Menu terloops

The Bay S1-3

Op DStv en Showmax [Gepubliseer op 24 Aug 2022]


‘The Bay’ het ’n punt van 86% op die resensie-webwerf Rotten Tomatoes. Die eerste twee seisoene is nou op Showmax beskikbaar terwyl die derde seisoen pas op M-Net met weeklikse episodes begin het.

Kyk nou

The Bay S1-3
Kyk lokprent

Die Britse polisiedrama The Bay keer met ’n derde seisoen terug. 

In die tweede seisoen het ons gesien hoe Lisa Armstrong (Morven Christie) ná haar skorsing ’n paar range na speurkonstabel afgeskuif is. Sy is toe by die ondersoek na die moord op ’n prokureur betrek en haar eksman het boonop ook sy opwagting gemaak met sy onverwagte terugkeer na Morecambe.

Intussen het Christie (en haar karakter) die reeks verlaat. Met die aanvang van die derde seisoen ontmoet ons dus Marsha Thomason as speurder Jenn Townsend – ’n nuwe toevoeging tot die span. Sy word sommer reeds op dag een in die diep kant gegooi as ’n lyk in die baai gevind word.

Die eerste seisoen het verskeie benoemings gekry – waaronder vir Christie se spel by die Skotse BAFTA-toekennings. Die tweede seisoen het ’n reuse-kykertal ingeboesem wat in die miljoene strek. Dít het waarskynlik gehelp om die boontjietellers te oorreed om The Bay vir ’n derde én vierde seisoen te hernu. 

Weeklikse episodes van seisoen drie vanaf Woensdag, 24 Augustus, om 23:00 op M-Net (DStv-kanaal 101), DStv Online of Catch Up.

Kyk ook die eerste twee seisoene nou op Showmax.

Soek jy nog misdaadreekse? Probeer ook Vigil, of The Pembrokeshire Murders, albei op Showmax beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Mei 2025

Rachelle woeker met haar slinkse planne om Shani te verneder en die matriekafskeid kom al nader. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

‘Diepe Waters’: Dís die storielyne om in Mei dop te hou

Mei bring nie net nuwe wendings nie, maar ook selfontdekking, groei en opwindende moontlikhede in 'Diepe Waters'.

Meer

Redakteurskeuse vir Mei 2025: ‘Bridget Jones 4’, ‘Die brug S2’, ‘Die nuusmakers’ en meer

Wat om te kyk: 'Die nuusmakers', ’n nuwe Afrikaanse drama wat persoonlike en professionele drama in die nuuskantoor in oënskou bring; die gewilde avontuur-realiteitsreeks 'Die brug' se tweede uittog; Tina Fey in 'The Four Seasons', ’n reeks wat raakvat soos min; en Bridget Jones se vierde fliekavontuur – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Mei 2025

Aline se landerye vat vlam terwyl sy nog sukkel om die plaas se skuld te delg. En dan word sy boonop amper vergiftig! Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Mei. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies