Menu terloops
In Wat om te kyk [28 Aug 2024]

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2024


Lily se nuus ontstel die hele familie en Jasmine se gesondheid kom onder die loep. Dít en nog meer is waarna ‘Skemergrond’-kykers in September kan uitsien. Hier is ons handige kykgids.

Stroom aanlyn

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2024

Hier is ’n voorsmakie van wat jy hierdie maand in Skemergrond kan verwag.

Maandag, 2 September 

Jasmine belowe ’n ongelukkige Amber dat sy met Erica oor Louis sal praat. Christine kondig aan dat sy die maatskappy gaan herstruktureer. Gloria is verbaas oor Fabian se nuwe houding.

Dinsdag, 3 September

Lily deel slegte nuus met Amber en dit ontstel die hele familie. Die liefde blom tussen Ruan en Patty. Gloria wil niks weet van Kevin totdat sy hoor wat Fabian en Warren gedoen het nie. 

Woensdag, 4 September

JP probeer Lily oortuig om haar keuse te heroorweeg. Christine beëndig haar verhouding met Tyler. Kevin en Gloria maak vrede. Brandon se familie word gedreig.

Donderdag, 5 September

Louis maak ’n skokkende ontdekking oor Amber. Fabian sukkel met sy nuwe realiteit. Sylvia en Brandon moet dringend uit Kaapstad ontsnap.

Maandag, 9 September 

Ragel stuur vir Ruan op ’n ondersoek. Jasmine moedig Tillie aan om haar stem dik te maak. Amber besef sy kan in groot moeilikheid kom. ’n Nuwe gesin daag in Gemoedsdrif op.

Dinsdag, 10 September

Erica konfronteer vir Louis oor die gesteelde items. Gloria ontmoet vir Beeno. Die spanning loop hoog tussen Brandon en Sylvia. Willem is eerlik oor hoekom hy nie vir Dirk kan verdra nie.

Woensdag, 11 September

JP sit sy voet neer oor Lily en Amber. Sylvia dring aan om te weet wat Brandon se plan is. Beeno flankeer steeds met Gloria. Warren bied vir Fabian werk aan.  

Donderdag, 12 September

Lily deel goeie nuus met die Louws. Tillie berei vir Dirk ’n versorgingspakkie voor en dit ontstel Willem. Amber probeer Louis oortuig dat hulle mekaar nog in die geheim kan sien.

Maandag, 16 September 

Lily maak teenoor JP oop. Fabian is onseker of hy die dwelms moet verkoop. Shakiel deel goeie nuus met Brandon en Sylvia. Patty is oorheug van vreugde oor Lily se nuus. 

Dinsdag, 17 September

Brandon is seergemaak dat sy pa niks met hom te doen wil hê nie. Beeno maak ’n skokkende voorstel aan Gloria. En is Jasmine besig om swakker te word?

Woensdag, 18 September

Ronnie is bekommerd oor Jasmine ná ’n klein ongeluk. Sonja gee vir Christine meer inligting oor Everlasting. Manny gee vir Kevin goeie nuus. Beeno dreig Gloria, maar gaan sy ingee? 

Donderdag, 19 September

Beeno begin ’n plan beraam om van Kevin otslae te raak. Jasmine sukkel al hoe meer met haar hand. Die Cloete’s trek eindelik in hul nuwe huis in. 

Maandag, 23 September 

Ruan is reg vir die volgende stap in sy verhouding met Patty. Hazel dring aan om te weet wat met Jasmine aangaan. Gloria is rasend van bekommernis. 

Dinsdag, 24 September

Ruan probeer Patty se ouers opspoor. Beeno gee vir Gloria ’n nuwe aanbod wat haar laat regop sit. Christine probeer meer inligting oor die Louws uit Manny kry. 

Woensdag, 25 September

Die Louws sukkel om Jasmine se diagnose te verwerk. Gloria vrees vir haar, Fabian en Kevin se veiligheid. Ruan wonder of Patty iets vir hom wegsteek.

Donderdag, 26 September

Die familie probeer Jasmine oortuig om met die operasie voort te gaan. Ruan konfronteer Patty oor haar verlede. Brandon en Sylvia voel moedeloos, maar Manny het ’n idee.

Maandag, 30 September 

Patty is ontsteld ná haar bakleiery met Ruan. Dominee het ’n briljante idee vir die Cloete’s se danskonsert. Sonja probeer uitreik na Christine. Gloria gee vir Beeno ’n finale antwoord. 


Skemergrond saai weeksdae uit om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream. Dit is ook ná uitsending op DStv Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

As jy hou van kosprogramme
0

Afrikaans kook groot! 10+ Afrikaanse kosprogramme om op DStv en Showmax te kyk

Ons is maar net mense, ons dink met ons pense... En daar is wraggies baie kosprogramme – in Afrikaans – waarin lipafleklekker geregte opgedis word.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Maart 2025

Japie slaan sy kloue in Sunette in, maar dan kry sy nuus oor haar gesondheid wat haar hele wêreld omdolwe. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir Maart 2025

Wat om te kyk: Die meesleurende Jaco Bouwer-drama, 'Niggies', Pretoria se Afrikaanse spin op 'The Mommy Club', Showmax se Afrikaanse tennisdrama, 'Breekpunt', en Seth Rogen se nuwe komediereeks – dié stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Oscars 2025: Wie het gewen én waar jy wenners kan kyk

Zoë Saldaña met ’n verstommende vertolking in die veelbesproke ‘Emilia Pérez’, Adrien Brody met sy indringende spel in ‘The Brutalist’, en Kieran Culkin in ’n loopbaanbeste rol waarvoor hy amper-amper nee gesê het – hier is vanjaar se Oscarwenners én waar jy dié bekroonde rolprente kan stroom. 

Meer
Sien alle opsies