Menu terloops
In Wat om te kyk [1 Nov 2024]

Jou ‘Suidooster’-gids vir November 2024


Nazeem en Kaashifa moet vure blus, en Lee-Ann moet op haar voete dink. Kykers kan na dít en nog meer in November op ‘Suidooster’ uitsien. Hier is ons kykgids.

Stroom 'Suidooster'

Jou ‘Suidooster’-gids vir November 2024

Hier is ’n voorsmakie van wat jy hierdie maand in Suidooster kan verwag.

Vrydag, 1 November

Oos Wes moet noodgedwonge toemaak vir die dag, Siya vind uit dat Mo verlief is op iemand en Lee- Ann bereik breekpunt.

Maandag, 4 November

Mo het groot planne vir die aand, maar Brendan kom huis toe met skokkende nuus. Mymoena se verjaardagete is vol verrassings, terwyl Lee-Ann met vuur speel… 

Dinsdag, 5 November

Siya neem ’n belangrike besluit oor Mo, en Kate dring aan dat die verkoop van die huis moet voortgaan. Lee-Ann en Debbie neem wraak, maar dan loop sake skeef…

Woensdag, 6 November

Carlo ontdek iets skokkend, terwyl Lee-Ann se angs toeneem. Kaashifa maak ’n plan om haar werkstres te verminder en Zoe het slegte nuus vir Kate. 

Donderdag, 7 November

Carlo is steeds ontsteld oor wat hy gesien het, terwyl Bridgette haar trots sluk en vir Debbie ’n guns vra. Intussen is ’n vreemde man op Mo se spoor. 

Vrydag, 8 November

Kate het goeie nuus, maar ook slegte nuus wat sy sukkel om oor te dra. Lee-Ann help Debbie, terwyl Kaashifa uitvind dat Rhafiek agter haar rug gekonkel het en die vonke spat. 

Maandag, 11 November

Die vrede word herstel in Kate se huis, maar hoe lank gaan dit hou? Lee-Ann stem in om vir Debbie by te staan, terwyl Mo se broer moeilikheid maak. 

Dinsdag, 12 November

Nazeem en Kaashifa is hard besig om vure te blus. Siya glo vas die waarheid sal uitkom, terwyl Lee-Ann vasbeslote is om Debbie te help. 

Woensdag, 13 November             

Clayton bly vir Lee-Ann opdraande gee, terwyl Justin en Gary koppe stamp. Kaashifa kom voor nóg ’n struikelblok te staan en voel boonop glad nie lekker nie. 

Donderdag, 14 November

Die spanning loop hoog in Ruiterbosch. Brendan kan nie sy woede in toom hou nie en niks gaan vir Mo stuit om haar toekomsplanne te verwesenlik nie. 

Vrydag, 15 November

Lee-Ann probeer weer vir Clayton uitvang terwyl Nazeem ’n groot kans vat. Mo is desperaat en doen iets drasties.

Maandag, 18 November

Kaashifa is woedend wanneer sy uitvind Nazeem het nie gedoen wat sy gevra het nie. Clayton konfronteer vir Lee-Ann en sy moet op haar voete dink, terwyl Mo en Jacques ’n besluit neem.

Dinsdag, 19 November

Almal maak weer vrede ná die debakel met Mo. Kaashifa is steeds bekommerd, ten spyte van almal se versekering. Kate kry van haar eie medisyne, terwyl Lee-Ann ’n nuwe plan met Clayton het. 

Woensdag, 20 November

Kan Nazeem en Kaashifa ’n oplossing vir hul probleem kry? Lee-Ann begin twyfel oor die aanvaller, terwyl Kate wonder oor Aiden se geheimsinnige afspraak. 

Donderdag, 21 November

Kaashifa maak gereed vir ’n baie belangrike gas. Aiden vind iets kommerwekkend uit, en vir hoe lank kan Lee-Ann nog by Clayton bly? 

Vrydag, 22 November

’n Bollywood-ster is op pad na Ruiterbosch, en Nazeem is vasbeslote om die vrugte daarvan te pluk. Clayton deel iets skokkends met Lee-Ann, terwyl Wade verbysterd is ná ’n vreemde interaksie.

Maandag, 25 November

Kaashifa se bloeddruk het gestabiliseer en Riaan moet noodgedwonge vir Bianca jok. Lee-Ann maak uiteindelik ’n deurbraak.

Dinsdag, 26 November

Lee-Ann bieg oor iets groots by Debbie, terwyl Kaashifa terug by die werk is. Mymoena vryf vir Kate verkeerd op en Gary vat vet kanse.

Woensdag, 27 November

Mymoena en Kate is in mekaar se hare terwyl Nazeem bekommerd is oor finansies. Intussen beraam Lee-Ann en Debbie planne om van Clayton ontslae te raak. 

Donderdag, 28 November

Lee-Ann wil haar spore doodvee by Clayton se woonstel, maar kry ’n enorme skok. Aiden is woedend oor wat Kate en Mymoena alles by die apteek kwytraak. Nazeem vat weer ’n kans. 

Vrydag, 29 November

Nazeem probeer om kostes te besnoei. Aiden ontdek daar’s ’n slang in die gras by die groot apteekgroep, terwyl Lee-Ann verskeur is tussen haar skuldgevoel en verantwoordelikhede by die huis.


Kyk Suidooster weeksdae om 18:00 op DStv-kanaal 144 (ook aanlyn op DStv Stream) of ná uitsending op Catch Up.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Dís waar jy die 2026 Golden Globe-benoemdes plaaslik kan kyk

Van die heerlike derde seisoen van ‘The White Lotus’ en Seth Rogen se briljante ‘The Studio’ tot die ingrypende dramareeks ‘Adolescence’ en die fabelagtige fanfare in ‘Wicked: For Good’ – hier is al die reekse en films wat benoemings vir 2026 se Golden Globes ontvang het, én waar jy dit plaaslik kan kyk.

Meer
10

Wat om te kyk: 10 Kersfeesflieks vir die feestyd

Van een van die mees romantiese flieks van alle tye tot een baie, baie spesiale Kersbriefie – hier is ons keuse van Kersfeesflieks om oor dié feestyd te kyk. 

Meer
10

Gesinsvermaak: Kyk dié 10 reekse en flieks saam-saam

Van ‘Finding Optel’ en 'The Wild Robot' tot ‘Fuller House’ en 'Een keer om die son' – daar is heelparty TV-reekse en flieks wat jy oor die lang skoolvakansie as gesin saam kan kyk. 

Meer
3

‘Skemergrond’ in Desember: Hou dié storielyne dop

'Skemergrond' se mense beleef ’n stormagtige Desember met van liefde wat blom tot pynlike herlewings uit die verlede. Hier is die storielyne wat jy vandeesmaand moet dophou.

Meer
Sien alle opsies