Menu terloops
In How-to's [21 Jun 2022]

Stroom sonder Wi-Fi: Maak só om reekse en flieks tydens beurtkrag te stroom


Ons verduidelik hoe om reekse en flieks via die Showmax-app af te laai om later te kyk, soos tydens beurtkrag, of as jy data probeer spaar.

Stroom sonder Wi-Fi: Maak só om reekse en flieks tydens beurtkrag te stroom

Beurtkrag. Al weer (of steeds…) Ons almal weet hoe voel dit as daai push notification van EskomSePush op jou selfoonskerm flits. Klein gebedjies word opgeskiet. Dis nie asof ons beurtkrag kan vermy nie, maar flippin hel, kan dit minstens gebeur in die vroeë oggendure of as jy by die werk is, eerder as die oomblik wat jy ná verkeer by die huis kom en net wil blerrie relax nie?! 

Nee, mos altyd in spits-ek-probeer-iets-doen-tyd. Soos om TV te kyk.

Eskom se probleme gaan nog ’n wyle onopgelos wees (lees: nooit nie) maar een van die handigste features van die Showmax-app is dat intekenare, soos met Netflix, reekse en flieks op hul tablette of slimfone kan aflaai om later offline te kyk. 

Hier verduidelik ons hoe dit werk.

Wat jy moet weet

  • Jy kan steeds jou gunstelingprogramme kyk al is die Wi-Fi af, en dit sal nie enige van jou mobiele data gebruik nie. 
  • Jy moet egter seker maak dat jou toestel se battery gelaai is! 
  • Dit is nie moontlik om Showmax-reekse en -flieks op jou skootrekenaar, slim-TV, speletjiekonsole of Explora af te laai nie.
  • Die opsie om kykstof af te laai is dus slegs beskikbaar met die Showmax-app op versoenbare iOS-toestelle (iPhones en iPads) en Android-slimfone en -tablette.
  • Maak seker jy het altyd die nuutste weergawe van die app op jou toestel. 
  • Dit is ’n goeie manier om data te bespaar as jy, byvoorbeeld, jou werk of jou plaaslike koffie-franchise met sy overpriced flat whites se Wi-Fi gebruik om kykstof af te laai.

Hoe om af te laai met die Showmax-app

  • Laai die Showmax-app op jou slimfoon of tablet af vir óf iOS óf Android.
  • Maak die Showmax-app oop, meld aan en kies die reeks-episode of fliek wat jy wil aflaai.
  • Kliek op die DOWNLOAD-knoppie. Op die slimfoon-app lyk dit gewoonlik soos ’n ikoon van ’n wolk met ’n pyltjie wat na onder wys.
  • Pas die aflaai-gehalte aan om spasie op jou toestel, asook data, te bespaar. Let wel dat die laer gehalte goed werk vir kleiner skerms soos ’n slimfoon of tablet. 
Beurtkrag download Data saving

Hoeveel reekse of flieks kan ek gelyktydig aflaai?

Laai tot 25 verskillende reeks-episodes of flieks op ’n slag af. Let daarop dat een episode van ’n reeks as een titel tel – jy sal dus nie ’n hele seisoen of reeks gelyktydig kan aflaai nie. Om die spasie op jou toestel goed te benut, maak seker dat jy Low Quality of Standard Quality kies voordat jy iets aflaai. 

Hoe lank kan ek die afgelaaide programme op my toestel hou?

Elke episode of fliek sal vir 30 dae op jou toestel bly. Ná 30 dae sal dit outomaties uitgevee word. Die vervaldatum word duidelik aangedui, so geen verrassings daar nie. Jy sal nie enige van jou downloads voor dié datum verloor nie, tensy jy die Showmax-app van jou toestel in die tussentyd verwyder. 

Sodra jy ’n episode of fliek begin kyk het, sal jy 48 uur hê om dit te klaar te kyk voordat dit uitgevee word. As jou kinders dus reeds die episode van Peppa Pig gekyk het wat jy vir hulle op jou iPad afgelaai het, sal hulle net 48 uur hê om dit weer te kyk.

Waar kry my downloads?

Kliek op die “hamburger”-kieslys (die drie horisontale lyne) in die Showmax-app. Kies DOWNLOADS in die aftreklys. Dit sal jou na die episodes en flieks neem wat jy afgelaai het.

Kan ek my downloads op my foon sien as ek op Showmax op my tablet aanmeld?

Ja. As jy jou downloads in die app op jou tablet oopmaak, sal jy drie oortjies sien: 

  • On this device – dit wys wat jy op jou tablet afgelaai het
  • On other devices – wys wat jy op ál jou toestelle afgelaai het 
  • Other – dit dui aan wat ander gebruikers van jou Showmax-rekening afgelaai het

Sal my programme aanhou aflaai as ek die Showmax-app toemaak?

Ja, dit sal voortgaan om in die agtergrond af te laai.

Wat gebeur as ek internetverbinding verloor terwyl ek aflaai?

By verstek is downloads slegs moontlik oor ’n internetverbinding. Sodra jy terug is in ’n gebied met Wi-Fi-toegang, sal jou downloads dadelik weer optel.

Jy kan egter ook jou programinstellings verander om downloads oor jou mobiele dataverbinding toe te laat. Let daarop dat dit datakoste sal meebring.

Hoe bespaar ek data deur programme af te laai?

Op twee maniere. Een, as jy net aflaai oor ’n gratis Wi-Fi-verbinding, soos by ’n koffiewinkel of winkelsentrum (of die werk…), sal jy nie enige van jou eie data gebruik nie. En twee, jy kan nou offline jou programme soveel keer kyk as wat jy wil, wat natuurlik geen data sal gebruik nie.

Hoekom kan ek nie my downloads sien as ek die Showmax-app oopmaak nie?

Jy moet aangemeld wees om jou downloads te sien. Meld aan en probeer dan weer.

Hoeveel data het ek nodig om iets af te laai?

’n Program van 30 minute sal tussen 80MB en 500MB gebruik, afhangend van die kwaliteit wat jy kies. ’n Fliek sal ongeveer 500MB data gebruik. Op mobiele toestelle is die Low Quality-instelling perfek vir die kleiner skermgrootte.

Nog vrae? Besoek Showmax se FAQ-afdeling op hul webwerf.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Mei 2025

Rachelle woeker met haar slinkse planne om Shani te verneder en die matriekafskeid kom al nader. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

‘Diepe Waters’: Dís die storielyne om in Mei dop te hou

Mei bring nie net nuwe wendings nie, maar ook selfontdekking, groei en opwindende moontlikhede in 'Diepe Waters'.

Meer

Redakteurskeuse vir Mei 2025: ‘Bridget Jones 4’, ‘Die brug S2’, ‘Die nuusmakers’ en meer

Wat om te kyk: 'Die nuusmakers', ’n nuwe Afrikaanse drama wat persoonlike en professionele drama in die nuuskantoor in oënskou bring; die gewilde avontuur-realiteitsreeks 'Die brug' se tweede uittog; Tina Fey in 'The Four Seasons', ’n reeks wat raakvat soos min; en Bridget Jones se vierde fliekavontuur – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Mei 2025

Aline se landerye vat vlam terwyl sy nog sukkel om die plaas se skuld te delg. En dan word sy boonop amper vergiftig! Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Mei. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies