Hier is ’n voorsmakie van wat jy volgende in Suidooster kan verwag.
Maandag, 3 Maart
Die familie is geskok oor Rhafiek se optrede, en Kaashifa neem ’n desperate besluit. Justin voel sleg oor sy rol in Gary se terugslag, terwyl Elana tot Cilliers probeer deurdring.
Dinsdag, 4 Maart
Carlo wil vir Nazeem vermy, terwyl Justin uit Gary se pad probeer bly. Elana worstel met Cilliers se siekte en Kaashifa moet ’n baie moeilike besluit neem.
Woensdag, 5 Maart
Wanneer ’n onvoorsiene voorval Carlo se planne in die wiele ry, doen hy iets wat Nazeem baie beïndruk. Cilliers kom agter Elana weet meer as wat sy erken, en Kaashifa neem ’n groot stap.
Donderdag, 6 Maart
Mymoena is bekommerd oor Kaashifa. Lee-Ann vind uit wat Carlo gedoen het, terwyl Gary en Justin volstoom aan hul nuwe besigheid werk.
Vrydag, 7 Maart
Mymoena kry vir Kaashifa in die hande, terwyl Nazeem vir Carlo toets. Gary en Justin sit vas oor hul app en Elana groet vir Cilliers.
Maandag, 10 Maart
Elana word met haar grootste vrees gekonfronteer. Die vrede tussen Rhafiek en Mymoena is van korte duur. Nazeem stel sy plan met Carlo in werking.
Dinsdag, 11 Maart
Bridgette sit subtiele druk op Rhafiek om terug te kom werk toe. Nazeem toets vir Carlo met ’n slinkse plan en Kate hou ’n vreemdeling se rugsak in die apteek.
Woensdag, 12 Maart
Gary en Justin kry slegte nuus oor hul projek, terwyl Rhafiek steeds sukkel om sy werk en persoonlike lewe te balanseer. Carlo maak skelm planne saam met Nazeem, maar gaan dit uitwerk?
Donderdag, 13 Maart
Rhafiek raak al hoe meer in ’n verknorsing verstrengel. Nazeem manipuleer Carlo om iets onwettig te doen terwyl Gary moet besluit of hy sy lot gaan aanvaar of veg.
Vrydag, 14 Maart
Frankie is vasberade om op haar eie voete te staan, en Carlo bly in die moeilikheid beland. Gary en Justin se projek kry momentum, terwyl Rhafiek iets doen wat die JPD-span na asem laat snak.
Maandag, 17 Maart
Rhafiek kry ’n kans om sy fout reg te stel, terwyl Gary en Justin ’n ander plek vind om te werk. Lee-Ann is raadop met Carlo.
Dinsdag, 18 Maart
Rhafiek kry swaar en Nazeem gee vir Carlo streng instruksies. Frankie plaas haarself in ’n moeilike situasie, terwyl Gary en Justin se vordering met die app gekelder word.
Woensdag, 19 Maart
Frankie berou dit dat sy haar ingewurm het by Bridgette se spoggerige aandete. Justin wil hul app so gou moontlik vrystel, terwyl Wade en Riaan wonder wat Carlo so gewild op hoërskool maak.
Donderdag, 20 Maart
Rhafiek moet veg vir sy werk. Carlo en Nazeem maak ’n plan met sy skuld en Frankie het iets by Bridgette se huis gebreek.
Vrydag, 21 Maart
Justin en Gary se projek beleef ’n terugslag, terwyl Mymoena probeer om sin in Rhafiek se kop te praat. Carlo kry uiteindelik die vryheid waarna hy soek, maar gaan Nazeem dit uitbuit?
Maandag, 24 Maart
Carlo se geld brand ’n gat in sy sak. Kate moet vure blus en Mymoena se eskapades stel haar in die verleentheid.
Dinsdag, 25 Maart
Riaan se opgewondenheid oor sy naweek weg word versuur wanneer daar ’n paar struikelblokke opduik. Mymoena kom tot nuwe insigte oor haar rol as ouma, en Carlo speel met vuur.
Woensdag, 26 Maart
Lee-Ann vind uit Carlo skeep sy skoolwerk af. Gary werk hom oor ’n mik om die probleem met sy app uit te stryk, en Kate is diep teleurgesteld in haar seun.
Donderdag, 27 Maart
Nazeem gee vir Carlo raad oor hoe om Lee-Ann terug te wen, terwyl Justin en Gary koppe stamp. Riaan bied vir Kate ’n olyftak aan en Rhafiek ry Bianca se planne in die wiele.
Vrydag, 28 Maart
Justin voel skuldig wanneer hy vir ’n radiotoekenning benoem word terwyl Gary se loopbaan in die weegskaal is. Riaan is spyt oor sy besluit om saam met sy ma te gaan kamp en Brendan raak siek by Carlo se partytjie.
Maandag, 31 Maart
Dis Labarang en Mymoena los ’n bakleiende Rhafiek en Bianca in beheer van die kos. Brendan dreig om vir Siya te vertel wat by die partytjie gebeur het, en Justin val op sy swaard vir Gary.
Kyk Suidooster weeksdae om 18:00 op DStv-kanaal 144 (ook aanlyn op DStv Stream) of ná uitsending op Catch Up.