Menu terloops

Vigil S1

Op Showmax [Gepubliseer op 2 Mar 2022]


As ’n bemanningslid aan boord die kernduikboot HMS Vigil dood aangetref word, stel twee speurders ondersoek in – een ter see, een op land.

Kyk nou

Vigil S1
Kyk lokprent

Vigil het ’n 84% kritici-gradering op Rotten Tomatoes, met Wall Street Journal wat dit as “een van die beter rillerreekse van die jaar” beskryf. 

As ’n bemanningslid aan boord die kernduikboot HMS Vigil dood aangetref word, word ’n polisieondersoek van stapel gestuur. 

Speurder Amy Silva (BAFTA-wenner Suranne Jones van Gentleman Jack) en Speurder Kirsten Longacre (BAFTA-wenner Rose Leslie van Game of Thrones en The Good Fight) lei die ondersoek ter see én op land.

Terwyl Silva sukkel om samewerking van die Vigil se bemanning te kry, kry die kyker ’n blik op haar verlede wat in sarsies via terugflitse gedeel word. Nes Silva ter see, besef Longacre gou dat die bemanningslid se moord net die oortjies van die seekoei is. Mettertyd ontdek hulle saam-saam ’n sameswering wat tot in die oppergesagte van Brittanje se nasionale veiligheid-afdeling strek. 

Vigil is deur dieselfde skeppers as die senutergende misdaadreeks Line of Duty vervaardig.

Vigil se ensemble-rolverdeling sluit ook ander sterre in, waaronder die Emmy-benoemde Stephen Dillane (Stannis in Game of Thrones). Anjli Mohindra (The Bodyguard), Connor Swindells (Adam in Sex Education) en BAFTA-benoemde Gary Lewis (Billy Elliot) verskyn ook.

Stroom vanaf 1 Maart. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 6 stories in Julie misloop

Van ’n nuwe oes boere wat ’n liefdesmaat soek tot die senutergende aksie van die Wêreldsokkertoernooi-eindstryd – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer

Van ‘My f*k Marelize’ tot ‘Die Toring’ – Nichola Viviers is reg vir die kollig

’n Vars gesig met ’n onmiskenbare teenwoordigheid in die nuwe kykNET-telenovela 'Die Toring' is Nichola Viviers in die rol van Cazz Fouché.

Meer

Misi weer op ’n reddingsmissie in ‘In die sop: Gastehuisrevolusie’

KykNET se ‘In die sop’-werklikheidsreeks kry ’n vars laag verf met die fokus wat van restaurante na gastehuise skuif, maar ’n bekende gesig, die dekorkenner Misi Overturf, is weer deel van die reddingspan.

Meer

Gerrie slyp sy tande vir Dracula se wêreld in nuwe ‘Leef jou Reis’

Die nuwe seisoen van Gerrie Pretorius se 'Leef jou Reis' beloof om kykers te bekoor met bestemmings wat beide eksoties en nostalgies is.

Meer
Sien alle opsies