Menu terloops
In Sepies [5 Nov 2023]

Sepievoorskou: ‘Liefde’ maak seer in ‘Diepe Waters’, ‘Suidooster’ en ‘Binnelanders’


Ongelukke, verraad en (meer) leuens wag hierdie week op ons gunsteling-karakters in sepieland. Soos met enige sappige storielyn is dit juis die mense naaste aan ons karakters wat hulle die seerste maak. Daar is ook ’n paar senutergende verrassings. Hier is waarna jy hierdie week (6 tot 10 November 2023) op ‘Binnelanders’, ‘Diepe Waters’ en ‘Suidooster’ kan uitsien.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepievoorskou: ‘Liefde’ maak seer in ‘Diepe Waters’, ‘Suidooster’ en ‘Binnelanders’

Ons het die inside scoop oor die grootste storielyne wat hierdie week in  Diepe Waters, Binnelanders en Suidooster gaan uitspeel. Dié sepievoorskou het geen spoilers nie!

Diepe Waters 

Jacques (Werner Coetser) probeer hard om die stukkie van sy gebroke hart op te tel nadat hy die liefde van sy liewe en hul baba verloor het. Maar met skelms soos  Zelda (Sandi Schultz) en Gys (Justin Strydom) in jou binnekring is dit bitter moeilik om in vrede te rou. Vir dié twee is daar mos eintlik net twee dinge in die lewe wat belangrik is: mag en geld. Die res van die mense en verhoudings in hul lewens is collateral damage.  

Sanet (Nadia Valvekens) verruil een vorm van verslawing vir ’n ander en ongelukkig is dit weer Karla (Daniélle Swanepoel) wat onder haar ma se selfsugtige optrede gebuk gaan. Meer as een persoon probeer vir Sanet waarsku, maar sy is hardkoppig en doen iets onverantwoordelik wat erge gevolge vir haar kan inhou. 

Pam (Tracey-Lee Olivier) se geduld word hierdie week erg beproef. Asof sy nie al deur genoeg is nie, gebeur iets anders wat haar lewe nog meer in gevaar stel. 

Johan (Liam Bosman) en Charity (Dané de Waal) besef dat hulle gevoelens vir mekaar het, maar nie alle gevoelens lei tot ’n verhouding nie.   

Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Dit is ook op Catch Up beskikbaar. 

Binnelanders  

Tracy (Melinda Brink) is bekommerd oor haar baba en met Tertius (Reynardt Hugo) wat weg is, moet sy self ’n paar moeilike besluite maak. 

Conrad (Hykie Berg) is ook bekommerd oor Tracy, maar is salig onbewus van die dinge wat haar snags wakker hou. Intussen probeer hy nou vir Steve (Clint Brink) oortuig dat Dawid (Deon Lotz) dalk Binneland se oplossing is. Maar iets sê vir Steve dat hy nie ’n wolf in skaapklere moet vertrou nie. En hy is reg!

Die gange gons ook met gerugte dat Karen (Luandri Reynders) dalk Dawid se volgende jong bokkie gaan wees, maar sy het ander dinge op haar brein soos die oulike Amerikaner wat in haar slaai krap. 

Binnelanders saai op weeksdae om 19:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook op DStv Stream) uit. Episodes is ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar.

Suidooster

Gary (Craig Adriaanse) se gat raak al dieper, terwyl Nazeem (Irvine van der Merwe) nou behoorlik met sy kop smokkel. Gary mag dalk ’n guru in sy veld wees, maar hy het geen idee waarvoor hy homself inlaat nie. Nazeem het altyd ’n plan wat hy met ander deel en die regte plan wat hy vir homself hou.   

Lee-Ann (Portia Joel) en Ty (Maurice Paige) se huwelik word beproef en liefde het ook sy perke. 

Rhafiek (Irshaad Ally) en ’n paar van Ruiterbosch se inwoners pak ’n groot avontuur aan, maar dinge werk nie altyd uit soos wat jy hoop nie… En dan kan dit gevaarlik wees. 

Kyk Suidooster weeksdae om 18:00 op DStv-kanaal 144 (ook aanlyn op DStv Stream) of ná uitsending op Catch Up.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Mei 2025

Rachelle woeker met haar slinkse planne om Shani te verneder en die matriekafskeid kom al nader. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

‘Diepe Waters’: Dís die storielyne om in Mei dop te hou

Mei bring nie net nuwe wendings nie, maar ook selfontdekking, groei en opwindende moontlikhede in 'Diepe Waters'.

Meer

Redakteurskeuse vir Mei 2025: ‘Bridget Jones 4’, ‘Die brug S2’, ‘Die nuusmakers’ en meer

Wat om te kyk: 'Die nuusmakers', ’n nuwe Afrikaanse drama wat persoonlike en professionele drama in die nuuskantoor in oënskou bring; die gewilde avontuur-realiteitsreeks 'Die brug' se tweede uittog; Tina Fey in 'The Four Seasons', ’n reeks wat raakvat soos min; en Bridget Jones se vierde fliekavontuur – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Mei 2025

Aline se landerye vat vlam terwyl sy nog sukkel om die plaas se skuld te delg. En dan word sy boonop amper vergiftig! Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Mei. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies