Hier is ’n voorsmakie van wat jy volgende in Diepe Waters kan verwag.
Maandag 2 Maart 2026
Pam word getref deur ’n rits probleme. Rossouw vat Leandri om te dans. Marco sukkel met sy nuwe gesinsdinamika.
Dinsdag 3 Maart 2026
Leandri kry ontstellende nuus en Rossouw help haar om dit verwerk. Pam kry nog ’n kontrak by Vuyelwa. Rene leer meer oor Liam se geskiedenis.
Woensdag 4 Maart 2026
Vuyelwa beplan Pam se ondergang. Henry kom op iets vreemds af. Dinge tussen Leandri en Rossouw raak warmer, maar iemand maak hul stem dik daaroor…
Donderdag 5 Maart 2026
Pam word in ’n lokval gelei deur Vuyelwa. Leandri en Rossouw steek Schalk dwars in die krop. Rene en Liam het ’n uitval.

Maandag 9 Maart 2026
Pam sukkel om positief te bly. Rene is bekommerd oor Liam. Schalk voer iets in die mou.
Dinsdag 10 Maart 2026
Henry kry weer vir Liam vas aan die slaap onder die pawiljoen. Siseko keer Pam fisiek om terug bed toe te gaan. Leandri nooi Rossouw vir ete met lelike gevolge.
Woensdag 11 Maart 2026
Die Viljoens probeer om Schalk se optrede te verwerk. Rene probeer deurdring tot Liam. Pam en Siseko het ’n plan om Pam se onskuld te bewys.
Donderdag 12 Maart 2026
Bones druk die verkeerde knoppies en Liam knak. Vuyelwa antwoord Pam. Leandri is bang Rossouw wil haar nie weer sien nie.
Maandag 16 Maart 2026
Frans kry besoekers. Siseko en Vuyelwa wissel woorde. Schalk het ’n versoek.
Dinsdag 17 Maart 2026
Frans gooi die appelkar om tot Zelda se vreugde en Gys se verbasing. Lettie vra Theresa om na Penny te kyk. Liam onthul ’n geheim.
Woensdag 18 Maart 2026
Zelda is senuweeagtig oor ’n belangrike aandete. Liam het sy onderhoud met Bones. Leandri en Rossouw maak ’n belangrike besluit.
Donderdag 19 Maart 2026
Zelda is opgewonde as Frans vra dat sy hom met iets belangrik help. Danie se liefdeslewe neem ’n nuwe wending. Henry en Lettie vertrek op ’n avontuur.
Maandag 23 Maart 2026
Frans vind uit wat van sy geld geword het. Marco kompliseer dinge vir Danie. Liam se rusdag het anders verloop as wat hy gedink het.
Dinsdag 24 Maart 2026
Cloete gee vir Zelda skokkende nuus oor die diefstal. Jacques en Theresa sukkel met Penny. Marco se besluit beïnvloed Danie, maar hy maak asof dit hom nie pla nie.
Woensdag 25 Maart 2026
Marco is in ’n penarie. Juvan blink uit in sy nuwe rol. Cloete gee ’n ultimatum.
Donderdag 26 Maart 2026
’n Skokkende ontdekking word gemaak. Hanneli maak die verkeerde afleiding tot Danie se nadeel. Jacques beledig Gys tydens aandete.
Maandag 30 Maart 2026
Marco gaan op ’n regte date. Jacques ontvang ontstellende nuus. Zelda word in ’n hoek gedruk.
Dinsdag 31 Maart 2026
Zelda is senuweeagtig as Frans haar kortaf vra vir ’n ontmoeting. Danie vermoed iets oor Marco se liefdeslewe.
Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Dit is ook op Catch Up beskikbaar.