Menu terloops

Reënboogrant S1

Op DStv en Showmax [Gepubliseer op 15 Jan 2025]


‘Reënboogrant’ is ’n Afrikaanse coming-of-age-storie wat vanaf die gelyknamige boeke in ’n TV-reeks verwerk is.

Stroom 'Reënboogrant'

Reënboogrant S1
Kyk lokprent

Reënboogrant is geïnspireer deur Louise van Niekerk se topverkoperboeke vir jong volwassenes wat in die negentigerjare gepubliseer is. Dié tienerreeks speel in Tshwane af en draai om die Brink-gesin. Minke Marais (Mooiweer en Warm, Nuwejaar en Summertide) en Mila de Villiers (Wyfie) vertolk die graad 10-susters Shani en Sunette, met Paul Strydom (Spooksoeker) as hul ouer broer, Dolf, ’n matriekleerder. 

Diepe Waters se Righard van Jaarsveld en Johnny Potsanyane tel ook onder die tienerspelers.

André Velts staan ​​aan die hoof van die regiespan met Sonvelt Media as vervaardigers. Sonvelt Media het in 2024 die Safta-toekenning vir beste TV-fliek vir ’n Tyd van Waterpere gewen.

Die bekroonde aktrise Desiré Gardner dien as die reeks se hoofskrywer.


Dubbelepisodes van Reënboogrant word elke Woensdag, vanaf 15 Januarie 2025 tot en met 11 Junie 2025, op Showmax beskikbaar gestel. Rëenboogrant word ook vanaf Vrydag, 17 Januarie 2025, om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 101) en DStv Stream uitgesaai, maar met slegs een nuwe episode per week. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

13

Wat om te kyk dié Vrouemaand: 13 reekse en rolprente waarin vroue die storie dryf

Wat om te kyk: Vir Vrouemaand het ons ’n kyklys saamgestel van reekse en rolprente waarin kragtige aktrises aan onvergeetlike vroue-karakters lewe gee.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in Augustus misloop nie

Van 'Gesels' en Michael Fassbender se 'The Agency' tot 'Ted Lasso' en 'Reacher' se vierde seisoene – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer
12

Wat om te kyk: 12 Afrikaanse reekse om nou te stroom

Van die rillerreeks ‘Donkerbos’ en 'Ontwaak' tot die bekroonde 'Koek' en 'Wyfie' – hier is ons keur van die beste Afrikaanse stories om nou op DStv Stream te kyk.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-kykgids vir Augustus 2026

Christine kry ’n nare verassing en Ruan en Amber stel ’n gevaarlike lokval... Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer
Sien alle opsies