MassThe Haunting of Hill House en The Haunting of Bly Manor

Met The Fall of the House of Usher het Flanagan weereens iets goddeloos geskep. In sy weergawe van Poe se skrywe draai die storie om die gewetenlose broer en suster Roderick en Madeline Usher. Dié twee het oor die jare ’n reuse-sakeryk gebou. Fortunato Pharmaceuticals is ’n drukkoker van massiewe rykdom en mag,  maar dit als begin verkrummel as verborge geheime aan die lig kom en hul erfgename een ná die ander sterf . . .


Beskikbaar op Netflix.

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-kykgids vir April 2025

Aline weier om met Antônio te onderhandel terwyl al wat ’n man is oënskynlik ook op haar verlief is... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in April. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies