Kry maar die tissues reg, want die trane gaan hierdie week rol. Ons bring vir kykers die inside scoop oor hierdie week grootste sepiestorielyne. Hier is ’n voorskou van wat jy hierdie week (12 tot 16 Februarie 2024) op Suidooster, Arendsvlei en Binnelanders kan sien uitspeel.
Arendsvlei
Asof die gemeenskap van Arendsvlei nie genoeg tragedies en trauma ervaar het nie, tref nog ’n skok skietgeveg die Vlei hierdie week.
Hierdie keer is dit ’n steunpilaar van die gemeenskap wie se lewe aan ’n draadjie hang.
Geheime is nooit ’n goeie idee nie en hierdie keer het die geheim ’n duur prys.
Lionel (Jody Abrahams) kan nie meer die nuwe Janice (Crystal-Donna Roberts) hanteer nie en is amptelik op breekpunt.
Langes (Bobby Stuurman) moet sy woede konfronteer, maar sukkel en maak besluite wat sy toekoms op meer as een manier gaan verander.
Ten minste is alles nie verlore nie en bewys Beatrice (Jolene Martin) dat mense wel ten goede kan verander. Sy en haar stiefdogter vier ’n spesiale verjaarsdag en beweeg al hoe nader mekaar, al was hulle op ’n tyd groot vyande.
Arendsvlei is elke Maandag tot Donderdag op kykNET & kie (DStv-kanaal 145, ook op DStv Stream) om 19:30 te sien. Dit is ook op Catch Up beskikbaar.
Suidooster
Nazeem (Irvine van der Merwe) sukkel om kop bo water te hou en sien al hoe die oranje overalls vir hom loer. Noudat Laylla (Kay Smith) oorlede is, val Nazeem se lewe uitmekaar. Hy weet nie hoe om uit hierdie gemors te kom nie. Al die Samsodiens het hom onterf en hy het slegs een persoon aan sy kant.
Mymoena (Jill Levenberg) bevind haarself in ’n snaakse posisie en weet nie of sy gereed is vir ’n verhouding ná AB nie, maar dit lyk asof ’n ander dame in Ruiterbosch haar oë op Mymoena se nuwe vriend het.
Zoë (Lauren Joseph) voel skuldig oor hoe ding tussen Nazeem en Laylla geëindig het en wil graag vir Nazeem help. Maar is dit net ’n goeie gebaar of het sy dalk hoop dat hulle weer ’n paartjie sal kan wees, noudat Laylla uit die prentjie uit is?
Siya (Gantane Kusch) en Danni (Vashti Prins) kry nog hartbrekende nuus hierdie week en hul drome om ouers te wees beweeg al hoe verder weg. Danni gaan van ongelooflike blydskap tot ’n diep depressie en Siya besef nie donker gat waarin Danni haarself tans bevind nie.
Kyk Suidooster weeksdae om 18:00 op DStv-kanaal 144 (ook aanlyn op DStv Stream) of ná uitsending op Catch Up.
Binnelanders
Naomi (Je-ani Swiegelaar) vuur hierdie week ’n spesiale dag, maar het min waaroor sy tans dankbaar voel. Sy wonder selfs of sy ooit weer dieselfde persoon sal wees.
Louis (Germandt Geldenhuys) werk hard om sy huwelik te red, maar weet ook nie wanneer om te stop nie. Het hy nog nooit gehoor van, “absence makes the heart grow fonder” nie! As hy vir Naomi ’n bietjie meer spasie gee, sal hy dalk verder met haar kom.
Nicolette (Kate Roothman) steek vir Tracy (Melinda Viljoen) en Tertius (Reynard Hugo) in die rug en dit lei tot ernstige gevolge vir hul toekoms as familie.
Die hel is los en die ou Conrad (Hykie Berg) maak sy verskyning. So much for change en ’n nuwe bladsy omslaan. Conrad het vinnig sy mojo weer gevind en nou beter almal uit sy pad uit bly. Nicolette beter haarself gereed kry, want sy gaan nou die regte Conrad ontmoet.
Binnelanders saai op weeksdae om 19:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook op DStv Stream) uit. Episodes is ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar.