Menu terloops

The White Lotus S1-2

Op DStv en Showmax [Gepubliseer op 4 Mei 2023]


‘The White Lotus’ is gewild onder kritici én kykers met sommige wat meen dit verdien vermelding as een van die beste reekse op TV. Kyk dit op DStv of Showmax.

Kyk nou

The White Lotus S1-2
Kyk lokprent

In die volgende hoofstuk van The White Lotus word Hawaii vir Italië verruil. Daar is ook ’n nuwe groep vakansiegangers wat na ’n vakansieoord in Sicilië reis. 

Albei seisoene is reeds op Showmax beskikbaar, maar vanaf 4 Mei 2023 kan DStv-kykers ook dié fenomenale reeks beleef (en glo ons, dit is beslis ’n belewenis!) 

The White Lotus se eerste seisoen het die meeste pryse by die 2022-Emmy’s opgeraap – tien beeldjies in totaal. Onder dié pryse was ook een vir Jennifer Coolidge as beste byspeler in die rol van Tanya. Tanya is dan ook die enigste karakter van die eerste seisoen wat ons in die tweede seisoen sien. 

Die nuwe rolverdeling sluit onder andere vir Aubrey Plaza (Parks and Recreation) en The Bold Type se Meghann Fahy in.


Weeklikse episodes vanaf Donderdag, 4 Mei 2023, op ME (DStv-kanaal 115 en op DStv Online) om 22:15. Andersyds, stroom albei seisoene op Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
13

Wat om te kyk dié Vrouemaand: 13 reekse en rolprente waarin vroue die storie dryf

Wat om te kyk: Vir Vrouemaand het ons ’n kyklys saamgestel van reekse en rolprente waarin kragtige aktrises aan onvergeetlike vroue-karakters lewe gee.

Meer
Sien alle opsies