Menu terloops

Silverton Siege

Op Netflix [Gepubliseer op 27 Apr 2022]


Netflix vervaardig nou meer plaaslike inhoud – soos ‘Silverton Siege’. Dié fliek is ’n fiktiewe hervertelling van die werklike gyselaarsdrama wat in 1980 in Pretoria afgespeel het.

Silverton Siege
Kyk lokprent

In Silverton Siege, loop ’n trio anti-apartheid-vryheidsvegters se sabotasie-sending lelik skeef. Hulle soek skuiling binne ’n bank, maar dit loop op ’n gewelddadige gyselaarsdrama uit, met die groep wat Nelson Mandela se vrylating eis.

Die fliek is op die ware verhaal van die trio, Wilfred Mandela, Humphrey Makhhubu, and Stephen Mafoko, gegrond. In die fliek word dié trio egter twee mans en een vrou, en hul name is verander na Calvin (Thabo Rametsi), Aldo (Stefan Erasmus) and Terra (Noxolo Dlamini).

Stereotipies van dié genre, word twee soorte polisiemanne tydens die apartheidsjare teen mekaar gekontrasteer. Arnold Vosloo is in die rol van ’n “goeie” wit polisieman wat die vryheidvegters se oortuigings respekteer met ’n “slegte” wit polisieman (Justin Strydom) wat sy besluite teenstaan.

Ook met Sarah Kozlowski en Tumisho Masha, in die rolverdeling. 

Vanaf 27 April op Netflix.

Kyk ook:

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies