Menu terloops
In How-to's [15 Jan 2024]

Showmax 2.0: Meer vir minder


Showmax trek ’n nuwe, blinker, baadjie aan met die stromingsdiens se nuwe app – en nuwe lidmaatskapopsies vir kykers – wat vanaf 23 Januarie 2024 beskikbaar sal wees. Hier is wat jy moet weet.

Showmax 2.0: Meer vir minder

Die “nuwe” Showmax spog met ’n nuwe look en feel, ’n nuwe app, asook ’n vergrote aanbod teen ’n laer prys as vantevore. Dít kom sowat tien maande ná ’n vennootskap tussen Showmax en Comcast se NBCUniversal en Sky.

Showmax sal dus voorts gebruik maak van Comcast se Peacock-stromingsplatform. Met onder meer Telemundo, Focus Features, DreamWorks Animation, NBC en Peacock onder die Comcast-sambreel, het Showmax ook toegang tot van die beste inhoud op die mark. Dié lineup sluit in Fast X, Wes Anderson se komediedrama Asteroid City; NBC se reeks The Irrational en die Peacock-komediereeks Killing It met Craig Robinson. 

Ook te siene op dié platform vanjaar is die nuwe seisoene van die HBO-reekse House of the Dragon, The Last of Us, en The White Lotus. 

Kies een van dié opsies

Intekenare sal uit verskeie planne kan kies:

  • Showmax Entertainment teen R89 per maand. Dit sluit álle inhoud in, laat twee gelyktydige stromings toe en is in hoë definisie beskikbaar. 
  • Showmax Entertainment Mobile teen R39 per maand. Dié opsie is vir mobiele gebruik in standaarddefinisie. 
  • Showmax Premier League teen R69 is ook net vir mobile gebruik in standaarddefinisie.
  • Gemengde pakkette vanaf R99 per maand (byvoorbeeld Showmax Entertainment Mobile + Showmax Premier League)
    Showmax 2.0
    Showmax 2.0
    Showmax 2.0

    Showmax Premier League is die eerste selfstandige stromingsdiens wat die Engelse Premierliga aanbied met al 380 wedstryde wat regstreeks uitgesaai sal word. 

    Luidens ’n mediaverklaring maak bekostigbaarheid ’n allerbelangrike deel van Showmax se sakeplan uit om dan uiteindelik die top-stroomplatform in Afrika te word. Omdat die koste van data een van gebruikers se grootste kommernisse is, is daar glo ook planne in die pyplyn om spesiale pryse en pakkette vir gebruikers te beding. 

    Die nuwe app is vanaf 23 Januarie 2024 beskikbaar met huidige gebruikers wat stelselmatig na die nuwe platform oorgeskuif sal word. Na verwagting sal die nuwe Showmax teen 12 Februarie 2024 ten volle uitgerol wees. 

    Wat, waar en wanneer?

    Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

    Sien ook Meer

    Jy sal hou van:

    Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

    VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

    Meer

    Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

    Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

    Meer
    6

    ‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

    Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

    Meer

    Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

    Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

    Meer
    Sien alle opsies