Menu terloops
In Sepies [26 Sep 2022]

Sepies: Beste vir laaste in ‘Getroud met Rugby’


Sepieland het verlede week weer my emosies soos ’n yo-yo hanteer. Moenie die hoogdrama in dié sepies vandeesweek misloop nie.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepies: Beste vir laaste in ‘Getroud met Rugby’

Dit was ’n heen-en-weer-malemeule van drama, spanning en trane in ons sepies. Van die hartverskeurende mooi oomblik toe Lienkie saggies gesterf het in Getroud met Rugby, tot die angsaanjaende oomblik toe AJ amper vir Conrad, Rita en baba Amalia in Binnelanders geskiet het. Dit was so hittete of ek het dit amper nie deur die week gemaak nie. Elke week voel dit asof dinge net rowwer raak. En met naelbyt-storielyne kom briljante toneelspel. Ons akteurs stel beslis nie teleur nie.  Sepies op ons radar dié week is Binnelanders, Getroud met Rugby en Arendsvlei.

Getroud met Rugby

Toe Lienkie (Mandi du Plooy-Baard) ná haar wonderlike spa-dag met vriendinne rustig met haar kop op Blitz (Werner Coetser) se skoot lê en na Johan (Dirk Jacobs) se stories luister, het ek regtig gedink dit was net ’n goeie dag in die Vermeulen-huishouding. Enige familie wat al deur ’n kankerdiagnose is, sal weet dat goeie en slegte dae deel van die journey is. Toe Lienkie skielik net stil word, het ek gedink sy het aan die slaap geraak. Dit is eers toe ek daardie verwoeste kyk en trane in Blitz se oë sien, wat ek hardop met skok geskree het: “Nee, dit kan nie wees nie!”

Ek het gewonder hoe die skrywers vir Lienkie sou uitskryf. Vir ’n mooier einde kon ek nie gevra het nie. As ek eendag sterf, wil ek ook so op my gunsteling TV-bank saam met die belangrike mense in my lewe saggies aan die slaap raak en die wêreld op so ’n rustige manier groet. Lienkie as karakter was mooi van binne en buite. Hierdie finale toneel het haar karakter net so sterk en mooi laat uitgaan, soos wat sy ín die Stryder-gemeenskap gelewe het.

Nou wag daar ’n week van hartverskeurende goodbyes vir ons as kykers en hierdie een gaan moeilik wees! Dit lyk asof Fafa (Altus Theart) en Maryke (Marijke Coetzer) oppad Ierland toe is. Dít terwyl Kristien (Marlee van der Merwe) dit oorweeg om Pine (Gerald Steyn) in Holland op te spoor. As dit by toneelspel kom, lyk dit beslis asof hulle die beste vir die laaste week gehou het.

Kyk Getroud met Rugby op DStv Online en Showmax.

Binnelanders

Hardkoppig! Dít was verlede week se tema van Binnelanders. Die een karakter is meer hardkoppig as die ander, ongeag of dit nou met liefde of ontvoering te doen het. Daar was beslis weer iets in die water by Binneland verlede week en hierdie keer was dit nie ’n vreemde siekte wat pasiënte soos vlieë laat val het nie. Dit was eerder hardkoppigheid wat almal snaakse besluite laat neem het nie.

Ek sou ook nie wil rondsit en wag terwyl my kind in gevaar is nie, maar my eerste groot frustrasie verlede week was toe Delia (Odelle de Wet) agter almal se rug besluit het om vir Rita (Ilana Cilliers) ’n foon te gee. Ons het almal geweet dit is ’n groot fout. Rita was verlede week baie irriterend en kon almal soveel moeite en slapelose nagte gespaar het as sy net op een van die duisende kere wat hulle vir haar gevra het, die waarheid vertel het. Maar nee, sy het gedink sy kan tot ’n mal man deurdring en het toe amper met haar eie lewe betaal.

Dan praat ek nie eens van Louis (Germandt Geldenhuys) en Conrad (Hykie Berg) wat dink dat alles met geld ge-fix kan word nie. Hierdie keer was hulle gelukkig en is almal weer veilig by die huis, maar dinge kon lelik uitgedraai het van net jou eie kop wil volg.

So gepraat van jou eie kop volg… Annelize (Cindy Swanepoel) volg ook altyd haar eie kop en amper het dit die hospitaal gekos. Gelukkig is Gaby (Maude Sandham) meer professioneel en het sy op die laaste minuut die dag – en die hospitaal – gered.

Kyk Binnelanders op DStv Online

Arendsvlei

Hartseer ná ’n geliefde se afsterwe, skeur mense, families en vriende dikwels uitmekaar. Ek het regtig gedink Anton se sterfte sou Hein (Merlin Balie) en Yvette (Charlene Le Roux) se band sterker maak, omdat albei kinders aan die dood moes afstaan. Maar toe nie! Arme Yvette word elke dag net verder weggestoot, terwyl Hein en sy amper-skoondogter, Nicolene (Gretchen Ramsden), mekaar troos. Ek hoop regtig hulle bond nét oor hul liefde vir Anton. As hierdie twee romanties vir mekaar begin val, voel ek die vernedering saam met arme Yvette.

Kyk Arendsvlei op DStv Online.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Redakteurskeuse vir Februarie 2025

Wat om te kyk: Die popkultuur-fenomeen ‘White Lotus’ keer terug vir ’n derde seisoen, ‘Suits’ se spin-off, ‘Suits L.A.’, maak sy debuut, en Kate Hudson is in haar element in die nuwe Mindy Kaling-komedie, ‘Running Point’ – hierdie stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou telenovela-gids vir Februarie 2025: Ontvoerings en opskuddings in ‘My naam is Farah’

Tahir neem sake in eie hande en Farah sal enigiets doen om haar ma te red. Dít en nog meer wag op ‘My naam is Farah’-kykers in Februarie. Hier is ons handige kykgids.

Meer

‘Suidooster’: Kyk uit vir dié 5 storielyn-kinkels in Februarie

Dié ‘Suidooster’ kom in Februarie nie saggies teen die hange van die berg af nie… Hier is vyf storielyne wat ‘Suidooster’-kykers in die maand van die liefde hul naels behoorlik gaan laat kou.

Meer

Jou kykgids vir ‘Kokkedoor Vuur & Vlam’ se tweede seisoen

In die tweede seisoen van die kykNET-kosreeks 'Kokkedoor Vuur & Vlam' is die bekroonde sjef Bertus Basson en braaighoeroe Kobus Botha weer op soek na die perfekte kombinasie van ’n onthoubraaier en kinkelbraaier. Hier is waarna kykers oor die loop van die tweede seisoen se 13 episodes kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies