Menu terloops
In Gons [4 Nov 2024]

Kyk uit vir dié kinkels in ‘Suidooster’ in November


Warrelwinde van drama en intriges tref ‘Suidooster’ in die komende weke, en kykers van dié kykNET-sepie gaan omtrent aan hul naels kou. 

Stroom 'Suidooster'

Kyk uit vir dié kinkels in ‘Suidooster’ in November

Dié vyf Suidooster-storielyne gaan omtrent die tonge vandeesmaand los hê:  

1

Kate sukkel om haar ongehoorsame huurders in toom te hou, terwyl Chris se besluit om die huis te verkoop verdere onsekerheid by almal skep. Die skrif is egter nie aan die muur vir die huurders nie, want Kate besluit om die huis te koop. Maar dit kom teen ’n prys, want Kate stel streng reëls op en dan is die gort behoorlik gaar… 

2

Lee-Ann sukkel steeds om die werklikheid van haar trauma te verwerk. Dít terwyl Debbie se hulp en wraakgedagtes olie op die vuur is. Geregtigheid het immers nie ’n swaard in die hand nodig nie… 

3

Mo se ware gevoelens vir Siya kom vorendag, wat skokkende gevolge vir Ruiterbosch se geliefde pastoor het. Boonop daag haar broer, Jacques, op en hy ruik ’n rot. Gaan Siya die storm wat hom tref oorleef?

4

’n Swanger Kaashifa se droom om ’n fynproewer-restaurant oop te maak, veroorsaak konflik binne die Samsodien-gesin. En dan besluit Rhafiek boonop sonder haar medewete om volle beheer aan Nazeem oor te gee. Gaan Kaashifa haar eie gesondheid op die spel plaas soos Nazeem kortpaaie begin neem om die restaurant aan die gang te hou. Bianca vermoed ook onraad met Nazeem aan die stuur. Dit begin al hoe meer lyk dat Kaashifa se droom in ’n nagmerrie gaan ontaard.

5

Elana en Aiden snoer kragte saam om omgewingsbewustheid onder die gemeenskap te kweek. Maar hul poging op Ruitberbosch groener te maak, het ’n onverwagte nadelige uitwerking, veral op die Anker se besigheid. Soos hulle persoonlike en professionele uitdagings navigeer, ontdek Ruiterbosch se inwoners dat vooruitgang nie so eenvoudig is as wat dit lyk nie.


Suidooster word weeksdae om 18:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en 18:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) uitgesaai. Dit is ook op Catch Up, DStv Stream en Showmax beskikbaar. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-kykgids vir April 2025

Aline weier om met Antônio te onderhandel terwyl al wat ’n man is oënskynlik ook op haar verlief is... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in April. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies