Menu terloops
In Sepies [4 Mar 2026]

‘Skemergrond’ in Maart: Dié storielyne draai spanningdrade stywer


’n Maand vol emosionele konfrontasies en dramatiese keerpunte wag op ‘Skemergrond’-kykers.

Deur Redaksie

Kyk 'Skemergrond' op DStv Stream

‘Skemergrond’ in Maart: Dié storielyne draai spanningdrade stywer

Die spanning loop hoog in Skemergrond gedurende Maart, met die kollig wat val op verhoudings onder druk, gevaarlike geheime en keuses wat niemand ongeskonde laat nie.

1

Louis tussen hart en waarheid 

Skemergrond
Louis bevind homself in ’n onuithoudbare situasie. Foto’s: Skermgrepe/Verskaf

Louis is vasgevang tussen sy groeiende gevoelens vir Chelsea en sy verbintenis met sy ma, Erica. Namate sy verhouding met Chelsea verdiep, raak dit al moeiliker om eerlik te wees oor wat hy werklik wil hê. Sy pogings om almal tevrede te stel en konflik te vermy, plaas hom uiteindelik in ’n onuithoudbare posisie waar geheime en leuens nie meer volhoubaar is nie.

2

Erica se beheer glip deur haar vingers

Erica begin toenemend vermoed dat iets nie pluis met Louis is nie. Terwyl sy probeer om beheer te behou en haar plek te beskerm, steek ou trauma weer kop uit en dwing haar om pynlike waarhede te konfronteer. Haar emosionele reaksies het verreikende gevolge en bring haar – en dié rondom haar – voor moeilike keuses te staan.

3

Gloria word getoets

Skemergrond
Gloria ervaar vandeesmaand hope onsekerheid…

Vir Gloria bring Maart hoop, maar ook groot onsekerheid. Die oorname van Libby se stalletjie plaas haar onder enorme finansiële en emosionele druk, en sy begin twyfel of sy die regte besluit geneem het. Hazel bly egter vasberade om oplossings te vind en stel ’n plan voor wat nie net Gloria nie, maar ook Everlasting, kan bevoordeel. Gloria se optimisme word egter getoets wanneer die verkeerde mense met bedrieglike sjarme haar vertroue misbruik.

4

Broedertwis wat nie meer geïgnoreer kan word nie

Die konflik tussen PJ en JP bereik ’n breekpunt wanneer geheime, finansiële eise en ultimatums die Louw-familie tot die uiterste dryf. Pogings om die situasie stilweg te hanteer, lei tot verdere wantroue, en PJ se dramatiese terugkeer na Everlasting maak dit duidelik dat dié stryd swaar gevolge kan hê.

Skemergrond
Die konflik tussen PJ en JP bereik breekpunt.
5

’n Huwelik onder druk

JP en Jasmine se huwelik word ernstig getoets wanneer skokkende onthullings en emosionele afstand hulle liefde laat wankel. Net toe hulle probeer om mekaar weer te vind, verskyn Lizelle onverwags uit JP se verlede. Haar teenwoordigheid opper weer ou vrae wat die toekoms van JP en Jasmine se verhouding verder bemoeilik.


Skemergrond saai weeksdae uit om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream. Dit is ook ná uitsending op DStv Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in Augustus misloop nie

Van 'Gesels' en Michael Fassbender se 'The Agency' tot 'Ted Lasso' en 'Reacher' se vierde seisoene – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer
12

Wat om te kyk: 12 Afrikaanse reekse om nou te stroom

Van die rillerreeks ‘Donkerbos’ en 'Ontwaak' tot die bekroonde 'Koek' en 'Wyfie' – hier is ons keur van die beste Afrikaanse stories om nou op DStv Stream te kyk.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-kykgids vir Augustus 2026

Christine kry ’n nare verassing en Ruan en Amber stel ’n gevaarlike lokval... Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Binnelanders’-kykgids vir Augustus 2026

Die waarheid oor ’n dokter lei tot ’n dramatiese wending en Joe is desperaat om vrae oor sy identiteit te beantwoord. Dít en nog meer is wat op ‘Binnelanders’-kykers vandeesmaand wag.

Meer
Sien alle opsies