Hier is ’n voorsmakie van wat jy volgende in Suidooster kan verwag.
Donderdag, 1 Mei
Bridgette kry dit in haar kop dat sy gholf kan speel, terwyl Lee-Ann ’n oproep kry wat haar laat stres. Dis Demi en Angie se groot dag, maar sal hulle fotosessie ’n sukses wees?
Vrydag, 2 Mei
Brendan maak dit vir Carlo duidelik hoe hy oor hom voel. Bianca begin verantwoordelikheid neem vir wat sy gedoen het terwyl ’n kwaadwillige skinderstorie die rondte doen by Elana se werk.
Maandag, 5 Mei
Gerugte oor Demi en Elana doen steeds die ronde, terwyl Lee-Ann haar oor Carlo bekommer. Siya is ’n rots vir Bianca, en Bridgette lê besoek af by haar dokter…
Dinsdag, 6 Mei
Lee-Ann neem ’n groot besluit oor Carlo. Siya en Riaan is Ruiterbosch se nuwe helde, terwyl Susan een en een bymekaar sit oor wie agter die geskinder by Pronk sit.
Woensdag, 7 Mei
Carlo kry bemoediging uit ’n onverwagse oord, terwyl Bianca gedwing word om haar demone te takel. Elana het ’n plan om Amore aan te vat, of gaan daar ’n kinkel in die kabel wees?
Donderdag, 8 Mei
Lee-Ann sukkel om vrede met haar besluit te maak. Riaan ondersteun vir Bianca terwyl Elana woedend is oor Amore se vals beskuldigings.
Vrydag, 9 Mei
Demi probeer haar nuwe normaal geniet, maar gesprekke met Angie en Amore laat haar twyfel. Elana kom tot ’n groot besef, terwyl Carlo die toekoms in die gesig moet staar.
Maandag, 12 Mei
Dis oudisiedag vir die talentaand en dit gaan nie goed nie. Bridgette gaan sien weer die dokter en Elana wend vir oulaas ’n desperate poging aan om haar naam in ere te herstel.
Dinsdag, 13 Mei
Demi en Elana voer iets in die mou, terwyl Bridgette se familie angstig is oor haar gesondheid. Bianca vat vir Riaan en Siya vas.
Woensdag, 14 Mei
Daar is ’n onwelriekende probleem by Rhafiek se woonstel en Elana kry ’n oproep van Pronk se belegger af. Bridgette wys ’n aanbod van die hand…
Donderdag 15 Mei
Ruiterbosch is in rep en roer oor Bridgette. Rhafiek sukkel om te besluit wat hy met sy woonstel moet doen. Bianca ontmoet vir Yolandi, maar haar reaksie verras Riaan.
Vrydag, 16 Mei
Bianca sukkel om ’n kulkunstenaar vir die fondsinsameling te kry. Die Jacobs-susters span saam om terugslae te oorkom en Rhafiek moet ’n moeilike besluit neem.
Maandag, 19 Mei
Siya wil iets belangrik met Bianca deel, maar die noodlot bly inmeng. Gary lei vir Angie om die bos, terwyl iemand vir ’n mismoedige Bridgette nuwe insig gee.
Dinsdag, 20 Mei
Bridgette se dag gaan van een uiterste na die ander. Riaan en Siya voel al meer aangetrokke tot Bianca, terwyl Gary en Aiden dink hulle uitoorlê mekaar.
Woensdag, 21 Mei
Yolandi verras vir Riaan, terwyl Siya wonder of Riaan gevoelens het vir Bianca. Die Booysens woon hulle oom se gedenkdiens by terwyl Mrs J vir hulp smeek by Nazeem…
Donderdag, 22 Mei
Gary en Aiden erf iets wat nie een van hulle verwag het nie en Siya vertel vir Kate hoe hy oor Bianca voel. Nazeem geniet sy rol as Ruiterbosch se nuwe held.
Vrydag, 23 Mei
Die groot konsert vir die fondsinsameling breek aan. Dis ’n dag van soet en suur vir die Jacobs-gesin. Gaan Siya kan sê wat op sy hart is?
Maandag 26 Mei
Almal is op hete kole oor Bridgette en Nazeem. Siya wil nie op die kantlyn staan nie, en die Booysen-broers vat die pad.
Dinsdag, 27 Mei
Die Booysen-broers se avontuur skop af, terwyl Bianca by Mymoena bieg. Almal is geskok oor Nazeem.
Woensdag, 28 Mei
Bridgette is omgekrap oor Nazeem, terwyl Mymoena haar bekommer oor sy gemoedstoestand. Die Booysens ervaar teëspoed op hulle reis, en Riaan is woedend vir Siya…
Donderdag, 29 Mei
Gary en Aiden se drome val plat, terwyl Justin en Frankie vir Kate van baie onkoste red. Sake lyk nie goed vir Nazeem nie…
Vrydag, 30 Mei
Bianca neem ’n moeilike besluit, en Gary skrik hom boeglam vir iets op die plaas in Namibië. Nazeem staar ‘n paar struikelblokke in die gesig, of sal Bridgette hom help?
Kyk Suidooster weeksdae om 18:00 op DStv-kanaal 144 (ook aanlyn op DStv Stream) of ná uitsending op Catch Up.