Menu terloops
In Sepies [20 Feb 2026]

‘Khaki Fever’-spiertier Abel Knobel laat die kwik nou op kykNET styg


‘…Hierdie karakter is vir my geskryf,’ vertel die akteur Abel Knobel oor sy nuwe rol as ’n bekende (en gespierde…) driekampatleet in die kykNET-telenovela ‘Diepe Waters’.  

Deur Redaksie

Kyk 'Diepe Waters' op DStv Stream

‘Khaki Fever’-spiertier Abel Knobel laat die kwik nou op kykNET styg

Met sy blokkiesmaag en gespiere arms hardloop die aantreklike Liam (Abel Knobel) volspoed in Diepe Waters se Boskruin – en ons sitkamers – in. Ja, die eerste keer wat ons dié beroemde driekampatleet ontmoet, is sy hemp skoonveld terwyl hy in die park oefen.

“Ek is dalk nie ’n professionele atleet nie, maar nes Liam het ek nog altyd ’n groot passie vir oefen en sport,” vertel Abel (34). “Ek kon dus fisiek voorberei vir hierdie karakter wat my so na aan die hart lê.”

Maar hoe berei ’n mens voor om ’n professionele driekampatleet te vertolk?

Oefen, oefen en nogmaals oefen, laat Abel hoor. “Ek het twee keer ’n dag gim toe gegaan, ’n streng eetplan gevolg en self ernstig begin swem. In daardie twee maande voordat ek die eerste dag op die stel moes wees, het ek verskriklik hard geoefen,” deel hy.

Abel Knobel
Abel Knobel vertolk ’n beroemde driekampatleet in Diepe Waters. Foto’s: Verskaf

En dis juis omdat hy Liam so geloofwaardig as moontlik wou uitbeeld dat hy so gedissiplineerd voorberei het. 

Hoewel dit soms vreemd is om sonder ’n hemp op die kassie te verskyn, het sy rol in die wulpse Showmax-komediefliek Khaki Fever, wat verlede jaar uitgereik is, hom ook voorberei om meer gemaklik voor die kameras te raak, meen hy.

Abel Knobel, Khaki Fever
Abel Knobel as Marco in Khaki Fever.

En oor Liam sê Abel: “Dit is die mees intense rol wat ek al ooit gespeel het. Die voorbereiding en uitdagings met Liam het my ’n nuwe vlak van ontdekking van myself en my akteurspel gegee. Die oomblik toe ek lees wat sy uitdagings is, wat sy storie is en wie hy is, het ek onmiddellik ’n gut feeling gehad dat hierdie karakter vir my geskryf is.”

Wie is Liam?

Van meet af kan kykers sien iets is vreemd aan dié energieke, dog vriendelike man wat uit die bloute in Boskruin opdaag. Hy praat vinnig, verloor konsentrasie in gesprekke en oefen só hard dat selfs die swemafrigters Gys (Justin Strydom) en René (Marijke Coetser) bekommerd raak.

ABEL Knobel
Agter die skerms op die stel van Diepe Waters met Abel Knobel en Tracey-Lee Oliver.

“Nes Liam het ek ook ’n positiwiteit en lus vir die lewe. Maar Liam se energie kan soms mense oorweldig. Ek is baie meer bewus van hoe ek teenoor ander mense optree,” sê Abel, wat ook in TV-produksies soos Spoorloos, Die fakulteit en 7de Laan te sien was.

Hoe Liam se persoonlike ondekkingsreis gaan ontvou, kan Abel nog nie verklap nie. Maar dit stem wel baie ooreen met sy eie reis om homself beter te verstaan, gee hy toe. Vir tyd en wyl is Liam besig om die hele Boskruin plat te hardloop terwyl hy die traumas van sy geheimsinnige verlede probeer verwerk… 

Om deel van die Diepe Waters-wêreld te word, was vir Abel ook ’n groot eer. Die span was behulpsaam en hy kon vinnig sy voete vind. “Ek en Marijke kom beide van Bethlehem af en het voorheen saam in ’n produksie gespeel. Selfs iemand soos Gys Swarts lyk altyd ernstig op TV, maar dan is Justin (Strydom) so saggeaard en lief vir al die mense om hom,” vertel Abel.

Agter die skerms: “Ek en Marijke (Coetser) kom beide van Bethlehem af en het voorheen saam in ’n produksie gespeel,” het Abel vertel.

Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Diepe Waters is ook op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
13

Wat om te kyk dié Vrouemaand: 13 reekse en rolprente waarin vroue die storie dryf

Wat om te kyk: Vir Vrouemaand het ons ’n kyklys saamgestel van reekse en rolprente waarin kragtige aktrises aan onvergeetlike vroue-karakters lewe gee.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in Augustus misloop nie

Van 'Gesels' en Michael Fassbender se 'The Agency' tot 'Ted Lasso' en 'Reacher' se vierde seisoene – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer
12

Wat om te kyk: 12 Afrikaanse reekse om nou te stroom

Van die rillerreeks ‘Donkerbos’ en 'Ontwaak' tot die bekroonde 'Koek' en 'Wyfie' – hier is ons keur van die beste Afrikaanse stories om nou op DStv Stream te kyk.

Meer
Sien alle opsies