Menu terloops
In Kykgidse [25 Feb 2026]

Jou ‘Diepe Waters’-kykgids vir Maart 2026


Blom daar romanse tussen Rossouw en Leandri? En gaan Liam se geheime op die lappe kom? Hier is waarna ‘Diepe Waters’-kykers vandeesmaand kan uitsien.

Deur Redaksie

Kyk 'Diepe Waters' op DStv Stream

Jou ‘Diepe Waters’-kykgids vir Maart 2026

Hier is ’n voorsmakie van wat jy volgende in Diepe Waters kan verwag.

Maandag 2 Maart 2026

Pam word getref deur ’n rits probleme. Rossouw vat Leandri om te dans. Marco sukkel met sy nuwe gesinsdinamika.

Dinsdag 3 Maart 2026

Leandri kry ontstellende nuus en Rossouw help haar om dit verwerk. Pam kry nog ’n kontrak by Vuyelwa. Rene leer meer oor Liam se geskiedenis.

Woensdag 4  Maart 2026

Vuyelwa beplan Pam se ondergang. Henry kom op iets vreemds af. Dinge tussen Leandri en Rossouw raak warmer, maar iemand maak hul stem dik daaroor…

Donderdag 5 Maart 2026

Pam word in ’n lokval gelei deur Vuyelwa. Leandri en Rossouw steek Schalk dwars in die krop. Rene en Liam het ’n uitval.

Diepe Waters, Vuyelwa
Vuyelwa is gefokus op Pam se ondergang… Foto’s: Skermgrepe

Maandag 9 Maart 2026

Pam sukkel om positief te bly. Rene is bekommerd oor Liam. Schalk voer iets in die mou. 

Dinsdag 10 Maart 2026

Henry kry weer vir Liam vas aan die slaap onder die pawiljoen. Siseko keer Pam fisiek om terug bed toe te gaan. Leandri nooi Rossouw vir ete met lelike gevolge.

Woensdag 11 Maart 2026

Die Viljoens probeer om Schalk se optrede te verwerk. Rene probeer deurdring tot Liam. Pam en Siseko het ’n plan om Pam se onskuld te bewys.

Donderdag 12 Maart 2026

Bones druk die verkeerde knoppies en Liam knak. Vuyelwa antwoord Pam. Leandri is bang Rossouw wil haar nie weer sien nie.

Maandag 16 Maart 2026

Frans kry besoekers. Siseko en Vuyelwa wissel woorde. Schalk het ’n versoek.

Dinsdag 17 Maart 2026

Frans gooi die appelkar om tot Zelda se vreugde en Gys se verbasing. Lettie vra Theresa om na Penny te kyk. Liam onthul ’n geheim. 

Woensdag 18 Maart 2026

Zelda is senuweeagtig oor ’n belangrike aandete. Liam het sy onderhoud met Bones. Leandri en Rossouw maak ’n belangrike besluit. 

Donderdag 19 Maart 2026

Zelda is opgewonde as Frans vra dat sy hom met iets belangrik help. Danie se liefdeslewe neem ’n nuwe wending. Henry en Lettie vertrek op ’n avontuur.

Maandag 23 Maart 2026

Frans vind uit wat van sy geld geword het. Marco kompliseer dinge vir Danie. Liam se rusdag het anders verloop as wat hy gedink het.

Dinsdag 24 Maart 2026 

Cloete gee vir Zelda skokkende nuus oor die diefstal. Jacques en Theresa sukkel met Penny. Marco se besluit beïnvloed Danie, maar hy maak asof dit hom nie pla nie.

Woensdag 25 Maart 2026

Marco is in ’n penarie. Juvan blink uit in sy nuwe rol. Cloete gee ’n ultimatum.

Donderdag 26 Maart 2026

’n Skokkende ontdekking word gemaak. Hanneli maak die verkeerde afleiding tot Danie se nadeel. Jacques beledig Gys tydens aandete.

Maandag 30 Maart 2026

Marco gaan op ’n regte date. Jacques ontvang ontstellende nuus. Zelda word in ’n hoek gedruk.

Dinsdag 31 Maart 2026

Zelda is senuweeagtig as Frans haar kortaf vra vir ’n ontmoeting. Danie vermoed iets oor Marco se liefdeslewe.


Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Dit is ook op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies