Menu terloops

Silverton Siege

Op Netflix [Gepubliseer op 27 Apr 2022]


Netflix vervaardig nou meer plaaslike inhoud – soos ‘Silverton Siege’. Dié fliek is ’n fiktiewe hervertelling van die werklike gyselaarsdrama wat in 1980 in Pretoria afgespeel het.

Silverton Siege
Kyk lokprent

In Silverton Siege, loop ’n trio anti-apartheid-vryheidsvegters se sabotasie-sending lelik skeef. Hulle soek skuiling binne ’n bank, maar dit loop op ’n gewelddadige gyselaarsdrama uit, met die groep wat Nelson Mandela se vrylating eis.

Die fliek is op die ware verhaal van die trio, Wilfred Mandela, Humphrey Makhhubu, and Stephen Mafoko, gegrond. In die fliek word dié trio egter twee mans en een vrou, en hul name is verander na Calvin (Thabo Rametsi), Aldo (Stefan Erasmus) and Terra (Noxolo Dlamini).

Stereotipies van dié genre, word twee soorte polisiemanne tydens die apartheidsjare teen mekaar gekontrasteer. Arnold Vosloo is in die rol van ’n “goeie” wit polisieman wat die vryheidvegters se oortuigings respekteer met ’n “slegte” wit polisieman (Justin Strydom) wat sy besluite teenstaan.

Ook met Sarah Kozlowski en Tumisho Masha, in die rolverdeling. 

Vanaf 27 April op Netflix.

Kyk ook:

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies