Menu terloops

Station Eleven S1

Op Showmax [Gepubliseer op 1 Jun 2022]


‘Station Eleven’ draai om die lot van ’n groep mense wat ’n verwoestende wêreldwye pandemie oorleef het en ’n nuwe samelewing probeer daarstel.

Kyk nou

Station Eleven S1
Kyk lokprent

Station Eleven is gegrond op die gelyknamige boek deur Emily St. John Mandel. Wees gewaarsku: die post-apokaliptiese TV-verwerking wyk wel drasties van die boek af. Onder dié veranderinge tel dat die reeks in Amerika afspeel eerder as in Kanada soos in die boek. 

Die reeks se middelpunt is ’n groep oorlewendes wat ’n bestaan probeer maak as reisende kunstenaars. Soos ’n sirkus van ouds, amper. Maar selfs 20 jaar nadat ’n baie erge grieppandemie amper die mensdom geheel en al vernietig het, is die wat oorleef het steeds nie veilig nie. Nou word dié groepie kunstenaars deur ’n gewelddadige kultusgroep bedreig. 

Die TV-verwerking het reeds ’n rits toekennings ingepalm en ook ’n punt van 98% op Rotten Tomatoes behaal.

Buiten Mackenzie Davis is Himesh Patel (Don’t Look Up), Screen Actors Guild-wenner Lori Petty (Orange is the New Black), en Cannes-wenner Gael García Bernal (Y tu mamá también) ook in die rolverdeling. 

Kyk Station Eleven nou op Showmax.

Lees ook Watkykjy se resensie hier.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

As jy hou van kosprogramme
0

Afrikaans kook groot! 10+ Afrikaanse kosprogramme om op DStv en Showmax te kyk

Ons is maar net mense, ons dink met ons pense... En daar is wraggies baie kosprogramme – in Afrikaans – waarin lipafleklekker geregte opgedis word.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Maart 2025

Japie slaan sy kloue in Sunette in, maar dan kry sy nuus oor haar gesondheid wat haar hele wêreld omdolwe. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir Maart 2025

Wat om te kyk: Die meesleurende Jaco Bouwer-drama, 'Niggies', Pretoria se Afrikaanse spin op 'The Mommy Club', Showmax se Afrikaanse tennisdrama, 'Breekpunt', en Seth Rogen se nuwe komediereeks – dié stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Oscars 2025: Wie het gewen én waar jy wenners kan kyk

Zoë Saldaña met ’n verstommende vertolking in die veelbesproke ‘Emilia Pérez’, Adrien Brody met sy indringende spel in ‘The Brutalist’, en Kieran Culkin in ’n loopbaanbeste rol waarvoor hy amper-amper nee gesê het – hier is vanjaar se Oscarwenners én waar jy dié bekroonde rolprente kan stroom. 

Meer
Sien alle opsies