Menu terloops
In Lysie-lysie [23 Jul 2025]

Die liefde kom weer (en weer en weer!) in ‘Suidooster’


In ‘Suidooster’ is jy nooit rêrig vry van jou vorige verhoudings nie! As daar een ding is wat ‘Suidooster’-kykers al geleer het, is dit dat die pad van ware liefde nie altyd reguit is nie. Of maklik nie. En soms lei dit sommer direk terug na ’n eks! 

Deur Tarren-Lee Habelgaarn

Kyk 'Suidooster' op DStv Stream

Die liefde kom weer (en weer en weer!) in ‘Suidooster’

In die wêreld van Suidooster se Ruiterbosch is liefde ’n komplekse saak, ’n eks kom sommer gereeld terug, en die lewe neem baie draaie. Hier is ons ultimate lys van Suidooster-paartjies wat mekaar weer gevind het – al moes hulle eers ander verhoudings aanknoop, egskeidings kry of hul eie emosionele bagasie verwerk.

1

Susan en Elana – van skei tot weer saam sterk staan

Susan en Elana. Foto: Verskaf

Susan (vertolk deur Natasha van der Merwe) en Elana (vertolk deur Esther von Waltsleben) was aanvanklik gelukkig getroud, maar diep verskille oor kinders het hul liefde laat wankel en toe skei hulle. Susan het selfs vir ’n tydjie by Justin (vertolk deur Eden Classens), die jong DJ van die commune, gaan troos soek. Maar toe steek die ou vlamme weer stadig maar seker vlam. Vandag is Susan en Elana nie net sterker nie, maar ook die power couple van Ruiterbosch. Susan leer Elana om die lewe met ’n bietjie meer vryheid aan te pak, terwyl Elana vir Susan grounding gee. 

2

Zoë en Wade – die liefde wat familie-inmenging oorwin het

Sepieliefde, liefde, suidooster
Die vonke tussen Zoë en Wade ken geen keer nie. Foto: Verskaf

Zoë (Lauren Joseph) en Wade (Dean Smith) se jong liefde het sterk begin, maar familie-invloed en druk het hulle uitmekaar gehou. Zoë het toe met Tim (Marco Spaumer) getrou, wat toe een van die grootste Suidooster-skurke geword het! Tim se ondergang het Zoë amper saam met hom afgetrek, maar ná dít alles het Wade en Zoë mekaar weer gevind. Al het dit Angie (vertolk deur Char Carrie) se hart gebreek, was dit duidelik… ware liefde kan jy nie wegsteek nie!

3

Bianca en Siya – van mislukking tot rotsvas 

Sepieliefde, liefde, suidooster
Het Bianca wraggies haar gelukkige einde met Siya gekry? Foto: Verskaf

Bianca se verhoudings is die een liefdesmislukking ná die ander! Siya (Gantane Kusch) het haar eerste verloor, en toe het Dani (vertolk deur Vashti Prins) vir Siya later gelos. Bianca (Simone Biscombe) het verlief geraak op haar eie ontvoerder, wat op hul troudag haar peetpa AB (Cedwyn Joel) se dood veroorsaak het. Bianca en Dirk (Evan Hengst) het dit toe nie gemaak nie, en haar verhouding met Riaan (Daniel Coetzee) was ook ‘n doodloopstraat nadat hy sy eksvrou bo haar gekies het – en weer verneuk is. Maar toe kom Siya weer in haar lewe en ’n hegte vriendskap het stadig maar seker in romantiese liefde ontwikkel, en nou is Bianca en Siya endgame.

4

Lee-Ann en Ty – ’n Liefde wat selfs die dood nie heeltemal kan blus nie

Sy is ’n Jacobs en hy was ’n nederige mechanic. Maar tog het Lee-Ann (Portia Joel) en Ty (Maurice Paige) verlief geraak. Daar was struikelblokke soos ’n buite-egtelike kind en Lee-Ann se ontrouheid. Maar elke keer het hulle teruggeveg vir hul liefde. Ongelukkig kon selfs hul band nie Ty se breingewas oorleef nie. Tog bly hul liefdesverhaal ’n herinnering aan hoe twee wêrelde kan bots en in ware liefde verander.

5

Mymoena en AB – die goue paartjie wat weer liefde gevind het

Sepieliefde, liefde, suidooster
Kykers was in trane met AB se dood… veral omdat sy huwelik met Mymoena ten spyte van diepe waters geblom het. Foto: Verskaf

Mymoena (Jill Levenberg) en AB (Cedwyn Joel) was Ruiterbosch se goue paartjie, totdat AB ’n jonger vrou in sy lewe ingebring het en haar as ’n tweede vrou wou hê. Dit was die einde van hulle verhouding, maar nie van hul liefde nie. Ná ’n giftige tweede huwelik het AB weer Mymoena se vertroue begin terugwen en tot sy dood het hul liefde weer geblom.

Wag en sien…

Rhafiek (Irshaad Ally) en Kaashifa (Jawaahier Petersen)! Kaashifa se geestesgesondheid het gelei tot die verbrokkeling van hul huwelik nadat sy hul seun probeer versmoor het. Maar nou is sy terug in Ruiterbosch. En daai vonk? Dis nog daar. Gaan liefde of vrees wen? Ons hou hulle dop en is vasgenael voor die kassie om te sien hoe dinge tussen dié twee uitspeel!

Sepieliefde, liefde, suidooster

Suidooster word weeksdae om 18:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en 18:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) uitgesaai. Suidooster is ook beskikbaar op Catch Up, DStv Stream en Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

13

Wat om te kyk dié Vrouemaand: 13 reekse en rolprente waarin vroue die storie dryf

Wat om te kyk: Vir Vrouemaand het ons ’n kyklys saamgestel van reekse en rolprente waarin kragtige aktrises aan onvergeetlike vroue-karakters lewe gee.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in Augustus misloop nie

Van 'Gesels' en Michael Fassbender se 'The Agency' tot 'Ted Lasso' en 'Reacher' se vierde seisoene – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer
12

Wat om te kyk: 12 Afrikaanse reekse om nou te stroom

Van die rillerreeks ‘Donkerbos’ en 'Ontwaak' tot die bekroonde 'Koek' en 'Wyfie' – hier is ons keur van die beste Afrikaanse stories om nou op DStv Stream te kyk.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-kykgids vir Augustus 2026

Christine kry ’n nare verassing en Ruan en Amber stel ’n gevaarlike lokval... Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer
Sien alle opsies