Menu terloops
In Kykgidse [26 Feb 2026]

Jou ‘Skemergrond’-kykgids vir Maart 2026


JP maak ’n reuse-onthulling en Erica kom voor ’n moeilike keuse te staan. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Deur Redaksie

Kyk 'Skemergrond' op DStv Stream

Jou ‘Skemergrond’-kykgids vir Maart 2026

Hier is ’n voorsmakie van wat jy volgende in Skemergrond kan verwag.

Maandag 2 Maart 2026

Hazel en Junior se nuwe onderneming bring hoop. PJ se geheim dreig om die familie uitmekaar te skeur. Liefde, risiko en verraad bots in Gemoedsdrif.

Dinsdag 3 Maart 2026

Louis se lewe neem ’n groot wending waarvan hy nie eens bewus is nie. JP se wêreld dreig om in duie te sort wanneer PJ hom voor ’n ultimatum stel. Gloria is op die agtervoet.

Woensdag 4  Maart 2026

Junior gee vir JP advies oor PJ. Louis sorg dat hy in die Kaap uitkom en Christine is weer besig om te konkel. Gloria vrees dat die oorneem van Libby se stalletjie ’n finansiële risiko is.

Donderdag 5 Maart 2026

JP wil die betalings aan PJ wegsteek. Gloria sukkel met die druk van Libby se stalletjie. Louis is desperaat om Chelsea te beïndruk.

Maandag 9 Maart 2026

Louis is ’n senuweewrak wanneer dinge tussen hom en Chelsea verder ontwikkel. Hazel kry ’n blink plan wat beide Gloria en Everlasting kan help. Jasmine maak ’n skokontdekking.

Dinsdag 10 Maart 2026

Jasmine is tot in haar siel geskok oor JP se onthulling. Chelsea en Louis groei nader aan mekaar. Gloria het nuwe hoop as sy hoor die Louws wil haar nuwe stalletjie ondersteun.

Woensdag 11 Maart 2026

Jasmine besef sy is eintlik ontsteld met haar ouers. Erica probeer vis oor Louis se liefdeslewe. Hazel bied aan om ’n vennootskap te vorm tussen die Louws en Gloria.

Skemergrond
JP en Jasmine worstel met krake in hul verhouding ná sy groot onthulling. Foto’s: Skermgrepe

Donderdag 12 Maart 2026

Junior ontdek iets oor Chelsea se lewe wat hom skok. Lizelle duik op uit JP se verlede. Die Louw-familie wonder of hulle vir PJ moet betaal sodat hulle vry kan wees.

Maandag 16 Maart 2026

JP en Jasmine worstel met krake in hul verhouding. Lizelle se teenwoordigheid lei na vrae wat die Louws nie kan ignoreer nie. Louis sukkel met die groot besluit oor sy verhouding met Chelsea.

Dinsdag 17 Maart 2026

PJ keer met ’n slag terug na Everlasting. Lizelle deel iets weerloos met JP. Erica se traumatiese verlede steek weer kop uit en plaas vir Louis in ’n onmoontlike posisie.

Woensdag 18 Maart 2026

Erica verdedig haar posisie met betrekking tot Chelsea. Iemand is opsoek na PJ. Christine let JP en Lizelle se interaksie op.

Donderdag 19 Maart 2026

Gloria val vir Haylee se vals sjarme. Louis het ’n eerlike gesprek met Chelsea en dit verloop nie soos hy gehoop het nie. ’n Desperate PJ reik uit na JP.

Maandag 23 Maart 2026

Erica maak of als reg is, maar Patty maak onverwags haar oë oop. Christine en Haylee kom onverwags voor ’n groot struikelblok te staan. PJ en JP stamp ’n laaste keer koppe.

Dinsdag 24 Maart 2026 

Louis sê vir Erica dat hy en Chelsea uitgemaak het. Aunty Mish gee vir Chelsea belangrike insig oor haar optrede. JP en Jasmine se verhouding neem ’n nuwe wending.

Woensdag 25 Maart 2026

Louis jok steeds vir Erica oor sy verhouding. Haylee kry nog inligting oor Fabian van die blommeverkopers en Kevin. Ice kom terug na Ruan toe met inligting oor die sindikaat.

Donderdag 26 Maart 2026

Ice is terug in Gemoedsdrif. Christine wil meer oor Fabian uitvind. Louis en Chelsea groei al nader aan mekaar. Hazel wil iets belangrik met Erica deel.

Maandag 30 Maart 2026

Terwyl Ruan, Erica en Lily sukkel om tussen plig en hart te kies, bring Ice se moontlike vrylating ou wonde na vore. Louis se geheime liefde raak al moeiliker om weg te steek.

Dinsdag 31 Maart 2026

Erica konfronteer Ice en gee hom ’n waarskuwing. Chelsea gee Louis nuwe insig oor Erica. Gloria raak al hoe meer agterdogtig oor Sharon. Manny maak die lewe moeilik vir Ice.


Skemergrond saai weeksdae uit om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream. Dit is ook ná uitsending op DStv Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
13

Wat om te kyk dié Vrouemaand: 13 reekse en rolprente waarin vroue die storie dryf

Wat om te kyk: Vir Vrouemaand het ons ’n kyklys saamgestel van reekse en rolprente waarin kragtige aktrises aan onvergeetlike vroue-karakters lewe gee.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in Augustus misloop nie

Van 'Gesels' en Michael Fassbender se 'The Agency' tot 'Ted Lasso' en 'Reacher' se vierde seisoene – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer
12

Wat om te kyk: 12 Afrikaanse reekse om nou te stroom

Van die rillerreeks ‘Donkerbos’ en 'Ontwaak' tot die bekroonde 'Koek' en 'Wyfie' – hier is ons keur van die beste Afrikaanse stories om nou op DStv Stream te kyk.

Meer
Sien alle opsies