Menu terloops
In Sepies [16 Jun 2024]

Sepievoorskou: Die hel is los in sepieland


Hulle sê elke hond kry sy dag en ná ses uitmergelende seisoene breek daardie dag uiteindelik vir ‘Arendsvlei’ se misdaad-trio aan. Hier is waarna kykers hierdie week (17 tot 21 Junie) op ‘Suidooster’, ‘Binnelanders’, ‘Arendsvlei’ en ‘Diepe Waters’ kan uitsien.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepievoorskou: Die hel is los in sepieland

Gryp die popcorn, die tissues, jou emotional support animal en sommer die kalmeerpilletjies ook, want hierdie week verander sepieland in ’n episode van FBI of Chicago PD – die drama bereik hoogtes wat ek nooit sien kom het nie. Maar hoor my wanneer ek sê, JULLE WIL DIT NIE MISLOOP NIE. 

Arendsvlei

Ná ses seisoene se vloek voor die TV, honderde oë-rolle, moed opgee en episodes boycott, gee Arendsvlei vir kykers presies wat hulle wil hê in ’n drama en aksie-belaaide week van episodes wat selfs die TV-skepper Dick Wolf nie beter kon gedoen het nie. 

Nee, kyk, ek het nou al baie sepies gegroet, maar dit is regtig baie selde dat ’n slot die fans in gedagte hou. Hierdie week het my so geskok, dat ek nie die spoilers vir hierdie een wil weggee nie. Maar wat ek wel kan sê, is dat die Galants nie meer ’n move op die skaakbord het nie. Hulle word so styf in ’n hoek gedruk dat die Here self nie eens met ’n wonderwerk vir hulle uit daardie hoek uit kan red nie. Rachel (Kim Syster) leer hierdie week hoekom mense sê “revenge is ’n dish best served cold” – ongelukkig het niemand vir haar die memo gegee nie. 

Intussen weet Beatrice (Jolene Martin) nie of sy ’n spook gesien het en of haar grootste droom – en gebede – uiteindelik waar geword het nie. 

Lee-Roy (Roberto Kyle) moet groot besluite maak wat nie net sy toekoms gaan bepaal nie, maar ook dié van sy kind en die mense naaste aan hom. 

Sepievoorskou, Arendsvlei
Moeilike besluite lê vir Lee-Roy (Roberto Kyle) in Arendsvlei voor. Foto: Skermgreep

Arendsvlei is elke Maandag tot Donderdag op kykNET & kie (DStv-kanaal 145, ook op DStv Stream) om 19:30 te sien. Dit is ook op Catch Up beskikbaar.

Binnelanders

Float like a butterfly, sting like a bee… As Uys (Gerald Steyn) met Karen (Luandri Reynders) klaar is, is sy die nuwe Muhammad Ali! ’n Pasiënt wat Karen se hartsnare roer, oortuig haar om by Uys se boksklasse aan te sluit. Ongelukkig gebeur daar iets wat Karen ongemaklik maak. 

Bronwyn (Kim Cloete) mag dalk nie die beste pasiënt wees nie, maar in Steve (Clint Brink) se oë is sy beslis die beste eks ooit. Soveel so dat sy en die kids vir Steve in ’n ander dokter se arms probeer druk en dit lyk asof hul plannetjie dalk gaan werk. En al was #Sticollette nie my eerste keuse nie, is ek nogal glad teen hierdie idee nie. 

Tertuis (Reynardt Hugo) soek steeds dringend na ’n nuwe dokter en hy kon nie ’n slegter besluit gemaak het nie. Sy is dalk die beste dokter as dit by haar skills kom, maar met sy besluit om haar aan te stel, verraai Tertius sy vriendskap met Naomi (Je-ani Swiegelaar) en Louis (Germandt Geldenhuys).

Binnelanders saai op weeksdae om 19:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook op DStv Stream) uit. Episodes is ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar.

Diepe Waters 

In Diepe Waters gaan dit deesdae meer oor misdaad as swem. En ja, soos altyd sit Zelda (Sandi Schultz) agter die drama. 

Hierdie keer is Charity (Dané de Waal) die slagoffer. En selfs al is sy een van die sterkste karakters, bereik sy hierdie week haar breekpunt. Ongelukkig is Michelle (Nadia Beukes) nie so powerful as wat sy gedink het nie en ken sy maar vir Charity sleg. Al wil hierdie skurke met Charity se kop weghardloop, is haar lojaliteit en passie nie te koop nie. Sy dink wel aan ’n plan om haar geliefdes te red, veral nadat Anja (Reandi Grey) danksy Michelle nou haar eie trauma het om deur te werk. Gelukkig is Rossouw (Altus Theart) reeds in terapie en moet hierdie paartjie mekaar maar deur PTSD troos. 

Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Dit is ook op Catch Up beskikbaar.

Suidooster 

Ek was nog nooit Brigette (Denise Newman) se grootste fan nie, maar Lee-Ann (Portia Joel) se swak maniere laat Bridgette op die oomblik soos ’n engel lyk. Ongelukkig gaan Lee-Ann op die harde manier moet uitvind dat haar aksies ernstige gevolge kan hê. Of sy en Wade (Dean Smith) ooit weer langs dieselfde tafel gaan sit, weet ek nie, want ek sou beslis nie langs haar wou sit na hierdie move nie. Ek dink Ty (Maurice Paige) draai in sy graf om as hy sien wat van sy familie geword het. 

Ek staan altyd agter ’n man wat ’n enkelma wil charm en romance, maar Riaan (Daniel Coetzee) is regtig cringe om te kyk. Ten minste gee hy nie maklik op nie en is daar dalk nou hoop vir ’n toekoms vir hom en Bianca (Simone Biscombe). 

Kyk Suidooster weeksdae om 18:00 op DStv-kanaal 144 (ook aanlyn op DStv Stream) of ná uitsending op Catch Up.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 11 stories in Julie misloop

’n Nuwe ‘Matlock’, Magda Louw op haar stukke, aksie-satisfaksie in ‘The Old Guard 2’, en die slotseisoen van die meesleurende reeks ‘The Sandman’ tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Julie 2025

Dolf staan by ’n kruispad, terwyl Bongi se liefdesbootjie sink... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Suidooster: Kaapse winter bring vlaag van vurige drama in Julie

Die een koue front ná die ander bring in Julie ’n vlaag van vuurwarm drama na ‘Suidooster’ se Ruiterbosch. Daar is rugstekery, misverstande, onsekerheid én gebroke harte. 

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Julie 2025

Agatha wriemel haarself telkens uit die moeilikheid en Petro stort ineen nadat sy iets uiters onverwags sien... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Julie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies