Menu terloops
In Sepies [4 Jun 2023]

Sepievoorskou: Dit is die kalmte voor die storm in ‘Suidooster’ en ‘Diepe Waters’


People are out for blood and blood shall be shed! Ons het die inside scoop oor hierdie week se lekkerste, skokkendste (en soms belaglikste) sepie-storielyne. Waarna kan jy hierdie week (5 Junie tot 9 Junie 2023) op ‘Suidooster’ en ‘Diepe Waters’ uitsien?

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepievoorskou: Dit is die kalmte voor die storm in ‘Suidooster’ en ‘Diepe Waters’

Suidooster

Seën julle! Want Orpa (Marisa Drummond) is ’n slinkse gelowige. Siya (Gantane Kusch) het gedink hy doen die kerk ’n kuns om Orpa se geld te aanvaar, maar iets gebeur hierdie week wat hom oor sy besluit laat twyfel. Die gemeente eet dalk uit Orpa se hand, maar ek stem met Siya saam – daar’s iewers ’n slang in die gras. Orpa bewys net weereens dat selfs ’n gelowige ’n meester-manipuleerder kan wees.

Maar daar is meer as een manipuleerder in Ruiterbosch! Bridgette (Denise Newman) mag dalk die mees onlangse stryd tussen hulle gewen het, maar Nazeem het sy oog op die groter prentjie. Sy plan om uiteindelik die grote oorlog tussen hom en Bridgette te wen is ’n stroke of genius. Dit het wel ook die potensiaal om verwoestende gevolge te hê. Sal iemand hom kan keer voor dinge te ver gaan?

Bianca (Simone Biscombe) staan altyd met een voet uit Ruiterbosch uit. Haar familie het haar ná AB se dood oortuig om aan te bly, maar Rhafiek (Irshaad Ally) beter sy houding vinnig verander. Dinge tussen Rhafiek en Bianca is op breekpunt – en Mymoena (Jill Levenberg) ook!

Kyk Suidooster op DStv Online.

Diepe Waters

Ek weet kykers was nie gereed vir die Meghan-bom om te bars nie, maar dit het! En wow, wat ‘n skouspelagtige toneel was dit nie.

Soms vat sepies té lank voor die waarheid uitkom. In Diepe Waters voel dit egter asof die karakters in ’n oorlogsone woon. Elke week kry iemand anders ’n beurt om die mes uit hul rug te trek. Hierdie week is dit ongelukkig Henry (Stiaan Bruwer) se beurt. Ek het altyd gedink Henry en Tsepho (Johnny Potsanyane) se verhouding is unbreakable, maar lyk my dit is nie die geval nie.

Henry gaan op die harde manier leer dat bloed dikker as water is, al het Tsepho se bloedfamilie nie altyd goeie bedoelings nie. Die Bhuti’s gaan Henry en Tsepho se verhouding tot die uiterste toets. Selfs toe Henry en Tsepho slegs water en droë brood gehad het om hul hongerpyne te stil, het hulle darem vir mekaar gehad. Maar nou blyk dit asof Tsepho vir Henry soos ’n ou stuk brood wil weggooi. Ek hoop die Bhuti-familienaam is Tsepho se pyn en leiding werd.

Gys weet nie meer wie hy in sy kamp kan vertrou nie en ’n verrassende ontdekking deur Roussouw (Altus Theart) verwar hom nog verder. Maar moet tog nie oor Gys se bad luck huil nie, want onkruid vergaan mos nie. Gys het sy oogappel van die week en dalk is dit die een persoon in sy familie wat hy kan vertrou.

Zelda (Sandi Schultz) se ammunisie raak nou vinnig op en sy beter iets hê om mee te herlaai, want Gys kom vir haar…

Sanet (Nadia Valvekens) is glo ook ’n nuwe mens, maar sy werk reeds aan haar volgende plan.

Kyk Diepe Waters op Catch Up en DStv Online.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Redakteurskeuse vir Februarie 2025

Wat om te kyk: Die popkultuur-fenomeen ‘White Lotus’ keer terug vir ’n derde seisoen, ‘Suits’ se spin-off, ‘Suits L.A.’, maak sy debuut, en Kate Hudson is in haar element in die nuwe Mindy Kaling-komedie, ‘Running Point’ – hierdie stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou telenovela-gids vir Februarie 2025: Ontvoerings en opskuddings in ‘My naam is Farah’

Tahir neem sake in eie hande en Farah sal enigiets doen om haar ma te red. Dít en nog meer wag op ‘My naam is Farah’-kykers in Februarie. Hier is ons handige kykgids.

Meer

‘Suidooster’: Kyk uit vir dié 5 storielyn-kinkels in Februarie

Dié ‘Suidooster’ kom in Februarie nie saggies teen die hange van die berg af nie… Hier is vyf storielyne wat ‘Suidooster’-kykers in die maand van die liefde hul naels behoorlik gaan laat kou.

Meer

Jou kykgids vir ‘Kokkedoor Vuur & Vlam’ se tweede seisoen

In die tweede seisoen van die kykNET-kosreeks 'Kokkedoor Vuur & Vlam' is die bekroonde sjef Bertus Basson en braaighoeroe Kobus Botha weer op soek na die perfekte kombinasie van ’n onthoubraaier en kinkelbraaier. Hier is waarna kykers oor die loop van die tweede seisoen se 13 episodes kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies