Menu terloops
In Sepies [3 Okt 2022]

Sepies: Kry ’n mes om deur dié sepie-spanning te sny


Verlede week was ’n week van nostalgiese oomblikke en interessante wendings in ons plaaslike sepies. Vandeesweek ontmoet ons egter ’n rits nuwe gesigte in die nuwe kykNET-sepie, Diepe Waters. Dít terwyl spanning hoog loop tussen van ons gunsteling-karakters.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepies: Kry ’n mes om deur dié sepie-spanning te sny

Sepies op ons radar die week is Getroud met Rugby, Suidooster, Arendsvlei en Binnelanders.

Getroud met Rugby

In tipiese Getroud met Rugby-styl, het ons Vrydagaand met een laaste vet jol in Potties van die Stryders-rugbygemeenskap afskeid geneem.

Die week het sommer met trane begin toe Lienkie (Mandi du Plooy-Baard) tydens die mooiste begrafnis ter ruste gelê is. Ek het probeer om sterk te wees, maar toe klein Johan (Dirk Jacobs) voor die kerk tussen ’n see van geel blomme opstaan om sy toespraak te gee, het die trane vrylik begin rol. Vir ’n oomblik het ek vergeet het dat dit net ’n storie is. Dit het vir my gevoel asof ek self daar trots in die kerk sit en luister na Johan, wat oornag voor ons oë groot geword het. Met elke volgende totsiens, het die trane net weer en meer geval. Veral toe die pompoms hul grootste oomblikke herleef het deur items in ’n tydkapsule te plaas. En weer toe die ouens hul hande een vir een op die Strydersteken plaas toe hulle vir die laaste keer die stadion verlaat.

Dit was ’n emosionele week, maar die vervaardigers het ’n uitstekende einde vir aanhangers opgetower. Potties het een laaste tranetrekker-video van al die jare se soene, troues, gevegte, konserte en hartseer oomblikke vir ons gewys. Toe gee Bibi (Stephanie Baartman), Kristien (Marlee van der Merwe), Schalk (Johan Scholtz) en Fafa (Altus Theart) vir ons een laaste skitterende optrede. Met dié woorde het die einde van ’n geliefde sepie aangebreek: “Dis die final my liefling, die final tussen jou en my / Dis die final my liefling, hoe sal ons saam die beker kry / Ons weet mos by wie ons gaan huil / Speel ons skoon of speel ons vuil / Want dis die final my liefling, vanaand!”

Kyk Getroud met Rugby op Showmax.

Arendsvlei

Terwyl ek baie bly is dat Thys (Sherman Pharo) en Dominique (Mekaila Mathys) se hoofstuk finaal dié week geëindig het, hoop ek regtig dat daar nie ’n romantiese verhouding tussen Nicolene (Gretchen Ramsden) en Hein (Merlin Balie) blom nie. As ek in Yvette (Charlene le Roux) se skoene was, sou ek hom ook uitgesit het. Yvette gee en gee en Hein wil net onbeskof wees en vir Nicolene op die hande dra. Ek voel glad nie sleg dat Yvette hom pad op gestuur het nie. Maar shame, ek hoop tog dat hierdie twee awkward  karakters weer hul pad na mekaar sal vind. Ons sal maar moet kyk of Yvette vir hom gaan vergewe. Of gaan hierdie nuwe verwikkelinge hom in Nicolene se arms laat beland?

Kyk Arendsvlei op DStv Online.

Suidooster

Terwyl Tim (Marco Spaumer) en Nazeem (Irvine van der Merwe) weer besig is om hul vingers te verbrand, val een van ons gunsteling-paartjies se verhouding uitmekaar. Ek weet Kaashifa (Jawaahier Petersen) het kanker en gaan deur ’n moeilike tyd, maar is dit regtig nodig om vir Rhafiek (Irshaad Ally) soos ’n vloerlap te laat voel? So lief as wat ek vir Kaashifa is, dink ek sy is onnodig. Ek sou al lankal vir haar op haar plek gesit het. Rhafiek hou nog lank uit, maar ek dink sy geduld raak ook min. Toe Kaashifa eers begin met “dit is hoekom ek nie wou trou nie” toe weet ek hier kom probleme. Kom ons hoop hul verhouding is sterk genoeg om hierdie hoofstuk te oorleef.

Kyk Suidooster op DStv Online.

Binnelanders

Yvette is nie die enigste karakter in sepieland wat bekommerd is oor ’n verhouding nie. Tracy (Melinda Brink) is nou al vir maande in ’n verhouding met haarself, maar nou is sy finaal oortuig dat Conrad (Hykie Berg) en Annelize (Cindy Swanepoel) die kat in die donker te knyp. Conrad doen ook niks om homself te help nie, want hy probeer nie eens vir Tracy aandig gee nie. Hulle is nou wel ’n oulike paartjie, maar ek dink Tracy kan beter doen. Persoonlik sal ek nie omgee as Tracy en Uys (Gerald Steyn) se vriendskap in romanse verander nie.

Kyk Binnelanders op DStv Online

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Redakteurskeuse vir Februarie 2025

Wat om te kyk: Die popkultuur-fenomeen ‘White Lotus’ keer terug vir ’n derde seisoen, ‘Suits’ se spin-off, ‘Suits L.A.’, maak sy debuut, en Kate Hudson is in haar element in die nuwe Mindy Kaling-komedie, ‘Running Point’ – hierdie stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou telenovela-gids vir Februarie 2025: Ontvoerings en opskuddings in ‘My naam is Farah’

Tahir neem sake in eie hande en Farah sal enigiets doen om haar ma te red. Dít en nog meer wag op ‘My naam is Farah’-kykers in Februarie. Hier is ons handige kykgids.

Meer

‘Suidooster’: Kyk uit vir dié 5 storielyn-kinkels in Februarie

Dié ‘Suidooster’ kom in Februarie nie saggies teen die hange van die berg af nie… Hier is vyf storielyne wat ‘Suidooster’-kykers in die maand van die liefde hul naels behoorlik gaan laat kou.

Meer

Jou kykgids vir ‘Kokkedoor Vuur & Vlam’ se tweede seisoen

In die tweede seisoen van die kykNET-kosreeks 'Kokkedoor Vuur & Vlam' is die bekroonde sjef Bertus Basson en braaighoeroe Kobus Botha weer op soek na die perfekte kombinasie van ’n onthoubraaier en kinkelbraaier. Hier is waarna kykers oor die loop van die tweede seisoen se 13 episodes kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies