Menu terloops

The White Lotus S1-2

Op DStv en Showmax [Gepubliseer op 4 Mei 2023]


‘The White Lotus’ is gewild onder kritici én kykers met sommige wat meen dit verdien vermelding as een van die beste reekse op TV. Kyk dit op DStv of Showmax.

Kyk nou

The White Lotus S1-2
Kyk lokprent

In die volgende hoofstuk van The White Lotus word Hawaii vir Italië verruil. Daar is ook ’n nuwe groep vakansiegangers wat na ’n vakansieoord in Sicilië reis. 

Albei seisoene is reeds op Showmax beskikbaar, maar vanaf 4 Mei 2023 kan DStv-kykers ook dié fenomenale reeks beleef (en glo ons, dit is beslis ’n belewenis!) 

The White Lotus se eerste seisoen het die meeste pryse by die 2022-Emmy’s opgeraap – tien beeldjies in totaal. Onder dié pryse was ook een vir Jennifer Coolidge as beste byspeler in die rol van Tanya. Tanya is dan ook die enigste karakter van die eerste seisoen wat ons in die tweede seisoen sien. 

Die nuwe rolverdeling sluit onder andere vir Aubrey Plaza (Parks and Recreation) en The Bold Type se Meghann Fahy in.


Weeklikse episodes vanaf Donderdag, 4 Mei 2023, op ME (DStv-kanaal 115 en op DStv Online) om 22:15. Andersyds, stroom albei seisoene op Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies