Menu terloops
In Gons [9 Jun 2025]

Dís hoekom omstrede geselsprogram ‘Sê jou sê’ kykers vasgenael hou 


Die geselsprogram ‘Sê jou sê’, is een van daardie reekse waar kykers ’n ware stem het, of hulle nou te na gekom, die vieste in of gebroke is – dié reeks bied vir kykers ’n platform om hart skoon te maak. Die vyfde seisoen begin eersdaags op die kassie. 

Dís hoekom omstrede geselsprogram ‘Sê jou sê’ kykers vasgenael hou 

Die ervare Kaapse omroeper en Sê jou sê-aanbieder, Aden Thomas, meen dis die unieke aanslag van oop en eerlike gesprekvoering wat dit so ’n gewilde reeks maak. “Die program is gewild want dit gaan oor die gaste en oor die stories,” sê Aden.

En hy loof sy Sê jou sê-veldaanbieder, die joernalis Chrislynn Sias-Louw, wat met die navorsing van haar kant af die regte stories, en ook die regte gaste, kry. “Dit is deeglike navorsing en dis stories wat die kykers ken en selfs emosioneel betrokke by kan raak. Die inhoud – dís die wenresep.

“Dis doodgewone issues en kwessies, maar dit is die ménse wat die stories kom vertel. En dan is daar ook geleentheid vir die gehoor om bydraes te kan maak,” sê Aden. 

Aden Thomas, Sê jou sê
Sê jou sê-aanbieder, Aden Thomas, meen dis die unieke aanslag van oop en eerlike gesprekvoering wat dit so ’n gewilde reeks maak. Foto: Verskaf

Vir hom gaan dit ook daaroor dat gewone mense hul stories met eer kan vertel. “Dit gaan oor verlies, dit gaan oor rou. Dis nou nie ligte issues wat ons tackle nie, maar dis mense wat graag wil hê hulle storie moet uitkom. Hulle sit daar en hulle huil. Of hulle baklei.” 

Aden glo dat die gaste ’n groot behoefte daaraan het dat mense na hulle moet luister. Dis belangrik vir die gaste om te weet hulle maak saak. “Dis ’n waardevolle les in die lewe. Partykeer moet ’n mens net sit en luister. Daar’s bitter min wat ons kan doen om dinge beter te maak, maar mense wil graag net hul storie deel. Vir my was hierdie manier van luister na ander oor die afgelope vier seisoene baie waardevol.”


Sê jou sê begin op Sondag, 15 Junie 2025 om 19:00 op kykNET&kie en DStv Stream (DStv-kanaal 145). Episodes sal ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar wees.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 8 stories in November misloop

Die finale seisoen van die TV-fenomeen 'Stranger Things'; ’n nuwe 'Kokkedoor'; liefdesintrige in 'Maxton Hall' se tweede seisoen; en Guillermo del Toro se 'Frankenstein' tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Dikker as water’-kykgids vir November 2025

Doğa maak ’n groot besluit oor haar studies terwyl ’n misverstand tussen Pembe en Abdullah ontstaan. Hier is ’n voorsmakie van wat vandeesmaand op 'Dikker as water'-kykers wag.

Meer

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir November 2025

Karla en Arno se verhouding word op die proef gestel en Danie se gevaarlike obsessie dryf hom tot uiterstes... Hier is waarna ‘Diepe Waters’-kykers vandeesmaand kan uitsien.

Meer

Jou ‘Suidooster’-gids vir November 2025

Wade ruk heeltemal handuit en Angie en Zoë wil mekaar weer aan die hare beetkry... Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in November kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies