Menu terloops
In Sepies [1 Aug 2022]

Sepies: Sal ware liefde wen?


Daar is so baie verhoudings wat tans in ons sepies getoets word, ’n mens kan skaars byhou, maar ek mis nie die drama of ’n episode nie! Hierdie is die lekkerste, skokkendste (en soms belaglikste) storielyne wat ons hierdie week dophou.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepies: Sal ware liefde wen?

Sal enige van ons sepie-verhoudings gered kan word of is dit tyd vir nuwe verhoudings om te blom? Sepies op ons radar die week is Arendsvlei, Suidooster en Binnelanders.

Binnelanders

Ek sal altyd ’n hopeless romantic wees. As dit by Gaby (Maude Sandham) en Rian (Erik Holm) se liefde kom, herinner dit my aan Meg Ryan en Tom Hanks in die fliek You’ve got Mail of John Cusack en Kate Beckinsale in die fliek Serendipity. Hulle is die perfekte paartjie, maar het nog nie by mekaar uitgekom nie. Ek is mal oor Uys (Gerald Steyn) en ek wou graag vir hom en Gaby saam sien, maar ek gee glad nie om vir hierdie twist nie.

Arme Rian is altyd in die friend zone as dit by vroumense kom. Daarom is ek hier vir “Rian die heartthrob“! Ek hoop regtig dat dit nou sy beurt is om verlief te wees. Gaby mag dalk kwaad wees noudat Uys vir haar die waarheid vertel het oor die man agter die mooi woorde, romantiese etes en daai throwback break-up mix-tape, maar ek dink sy gaan besef dat sy nog heeltyd ’n spesiale plekkie in haar hart vir Rian gehad het.

Kyk Binnelanders op DStv Online

Suidooster

’n Verhouding waarvoor ek nie meer tyd het nie is #Wangie. Angie (Char Carrie) gaan nog Wade (Dean Smith) se ondergang beteken. Ons almal wil ’n lewensmaat hê wat ons ondersteun, maar vandat Wade saam met Angie is, word hy net in die een slegte besluit ná die ander gedruk. Wade is so diep in die skuld, dit stoot my angsvlakke op. Maar Angie voel vere! Die duiwel werk hard, maar Nazeem werk harder en ek kon Wade se hartklop en fyn poepies deur my TV-skerm hoor toe Nazeem verlede week vir sy betaling kom vra. Ek hoop maar Wade kry die geld bymekaar, want anders kom hier groot moeilik.

Nes Angie, ken Elana (Esther von Waltsleben) ook nie die verskil tussen omgee en inmeng nie! Arme Ryno (Alex van Dyk) en Maggie (Daniah de Villiers) se huwelik is op die rotse en Elana dink net aan haarself. Ryno het die spyker op die kop geslaan toe hy verlede week vir Elana sê dat sy besig is om sy familie te steel. Ek het bankvas agter Ryno gestaan toe hy vir Elana in haar plek sit en vir haar sê dat sy net sy familie wil steel omdat sy nie een van haar eie het nie. Ja, dit was dalk ’n bietjie kil, maar Elana kort ’n reality check.

Ons almal ken die storie van die tienerma wat alleen die kind moet grootmaak ná sy swanger word. Tog was dit so lekker om vir ’n slag ’n pa te sien wat vir sy familie veg. Ek hoop regtig hierdie familie vind weer hul pad na mekaar.

Kyk Suidooster op DStv Online.

Arendsvlei

En so van slegte mans gepraat, ek wou verlede week vir Priester (Whaden Johannes) deur my TV-skerm klap. Toe hy Angel (Chelsea-Faith Thomas) se bestuurslisensie opknip en haar foon in die water gooi, het ek gedink dit was die laaste strooi. Maar toe hy sommer in die sitkamer sy broek wou uittrek om vir haar ’n les te leer, het my binneste begin borrel. Ek hoop regtig Angel vind die week die krag om weg te kom, want as sy nie vinnig ’n plan maak nie, sit Priester binnekort langs Ingrid (Rehane Abrahams) in die tronk vir moord en woon ons weer ’n begrafnis by. Ek wag eintlik vir ’n “Priester en paper boy”-geveg. Mense onderskat vir Daniel (Cantona James), maar die liefde gee jou domkrag. As ek geld op ’n geveg tussen dié twee moet wed, is elke sent op Daniel.   

Kyk Arendsvlei op DStv Online.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Silwerskermfees 2024: Waar en wanneer om vanjaar se kortfilms die week op TV te kyk

Vanjaar se Silwerskermfees het weereens voortgebou op meer as ’n dekade se ontwikkelingsprojekte in die plaaslike filmbedryf – en die eerste sarsie stories word hierdie Saterdagaand, 7 September 2024, op kykNET uitgesaai.

Meer

‘Wyfie’: Jou kykgids vir September 2024

Amanda kom voor moeilike besluite te staan en Kyla is in ’n desperate situasie verstrengel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

Meer
12

12 klassieke chick flicks en reekse om te kyk

Gryp die popcorn en rosé en kyk ’n paar van die mees ikoniese chick flicks en reekse wat ons oor die jare vermaak en geïnspireer het. Of jy nou lus is vir ’n lekker romcom, ’n hoërskooldrama, of ’n feel good-reeks, hierdie lys van 12 throwback-juwele is beskikbaar op jou gunsteling-stromingsplatforms.

Meer

Redakteurskeuse vir Augustus 2024: ’n ‘Eksie Perfeksie’-romkom, beste seisoen nog van ‘Fargo’, en meer

Wat om te kyk: Die tweede seisoen van die epiese TV-vertelling van 'Lord of the Rings', heerlike humor in 'JACKPOT!', die Afrikaanse romkom, 'Eksie Perfeksie' en die ongelooflike historiese drama, 'The Tattooist of Auschwitz', tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
Sien alle opsies