Hier is ’n voorsmakie van wat jy volgende in Binnelanders kan verwag.
Maandag 2 Maart 2026
Joe en Max maak planne om Yvonne te help. Naledi besef daar is ’n vonk tussen Uys en Nicolette, en Henry en Ella neem ’n besluit.
Dinsdag 3 Maart 2026
’n Vuishou sit ’n sekere dokter op sy plek. Joe, Jess en Max spartel om die waarheid oor Yvonne te verdoesel, en Joe neem ’n drastiese besluit oor Jess. Nicolette is bekommerd oor Uys se gesondheid.
Woensdag 4 Maart 2026
Uys en Nicolette raak al meer verveeld tydens isolasie. Botes hoor ’n gesprek wat hom laat wonder oor Yvonne, en Naomi en Louis kry ’n amptelik hofdatum.
Donderdag 5 Maart 2026
Botes se agterdog groei by die dag. Ella is bekommerd oor Joe se gemoedstoestand, en Uys en Nicolette sukkel steeds om hul ware gevoelens aan mekaar te erken.
Vrydag 6 Maart 2026
Jackie se onverwagse opwagting dreig om ’n feesviering in die wiele ry. Dit wil voorkom asof Joe homself in ’n gevaarlike situasie bevind, en Nicolette is onseker oor ’n besluit.
Maandag 9 Maart 2026
Joe ontvang ’n dreigement en besef iemand se lewe is in gevaar. Nicolette kom uiteindelik tot die besef dat sy meer as net Uys se vriendin wil wees. Naomi probeer ’n verjaardagpartytjie red.
Dinsdag 10 Maart 2026
Joe is oorgehaal om die Botes-situasie self te hanteer. Hannah vier haar 11de verjaardag, en Tertius keer onverwags terug. ’n Skietvoorval het die Binnelanders op hol.
Woensdag 11 Maart 2026
Thalia vind uit Tracy het nie saam met Tertius teruggekom nie. Jackie maak haar gevoelens duidelik, en Joe het ’n teorie oor wat met Botes gebeur het.
Donderdag 12 Maart 2026
Joe en Petro bespiegel oor wat met Botes gebeur het. Jackie en haar “vennoot” se komplot teen Louis en Naomi word onthul. Uys en Nicolette is bekommerd oor Tertius.
Vrydag 13 Maart 2026
Hannah is ongewoon gretig om skool toe te gaan en vat haar selfoon saam. Uys konfronteer Tertius oor Tracy, en Joe en Petro dink Max het iets gedoen wat hy nie moes nie.
Maandag 16 Maart 2026
Hannah voel vasgevang tusen die duiwel en die diepblou see. Tertius kry ’n onverwagse verrassing. Uys stel ’n vriendin teleur, en Joe en Jess begin berusting vind by hulle vreemde situasie.
Dinsdag 17 Maart 2026
Die Kosters, Hannah en haar ma verskyn in die hof. Tertius en Tracy sukkel om mekaar weer te vind, en Uys help Elise met haar projek.
Woensdag 18 Maart 2026
Hannah verdwyn en almal is op hol. Tracy erken aan Uys daar lê baie uitdagings vir haar en Tertius voor. Thalia wonder oor haar toekoms by Tonik.
Donderdag 19 Maart 2026
Daar is steeds geen nuus oor Hannah se verdwyning nie. Elise gee vir Joe en Petro raad oor hul verhouding, en Ella is al meer oorgehaal om haar stem dik te maak by Ongevalle.
Vrydag 20 Maart 2026
Hannah se verdwyning eis sy tol op Naomi se gesondheid. Petro stel Joe voor ’n uitdaging, en Tertius vra Tracy uit op ’n romantiese afspraak.
Maandag 23 Maart 2026
Louis en Naomi is desperaat op soek na Hannah, en Jackie en Freek onthul hul plan. Elise glo sy het haar roeping gevind, en Nicolette roep hulp in om Hannah op te spoor.
Dinsdag 24 Maart 2026
Joe en Petro is nie op dieselfde bladsy oor die toekoms nie. Freek hoor van Hannah se oom At, en Tertius is op die oorlogspad oor die paramedici se ruskamer by Ongevalle.
Woensdag 25 Maart 2026
Tertius sukkel met ontstuimighede by die werk én by die huis. Naomi maak ’n bekentenis aan Ella, en Petro se kop begin om met haar te smokkel.
Donderdag 26 Maart 2026
Tracy erken dinge tussen haar en Tertius is moeiliker as wat sy verwag het dit gaan wees. At ontvang ’n ontstellende oproep, en die spanning tussen Joe en Petro vererger.
Vrydag 27 Maart 2026
Tracy probeer haar bes om haar huwelik te red. Naomi dink nie die manne hanteer die Hannah-situasie reg nie, en Annetjie blameer Elise vir Joe en Petro se probleme.
Maandag 30 Maart 2026
Elise is in sak en as oor haar loopbaan, die soektog na Hannah duur voort, en Tertius maak ’n fout in Ongevalle. Tracy beleef ’n terugflits na haar traumatiese ongeluk.
Dinsdag 31 Maart 2026
Terwyl Louis en Naomi nuwe hoop kry, is Freek besig met ander planne. Tertius oorweeg dit om Australië toe te gaan, en Annetjie gee vir Joe ’n geskenk vir Petro.
Nuwe episodes van Binnelanders word vanaf Maandag tot Vrydag om 19:30 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144) uitgesaai. Daar is ook elke aand ’n herhaling van die episode om 23:30, asook Dinsdag tot Vrydag om 08:30.
Episodes van die vorige seisoen van Binnelanders word vanaf Maandag tot Vrydag om 22:00 op kykNET&kie. (DStv-kanaal 145) uitgesaai, met herhalings van dié episode om 01:00 die volgende dag. Daar is ook ’n omnibus van die week se episodes op ’n Saterdag om 10:30.
Seisoene 8-14 van Binnelanders is op Showmax beskikbaar. Die huidige seisoen is nie beskikbaar op die plaaslike weergawe van dié diens nie.