Menu terloops
In Wat om te kyk [2 Nov 2024]

Jou ‘Skemergrond’-gids vir November 2024


Christine se slinkse planne kan Everlasting se ondergang beteken, terwyl Patty se lewe in gedrang is. Dít en nog meer is waarna ‘Skemergrond’-kykers in November kan uitsien.

Stroom 'Skemergrond' aanlyn

Jou ‘Skemergrond’-gids vir November 2024

Hier is ’n voorsmakie van wat jy hierdie maand in Skemergrond kan verwag.

Maandag, 2 November 

Amber is seergemaak ná Louis haar verwerp. Junior is bekommerd oor sy ouers se huwelik. Iemand hou vir Patty dop. Christine skep agterdog by Hazel.

Dinsdag, 5 November 

Christine skakel Ronnie laat in die aand vir ’n ‘noodgeval’. Louis is ontsteld dat Erica baie tyd met Amber spandeer. Patty dink sy sien vir Blaartjie. 

Woensdag, 6 November

Christine probeer Ronnie verlei, maar gaan hy ingee? Hazel en Ronnie besef Junior word deur hul bakleiery geraak. Amber soek ’n finale antwoord by Louis.

Donderdag, 7 November

Patty dring aan om te weet wie toegang tot haar kamer het. Louis noem Erica ’n leuenaar. Ronnie probeer tyd met Hazel spandeer, maar sy is meer gefokus op Junior. 

Maandag, 11 November

Ronnie en Hazel se huweliksprobleme raak al erger. Patty se vrees dat haar suster se moordenaar in die omtrek is, neem toe. Shakiel vind Junior se geskenk aan Sylvia vreemd.

Dinsdag, 12 November

Ronnie word deur skuldgevoelens oorval. Shakiel en Junior sit vas. Ragel moet Erica se ouer-benadering inkatrol. Ruan ondersoek Blaartjie Williams.

Woensdag, 13 November

Patty is angsbevange as sy nog ’n vreemde geskenk kry. Hazel raak al meer agterdogtig oor Christine. Sylvia is geskok oor Shakiel se aantygings teen Junior.

Donderdag, 14 November

Christine word gedwing om Tyler in haar vertroue te neem. Als raak te veel vir ’n ongelukkige Shakiel. Patty lig Ruan in dat sy nog ’n “geskenk” ontvang het en loop Blaartjie raak.

Maandag, 18 November

Christine kry ’n handlanger om die lorries op Everlasting te saboteer. Speurder Kumalo bevestig dat Blaartjie nog in die tronk is. Brandon en Sylvia belowe Shakiel om vorentoe meer begrip te toon.

Dinsdag, 19 November

Ruan vra vir Lily om ’n ogie oor Patty te hou terwyl hy uit die dorp gaan wees. Louis en Tanne is in ’n vuisgeveg. JP ontvang ’n ontstellende oproep met betrekking tot die lorries.

Woensdag, 20 November

Die Louws besef in watter diep verknorsing hulle is. Louis vaar teenoor almal uit. Tyler waarsku Christine teen te ver te gaan. Beer daag by die Louws op en Lily herken hom dadelik.

Donderdag, 21 November

Patty is in afgryse wanneer sy ’n dreigement ontvang. Die Louws wil noodgedwonge Christine se lening aanvaar. Louis se groot vyand word ewe skielik ’n vriend.

Maandag, 25 November

Jasmine wonder oor die toekoms van die plaas. Kevin en Erica is bekommerd omdat Louis saam met Tanne en sy vriende rondhang. Ruan is terug van Kakamas om vir Patty belangrike nuus te gee.

Dinsdag, 26 November

Tyler daag op en vermoed onraad as Christine maak of sy nie tuis is nie. Ruan maak ’n groot deurbraak. Brandon en Sylvia is ingenome met die dansers. Tanne beplan ’n sogenaamde kaping.

Woensdag, 27 November

Dis die kerkbasaar en die danskonsert is in rep en roer. Tyler vang vir Christine met Ronnie. Patty probeer Beer vasvang, maar dit mag dalk haar dood beteken.

Donderdag, 28 November

Ruan probeer Patty red, maar gaan hy te laat wees? Die spanning kook oor tussen Ronnie en Hazel oor Christine. Louis en Tanne beraam nuwe planne.


Skemergrond saai weeksdae uit om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream. Dit is ook ná uitsending op DStv Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

13

Wat om te kyk dié Vrouemaand: 13 reekse en rolprente waarin vroue die storie dryf

Wat om te kyk: Vir Vrouemaand het ons ’n kyklys saamgestel van reekse en rolprente waarin kragtige aktrises aan onvergeetlike vroue-karakters lewe gee.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in Augustus misloop nie

Van 'Gesels' en Michael Fassbender se 'The Agency' tot 'Ted Lasso' en 'Reacher' se vierde seisoene – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer
12

Wat om te kyk: 12 Afrikaanse reekse om nou te stroom

Van die rillerreeks ‘Donkerbos’ en 'Ontwaak' tot die bekroonde 'Koek' en 'Wyfie' – hier is ons keur van die beste Afrikaanse stories om nou op DStv Stream te kyk.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-kykgids vir Augustus 2026

Christine kry ’n nare verassing en Ruan en Amber stel ’n gevaarlike lokval... Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer
Sien alle opsies