Reënboogrant is geïnspireer deur Louise van Niekerk se topverkoperboeke vir jong volwassenes wat in die negentigerjare gepubliseer is. Dié tienerreeks speel in Tshwane af en draai om die Brink-gesin. Minke Marais (Mooiweer en Warm, Nuwejaar en Summertide) en Mila de Villiers (Wyfie) vertolk die graad 10-susters Shani en Sunette, met Paul Strydom (Spooksoeker) as hul ouer broer, Dolf, ’n matriekleerder.
Diepe Waters se Righard van Jaarsveld en Johnny Potsanyane tel ook onder die tienerspelers.
André Velts staan aan die hoof van die regiespan met Sonvelt Media as vervaardigers. Sonvelt Media het in 2024 die Safta-toekenning vir beste TV-fliek vir ’n Tyd van Waterpere gewen.
Die bekroonde aktrise Desiré Gardner dien as die reeks se hoofskrywer.
Dubbelepisodes van Reënboogrant word elke Woensdag, vanaf 15 Januarie 2025 tot en met 11 Junie 2025, op Showmax beskikbaar gestel. Rëenboogrant word ook vanaf Vrydag, 17 Januarie 2025, om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 101) en DStv Stream uitgesaai, maar met slegs een nuwe episode per week.