Menu terloops

The Pembrokeshire Murders S1

Op Showmax [Gepubliseer op 1 Mei 2022]


‘The Pembrokeshire Murders’ is ’n senutergende Britse misdaaddrama wat op ’n ware verhaal gegrond is.

Kyk nou

The Pembrokeshire Murders S1
Kyk lokprent

The Pembrokeshire Murders is ’n senutergende Britse misdaaddrama. Dit dramatiseer die werklike 2006-ondersoek na twee onopgeloste moordsake wat met ’n reeks inbrake in die 1980’s verband gehou het.

Luke Evans (Anna), vertolk die nuut bevorderde speursuperintendent Steve Wilkins. Hy sit alles in om bewyse teen ’n vermeende reeksmoordenaar, sy hoofverdagte, in te samel voordat hy uit die tronk vrygelaat word.

Die reeks het ’n 82% kritici-gradering op Rotten Tomatoes, met The Guardian wat sê: “The Pembrokeshire Murders is ’n perfekte voorbeeld van hoe om dit goed te doen. Dit is sensitief wanneer dit moet wees, en verloor nooit uit die oog wie gely het nie.”

Vanaf 1 Mei op Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 6 stories in Julie misloop

Van ’n nuwe oes boere wat ’n liefdesmaat soek tot die senutergende aksie van die Wêreldsokkertoernooi-eindstryd – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer

Van ‘My f*k Marelize’ tot ‘Die Toring’ – Nichola Viviers is reg vir die kollig

’n Vars gesig met ’n onmiskenbare teenwoordigheid in die nuwe kykNET-telenovela 'Die Toring' is Nichola Viviers in die rol van Cazz Fouché.

Meer

Misi weer op ’n reddingsmissie in ‘In die sop: Gastehuisrevolusie’

KykNET se ‘In die sop’-werklikheidsreeks kry ’n vars laag verf met die fokus wat van restaurante na gastehuise skuif, maar ’n bekende gesig, die dekorkenner Misi Overturf, is weer deel van die reddingspan.

Meer

Gerrie slyp sy tande vir Dracula se wêreld in nuwe ‘Leef jou Reis’

Die nuwe seisoen van Gerrie Pretorius se 'Leef jou Reis' beloof om kykers te bekoor met bestemmings wat beide eksoties en nostalgies is.

Meer
Sien alle opsies