Menu terloops
In Kykgidse [2 Mar 2026]

Jou ‘Dikker as water’-kykgids vir Maart 2026


Fatih en Aylin word op heterdaad betrap en ʼn papegaai het almal op horings… Hier is ’n voorsmakie van wat vandeesmaand op ‘Dikker as water’-kykers wag.

Deur Redaksie
Jou ‘Dikker as water’-kykgids vir Maart 2026


Elke maand bring ons vir jou ’n opsommende voorskou oor al die drama, smart en skandale waarna jy op kykNET&kie se Turkse telenovela, Dikker as water, wat na Afrikaans oorgeklank is, kan uitsien. 

Hier is ’n voorsmakie van wat in Maart op Dikker as water-kykers wag.

Maandag 2 Maart 2026

Fatih vind groener weivelde. Ömer betaal Kayhan baie geld om te verdwyn uit hul lewens uit. Kıvılcım verskyn voor die skoolraad, oor die gebeure by haar skool.

Dinsdag 3 Maart 2026

Umut maak uiteindelik weer kontak met Nursema na die mislukking van haar huwelik, en die vrouens in Kıvılcım se familie begin al uitsien na die bruilof. Sonmez hou nie daarvan nie.

Woensdag 4  Maart 2026

Pembe en Nursema ontbloot Merve se skelmstreke. Pembe kla oor haar ou kar, en Fatih probeer keer dat Doğa vir Pembe na die motorhandelaar toe vat.

Donderdag 5 Maart 2026

Kıvılcım koop ringe en vra Ömer om met haar te trou. Aylin besoek Pembe sodat sy die kar kan uitkies wat hulle wil koop. Doğa hoor ʼn argument tussen Aylin en Fatih.

Maandag 9 Maart 2026

Alev speel ʼn belangrike rol in twee uiteenlopende situasies – Doğa wil skei en Umut gaan trou. Nilay verwag ʼn seun en sy begin reeds soek na ʼn spogskool vir die kind se opvoeding.

Dinsdag 10 Maart 2026

Fatih betreur die nag wat hy saam met Aylin deurgebring het. Alhoewel die Ünal-familie Nursema en Umut se verhouding goedkeur, kom die probleem hierdie keer van Umut se familie af.

Woensdag 11 Maart 2026

Alev maak ʼn groot fout, Nursema ontmoet Umut se vriende, Nilay neem vooruitbeplanning tot die uiterste en Alev maak vriende met Aylin.

Donderdag 12 Maart 2026

Kayan daag op by die partytjie en Ömer word gedwing om te beken dat Metehan sy oorlede tweelingbroer se seun is.

Maandag 16 Maart 2026

Cimen besoek Abdullah se huis onder die voorwendsel om Doğa te sien, maar hoop heimlik om Metehan te sien. Die skrynwerker verkas met Nilay en Ihsan se geld.

Dinsdag 17 Maart 2026

Nursema lê besoek af by Umut se ouers in Ankara, wat nie goed afloop nie. Nilay en Mustafa kry ʼn papegaai, wat die huis op horings het.

Woensdag 18 Maart 2026

Daar is groot konsternasie oor die papegaai in die huis. Abdullah sê die voël moet weg. Later betrap Abdullah vir Fatih en Aylin op heterdaad. Umut begin twyfel oor die troue.

Donderdag 19 Maart 2026

Pembe dring daarop aan om Umut se ouers te ontmoet. Mustafa geniet ʼn oomblik in die kollig, Kıvılcım vind iets skokkend uit en Fatih sit met die gevolge van sy dade.

Maandag 23 Maart 2026

Doğa vertel Alev dat Abdullah weet van Fatih se ontrouheid. Tot almal se skok skree Mustafa op sy pa nadat Abdullah hom uitgetrap het oor video’s wat op sosiale media versprei word. 

Dinsdag 24 Maart 2026 

ʼn Glimlaggende, senuweeagtige Nursema trou met Umut tydens ʼn deftige geleentheid, maar hoekom is Alev so geheimsinnig, en wat is hierdie onverklaarbare aantrekking tussen haar en Abdullah?

Woensdag 25 Maart 2026

Pembe is woedend omdat Abullah Alev se halssnoer vasmaak terwyl Ömer Kıvılcım verras met hulle nuwe huis. Aylin sê vir Fatih sy sal weeggaan, maar sy neem hulle gesprek op.

Donderdag 26 Maart 2026

Die familie eet by Nursema en Umut en dis duidelik dat hy nie die groot kruideniers rekening kan bekostig nie. Verder sien hy hoe Pembe vir Nursema ʼn goue munt in die hand stop.

Maandag 30 Maart 2026

Nursema is geskok wanneer skuldeisers by hulle huis opdaag, en moet ʼn plan maak. Ömer voer vir Kıvılcım weg vir ʼn baie spesiale dag. Doğa het ʼn groot aankondiging vir die familie, en daar’s groot drama by die feestafel.

Dinsdag 31 Maart 2026

ʼn Groot ongeluk vir Ömer en Kıvılcım, Doğa se onverwagte geboorte en die verlies van ʼn kind lei tot onomkeerbare gevolge vir beide gesinne.


Dikker as water saai weekliks van Maandae tot Donderdae uit om 20:00 op kykNET&kie en DStv Stream (DStv-kanaal 145).

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

13

Wat om te kyk dié Vrouemaand: 13 reekse en rolprente waarin vroue die storie dryf

Wat om te kyk: Vir Vrouemaand het ons ’n kyklys saamgestel van reekse en rolprente waarin kragtige aktrises aan onvergeetlike vroue-karakters lewe gee.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in Augustus misloop nie

Van 'Gesels' en Michael Fassbender se 'The Agency' tot 'Ted Lasso' en 'Reacher' se vierde seisoene – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer
12

Wat om te kyk: 12 Afrikaanse reekse om nou te stroom

Van die rillerreeks ‘Donkerbos’ en 'Ontwaak' tot die bekroonde 'Koek' en 'Wyfie' – hier is ons keur van die beste Afrikaanse stories om nou op DStv Stream te kyk.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-kykgids vir Augustus 2026

Christine kry ’n nare verassing en Ruan en Amber stel ’n gevaarlike lokval... Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer
Sien alle opsies