Menu terloops
In Wat om te kyk [29 Jan 2025]

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Februarie 2025


Sunette se emosies loop hoog en die Mei-dans sorg vir groot opwinding… en nog groter drama. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Stroom 'Reënboogrant'

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Februarie 2025
Kyk lokprent

Reënboogrant is geïnspireer deur Louise van Niekerk se topverkoperboeke vir jong volwassenes wat in die negentigerjare gepubliseer is. Dié telenovela speel in Tshwane af en draai om die Brink-gesin. Minke Marais en Mila de Villiers (Wyfie) vertolk die graad 10-susters Shani en Sunette, met Paul Strydom (Spooksoeker) as hul ouer broer, Dolf, ’n matriekleerder en die skool se hoofseun. 

Daar is elke Woensdag twee nuwe episodes op Showmax beskikbaar. Hier is wat jy vandeesmaand op dié telenovela kan verwag.

Woensdag, 5 Februarie 2025

Lekker is nie altyd logies nie

Sunette se emosies loop hoog oor gerugte van Pierre en Rachelle. Shani worstel met haar gevoelens vir Jacques te midde van die onrus wat Johan se toestand veroorsaak het. 

Leemtes en liggies

Shani stem in om as vriende saam met Jacques na die Mei-dans te gaan, maar voel skuldig oor Johan wat steeds in ‘n koma is.  Herman en Maryna het ‘n moeilike gesprek.

Woensdag, 12 Februarie 2025

SOS vir RSR

Reënboogrant se Mei-dans sorg vir opwinding en drama. Sunette en Pierre groei nader aan mekaar. Die Mei-dans affêre kom tot ’n klimaks met ’n moontlike besope Dolf en ’n histeriese gil… 

Mei-dans 2.0

Die waarheid oor wat by Japie se partytjie gebeur het, ontlok ’n kettingreaksie. Ná die mislukte Mei-dans hou die tieners hul eie partytjie.

Woensdag, 19 Februarie 2025

Elke huis het sy kruis

Jacques maak ’n groot fout wat sy lewe onherroeplik verander. Johan tree vreemd teenoor Shani op. Sunette stoot vir Pierre weg. 

Blinde liefde…

Jacques word dieper in die wêreld van dwelms getrek. Shani neem ’n besluit om hom te gaan besoek. Sunette soek spasie. Rachelle fokus op ’n nuwe uitdaging.

Woensdag, 26 Februarie 2025

Vrydagaand…

Die konflik tussen Johan en Japie vererger tydens die rugbymanne se braai. Johan en Shani se verhouding is op ’n slegte plek en Rachelle gebruik die geleentheid om verder onmin te saai. Ans ontdek die identiteit van die kuberboelie. 

Nog ’n kans…

Rachelle beplan ’n gevaarlike speletjie en besluit om saam met Japie te werk. Sunette se ontmoeting met Japie skep verwarring. Jacques is in ’n stryd met sy pa gewikkel. 


Dubbelepisodes van Reënboogrant word elke Woensdag tot en met 11 Junie 2025 op Showmax beskikbaar gestel. Rëenboogrant word ook op Vrydae op kykNET (DStv-kanaal 101) en DStv Stream uitgesaai, maar met slegs een nuwe episode per week. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies