Menu terloops
In Sepies [2 Jun 2024]

Sepievoorskou: Verrassende wendings en moeilike misverstande


Is dit te laat vir Wim? En daar’s ’n verrassende wending vir Tracy en Tertius… Hier is waarna kykers hierdie week (3 – 7 Junie 2024) op ‘Suidooster’, ‘Diepe Waters’, en ‘Binnelanders’ kan uitsien.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepievoorskou: Verrassende wendings en moeilike misverstande

Danksy Beatrice (Jolene Martin) se hardkoppigheid in Arendsvlei het sy amper nes Steve met ’n koeël in die kop gesterf. Ek kan nie wag vir die dag wanneer Rachel (Kim Syster) uitvind dat haar Ben Ten en sy jaloesie teenoor ’n tiener actually verantwoordelik is vir haar seun se dood nie. Ja, sy was reg, Adam (Clint Aplon) se moordenaar was Donderdagaand saam met haar in die vertrek, maar dit is beslis nie Beaty nie. 

Ai, die liefde kan ’n mens darem blind maak. En Rachel gaan nie daarvan hou dat sy voor Beatrice vir die gek gehou is nie. Bompie beter elke aand sy gebede sê, want as Rachel uitvind, kan hy maar sy dae begin tel. 

Ek hoop Beatrice het nou haar les geleer en dat sy van haar saviour complex sal vergeet. Mense soos Rachel verdien nie jou simpatie nie en sal nie twee keer dink voordat hulle jou ook vrek maak nie. Let it go, Beaty

Diepe Waters

Intussen word die De Wet-huishouding in Diepe Waters heeltemal omgedol. Hoe creepy was dit nie toe die siek Damian (Luan Jacobs) vir Nina (Reze-Tiana Wessels) in haar slaap dophou en die nota op haar kussing los nie? Ek sou onmiddellik vir my ’n hotelkamer bespreek het, want daar is geen manier dat ek weer in daardie huis sou slaap nie. 

Gelukkig kon Rose (Eloise Cupido) uiteindelik twee en twee bymekaar sit, maar is dit te laat vir Wim (Neels van Jaarsveld)? Noudat Damian hom ontvoer het, weet ’n mens nie tot wat hy in staat is nie. 

Ongelukkig weet dominee Ben (Eric Bouwer) presies hoe ver Sanet (Nadia Valvekens) sal gaan om hul kerk te beskerm. En dit is nie iets wat hom opgewonde maak nie. Lyk my Sanet is ’n bietjie te vurig vir dié konserwatiewe dominee. Maar gelukkig pla dit nie vir ’n sterk vrou soos Sanet nie. Inteendeel – sy is gereed vir hierdie oorlog. Dít is meer as wat haar eksman Rossouw (Altus Theart) kan sê as dit by sy familie-gevegte kom. Pam (Tracey-Lee Oliver) hou haar verniet so katjie van die baan, Rossouw gaan haar nog vinnig terug aarde toe bring.  

Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Dit is ook op Catch Up beskikbaar.

Suidooster 

Ek het nog nooit gehoor mens gaan vir borsinplantings en word sonder jou smaak en reuk wakker nie. Maar dit het nou met (Kaashifa (Jawaahier Petersen) gebeur en ongelukkig plaas dit haar en Rhafiek (Irshaad Ally) se verhouding van vooraf in gevaar. Gaan Kaashifa haar restaurant bo haar huwelik kies? Of is hul verhouding sterk genoeg om hierdie storm te oorleef?

So gepraat van verhoudings, dinge raak al vuriger tussen Bianca (Simone Biscombe) en Riaan (Daniel Coetzee), maar misverstande kan groot moeilikheid veroorsaak! 

Carlo (Jadon Booysen) en Lee-Ann (Portia Joel) begin uiteindelik hul voete vind, maar ’n onverwagte oproep verander alles. 

Kyk Suidooster weeksdae om 18:00 op DStv-kanaal 144 (ook aanlyn op DStv Stream) of ná uitsending op Catch Up.

Binnelanders 

Waar daar ’n rokie trek, is daar gewoonlik ’n vuur… Dít is presies hoe Ciska (Deoudoné van der Merwe) oor Brenda (Elisabeth Nisbet) voel. 

Die nuwe seisoen (seisoen 14) skop hierdie week met ’n bang af. Iets maak nie heeltemal sin rondom Brenda se moederlike instink nie, maar almal betrokke is nie op dieselfde bladsy nie. Is Ciska verkeerd? Of wil Steve (Clint Brink) en Nicolette (Kate Roothman) net nie die gevaartekens raak sien nie?

Tertius (Reynardt Hugo) is al weer die laaste een om te hoor van Tracy (Melinda Viljoen) se nuutste verwikkelinge en blyplek, maar in ’n verrassende wending het dit toe vir hulle die antwoorde gegee waarna hulle al so lank soek. 

Ná al die hartseer, kry Naomi (Je-ani Swiegelaar) en Louis (Germandt Geldenhuys) hul reënboog. 

Karen (Luandri Reynders) hou haarself besig om van haar skuld en trauma te vergeet, maar slim vang altyd sy baas. 

Binnelanders saai op weeksdae om 19:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook op DStv Stream) uit. Episodes is ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Vonke spat tydens semifinaal… en kelder toe dié twee braaiers

’n Fynproewersdis, ’n lang resep en kreatiewe verskille het daartoe gelei dat twee van kykers se gunsteling-deelnemers op 'Kokkedoor Vuur & Vlam' hul voorskote moes ophang.

Meer

‘Adolescence’ is noodsaaklike kykstof om samelewing aan skouers te skud

Die Britse reeks 'Adolescence', oor ’n dertienjarige seun wat ’n klasmaat doodsteek, behoort verpligte kykstof vir ouers en kinders en by skole te wees. Dit is ’n wekroep vir ’n samelewing wat besig is om kinders in die steek te laat.

Meer

The Handmaid’s Tale S1-6

Op Showmax

Blessed be! Seisoen vyf tel op nadat June wraak teen haar ontvoerder, teisteraar en verkragter, bevelvoerder Fred Waterford, geneem en hom met haar kaal hande uitmekaar geskeur het.
Meer

The Last of Us S1-2

Op Showmax

Die tweede seisoen van ‘The Last of Us’ begin vyf jaar ná Joel (Pedro Pascal) se onlosmaaklike leuen aan Ellie (Bella Ramsey).
Meer

Jy sal hou van:

21

21+ Afrikaanse flieks wat jy nou aanlyn kan kyk

Op soek na jou volgende gunsteling-fliek? Hier is van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax – van 'Hans steek die Rubicon oor' tot 'Eksie Perfeksie'.

Meer
26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
Sien alle opsies