Menu terloops
In Sepies [7 Apr 2024]

Sepievoorskou: Verwerping, vonke en verlore kanse


Terwyl daar vir die een se lippe gekoes word, is daar ook ou vonke wat wil-wil begin spat… Lees ons sepievoorskou van wat jy hierdie week (8 tot 12 April 2024) op ‘Suidooster’, ‘Binnelanders’ en ‘Diepe Waters’ kan verwag.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepievoorskou: Verwerping, vonke en verlore kanse

Ouch! Baie van ons het al die verleentheid ervaar van daardie hartverskeurende oomblik wanneer jy ingaan vir ’n soen en die ander persoon reject jou. Dit voel al klaar in daardie oomblik asof die aarde jou kan insluk, maar dan is dit gewoonlik ten minste ’n vreemdeling… wat jou gekneusde ego darem ’n bietjie help. Maar as dit jou eie vrou is, soos in arme Louis (Germandt Geldenhuys) se geval in Binnelanders, dan weet ek nie. Sjoe, ek het sy verwerping en vernedering sommer deur my televisieskerm gevoel. Ek het vir kykers gewaarsku dat iets Louis tot die einde van sy draad sou dryf, maar ek is seker julle het nie hierdie een verwag nie. Nee kyk, as daar selfs ’n stukkie van Naomi (Je-ani Swiegelaar) se nuwe hart was wat vir Louis wou hê, is haar kans nou finaal verby. 

Ek sien nie hoe Louis oor hierdie gaan kom nie en ek blameer hom nie, want so kan jy nie aanhou hoop en bid vir jou vrou om weer op jou verlief te raak nie. Die man het mos nou genoeg jammer gesê. Hou op hard to get speel, wees dankbaar en gebruik jou tweede kans Naomi! 

Toe Ty (Maurice Paige) se finale video verlede week in Suidooster speel, kon ek nie die trane keer nie. Ek het lanklaas so voor die televisie gesit en huil. Nee kyk, dit was briljant geskryf. Lee-Ann (Portia Joel) het ook die hele week gelyk asof sy van haar kop af raak.

Intussen is dit amper fluit-fluit-tyd vir Queen B en die res van die Octobers.

Hopelik gaan die skille uiteindelik van Ben (Eric Bouwer) se oë af val, noudat Mari (Diandra Slabbert) amper Sanet (Nadia Valvekens) se dood veroorsaak het. 

Diepe Waters 

Ek het van die begin af geweet dié kind is boos of haar pa nou ’n dominee is of nie… Mari kort dringend help! Sanet en die res van die Swarts-familie is steeds in skok ná haar voorval met Mari. Sekerlik sal sy nou besef dat geen man die moeite werd is wanneer hy met sulke gevaarlike baggage kom nie. Ben weet nie meer watter kant toe nie, maar moet hierdie week die moeilike besluit tussen sy dogter en Sanet maak. Wie gaan hy glo en wie gaan hy kies? 

Charity (Dané de Waal) en Arno (Jean Henry) sukkel nog met die hartseer van hul pa se sterfte en nou staar Arno ’n dubbele verlies in die oë. Moes hy maar na Charity geluister het? Of gaan sy ma ’n beter ouer vir hom wees? 

’n Bekende huisvrou daag by die swembad op om die meisies ’n makeover te gee en haar gewilde sêgoed sorg vir vet pret. Maar ek weet nie hoe swemmers met naels so lank soos Kylie Jenner se uitgawelys kan swem nie? 

Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Dit is ook op Catch Up beskikbaar.

Binnelanders   

Louis begin aanvaar dat sy huwelik verby is, maar iets gebeur wat hom laat uitreik na Naomi. 

Noudat Delia (Odelle de Wet) weet dat Dawid (Deon Lotz) nie so onskuldig is soos wat hy voorgee nie, soek sy die bewyse wat hom finaal gaan kan vastrek, maar sy word in die rug gesteek en dit bewys weereens dat bloed dikker as water is. Al is jou pa ’n skelm. 

En wat van Gaby (Maude Sandham) se kursus? 

Binnelanders saai op weeksdae om 19:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook op DStv Stream) uit. Episodes is ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar.

Suidooster 

Die Samsodiens hou lekker lebarang in Doha, terwyl ou gevoelens tussen Bianca (Simone Biscombe) en Siya (Gantane Kusch) moontlik weer vlam vat. Of is die spark nou eintlik tussen Danni (Vashti Prins) en Aiden (Theodore Jantjies)? 

Bridgette (Denise Newman) en Zoë (Lauren Joseph) se verhouding bereik breekpunt en nou soek Zoë alles! Maar sal Bridgette haar huis en besigheid oorgee? 

Kyk Suidooster weeksdae om 18:00 op DStv-kanaal 144 (ook aanlyn op DStv Stream) of ná uitsending op Catch Up

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-kykgids vir April 2025

Aline weier om met Antônio te onderhandel terwyl al wat ’n man is oënskynlik ook op haar verlief is... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in April. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies