Menu terloops

House of the Dragon

Op DStv [Gepubliseer op 22 Aug 2022]


Die TV-wêreld is vuur en vlam oor HBO se ‘House of the Dragon’ wat uit die gewilde ‘Game of Thrones’ gespruit het. Kyk dit op DStv.

Kyk nou

House of the Dragon
Kyk lokprent

House of the Dragon, gegrond op die skrywer George R.R. Martin se Fire & Blood, speel sowat 200 jaar voor die gebeure van Game of Thrones af. Dit draai om geskiedenis en bewind van Huis Targaryen en die magsbeheptheid wat dié ryk uiteindelik tot ’n val gebring het. Die rolverdeling sluit onder andere vir Olivia Cooke, Emma D’Arcy, Paddy Considine, Matt Smith en Rhys Ifans in.

Hoewel dit nie regtig nodig is om reeds met die wêrelde van Westeros en drake bekend te wees om House of the Dragon te volg nie, sal jou kykervaring wél ryker wees as jy jou eers in al agt seisoene van Game of Thrones verdiep. Jy kan dit op Showmax kyk, not to worry!

Lees ook ons uiteensetting van die sleutelkarakters van die reeks sodat jy kop by draakstert kan hou… Daar is wraggies baie karakters á la Game of Thrones.

Weeklikse episodes vanaf Maandag, 22 Augustus om 03:00 (Express from the US-uitsending) met ’n herhaling om 21:30. Ook op DStv Online en Catch Up.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

As jy hou van kosprogramme
0

Afrikaans kook groot! 10+ Afrikaanse kosprogramme om op DStv en Showmax te kyk

Ons is maar net mense, ons dink met ons pense... En daar is wraggies baie kosprogramme – in Afrikaans – waarin lipafleklekker geregte opgedis word.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Maart 2025

Japie slaan sy kloue in Sunette in, maar dan kry sy nuus oor haar gesondheid wat haar hele wêreld omdolwe. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir Maart 2025

Wat om te kyk: Die meesleurende Jaco Bouwer-drama, 'Niggies', Pretoria se Afrikaanse spin op 'The Mommy Club', Showmax se Afrikaanse tennisdrama, 'Breekpunt', en Seth Rogen se nuwe komediereeks – dié stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Oscars 2025: Wie het gewen én waar jy wenners kan kyk

Zoë Saldaña met ’n verstommende vertolking in die veelbesproke ‘Emilia Pérez’, Adrien Brody met sy indringende spel in ‘The Brutalist’, en Kieran Culkin in ’n loopbaanbeste rol waarvoor hy amper-amper nee gesê het – hier is vanjaar se Oscarwenners én waar jy dié bekroonde rolprente kan stroom. 

Meer
Sien alle opsies