Menu terloops
In Gons [17 Apr 2025]

‘Suidooster’-sterre ruil sepiestel vir Stormsterk-verhoog


‘Suidooster’ se sepiesterre skitter weer helder by vanjaar se Suidoosterfees by die Kunstekaap. 

Kyk 'Suidooster' op DStv Stream

‘Suidooster’-sterre ruil sepiestel vir Stormsterk-verhoog

Dit is vierde jaar wat die Suidooster Stormsterk-konsert aangebied word. Volgens die sepie se publisiteitsbestuurder, Wilmer Müller, het dit nog elke jaar uitverkoop.

Die hoofgroep akteurs wat optree, is Natasha van der Merwe, Jawaahier Petersen, Irvine van der Merwe, Jill Levenberg, Eden Classens, Craig Adriaanse, Richard September, Simone Biscombe en Dean Smith.

Die res van die sepie se rolverdeling maak ook verrassende verskynings en daar word ook ’n storielynkinkel of twee wat nog op televisie moet uitspeel, tydens die konsert onthul.

Suidooster, stormsterk
Simone Biscombe, Eden Classens en Jawaahier Petersen by 2024 se konsert. Foto: Verskaf

“Vanjaar se konsert is ook die afskop van Suidooster se tiende verjaarsdagvieringe en dit beloof om die gehoor op hul voete hê met talle liedjietreffers,” sê Müller. “Sepiekarakters soos Mymoena, Kaashifa, Wade, Bennie, Gary, Juicy Justin, Suzy, Bianca en die sluwe Nazeem gaan nie net vir vermaak uit die boonste rakke sorg nie, maar hulle gaan ook die gehoor om die beurt ’n traan laat pik en skaterlag. Ons sien veral ook uit om Alistair Izobell op die verhoog te verwelkom om die Suidooster-temalied te sing.”

Volgens Jana Hattingh, uitvoerende hoof van die fees, stap Suidooster al ’n lang pad met die Suidoosterfees. 

“Ons het vir die eerste keer in 2020 tydens die Covid 19-pandemie met die sepie hande gevat toe ons saam ’n inryteater by Atlantic Studios, die tuiste van Suidooster, in Montague Gardens aangebied het. Sedertdien het ons saam talle suksesvolle projekte aangebied.” 

Die musiekregie van die konsert, wat op Saterdag 3 Mei om 17:00  plaasvind, word deur Melissa van der Spuy hanteer. Dit word ook in samwerking met The Stage Performing Arts Studio van Durbanville gedoen, wat onder meer help met die choreografie en verhoogbestuur, terwyl kykNET, Tafelberg Meubels en Biggi Popcorn die borge is. 

Suidoosterfees vind van 30 April tot 4 Mei by Kunstekaap plaas. Vir die volledige feesprogram, besoek www.suidoosterfees.com. Kaartjies kan bespreek word by Webtickets, of skakel Artscape dial-a-seat by 021 421 7695.

Kliek hier om kaartjies te koop.


Suidooster word weeksdae om 18:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en 18:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) uitgesaai. Suidooster is ook beskikbaar op Catch Up, DStv Stream en Showmax. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies