Menu terloops
In Gons [17 Jun 2024]

‘Pronk Primêr’: Desiré Gardner vertel oor haar nuwe sitkom


Haar doel met ‘Pronk Primêr’ is nie net dat oud en jonk saam kan kyk nie, maar ook dat mense sommer baie lief sal raak vir dié sitkom se karakters, vertel Desiré Gardner oor haar nuutste TV-skepping.

‘Pronk Primêr’: Desiré Gardner vertel oor haar nuwe sitkom

Desiré Gardner is die draaiboekskrywer van kykNET se nuwe komediereeks, Pronk Primêr, wat vertel oor ’n groep skoolvriende wat na hul alma mater terugkeer om daar klas te gee – met dieselfde skoolhoof, mnr. Welgehawe (die geliefde Tobie Cronjé) wat steeds aan die stuur van sake staan. 

Ook in die rolverdeling tel akteurs soos Solomon Cupido, Pietie Beyers en Juanita de Villiers.

Desiré, ook die skepper en ster van die komediereeks Magda Louw, het ’n paar vrae oor Pronk Primêr, wat uit 13 episodes bestaan en eersdaags op kykNET begin uitsaai, beantwoord.

Hoe lank het dit geneem om die konsep-saadjie Pronk Primêr tot in ’n volwaardige reeks te ontwikkel?

“Om die konsep in iets interessant te ontwikkel, het ’n tydjie geneem. Dit (was) maar ’n rukkie van gesels en dink . . . Ek kan nie presies onthou hoe lank (dit geneem het) nie, maar dit was ’n tydjie, want ons moes rêrig gaan dink oor hoe ons die konsep interessant kon maak.” 

Pronk Primer
Die storie begin met Ada (Juanita de Villiers), ’n wiskunde-onderwyser, wat by haar eertydse skoolvriende, Earl (Pietie Beyers), Charl (Solomon Cupido), Driena (Laura-Lee Mostert), en Filip (Jaco Muller), aansluit waar hulle by Pronk Primêr as onnies werk. 

Wat was toe uiteindelik die oplossing om die konsep te laat werk?

“(Ons het besluit) ons gaan dit interessant maak deur mense te hê wat ’n geskiedenis deel; wat vandat hulle klein was hul happiness, seerkry en alles deel soos hulle saam grootgeword het. Toe is dit (die konsep) lekker, en kon ons lekker begin ontwikkel aan die stories in hierdie pragtige milieu van ’n laerskool.”

Die reeks spreek tot ’n wye gehoor – was dit die bedoeling om iets te skep waarby oud en jonk kan aanklank vind?

“Ja. Ek dink dít is altyd my bedoeling met enigiets wat ek skryf. Ek probeer om soveel moontlik mense te kry wat dit saam kan kyk en geniet. 

Pronk Primêr is ’n baie ligte, lekker komediereeks wat jonk en oud saam kan kyk – ons was almal al op laerskool. En ek dink meeste van die karakters is nogal baie soos die onderwysers wat ek destyds op skool gehad het, en wat ek nou ook baie keer by laerskole teëkom. 

“Die groter doel is egter dat ’n mens vir hierdie karakters lief raak. Dit is ’n komedie, so daar is situasies wat snaaks is en daar’s dinge wat gebeur en so aan, maar ek dink, op die ou einde van die dag, moet dit (die vertelling) van só ’n aard wees dat ’n mens die mooi in die karakters sien. ’n Mens moet vir die karakters omgee en dan moet jy saam met hulle kan lag.”

Kan kykers iets soortgelyk aan Magda Louw verwag?

Magda Louw en Pronk Primêr is anders in hul aard. Pronk Primêr is ’n sitcom, ’n situational comedy. Die situasies waarin hierdie karakters hulself bevind, is wat die storie en die komedie dryf. Hoewel die karakters ook baie snaaks in hul eie reg is, is dit die situasies waarin hulle hulself bevind (wat sentraal tot die komedie staan).

“Met Magda Louw is dit eerder die tragi-komedie, die tragedie in hul alledaags wat dit dryf, asook hoe hulle (Magda en die ander karakters) daardie alledaagsheid dalk op ’n ander tipe manier sien of hanteer. Dis nie noodwendig altyd ’n groot ding wat met hulle gebeur nie, eerder hulle wat ’n big deal daarvan maak. 

“In Pronk Primêr is dit dus die situasie wat die karakters in die komedie lei; met Magda Louw is dit die karakters wat ’n gewone of alledaagse situasie met hul reaksie daarop verander in iets groter as wat dit is.

“Nog ’n verskil is die die skiet-styl, óftewel die genre waarin dit geskiet word. Magda Louw is ’n mokumentêr. Magda is bewus van die kyker. Dis soos ’n span kameras wat haar volg, sy weet van die kykers, sy praat direk in die kamera in. Pronk Primêr is net ’n klomp mense se lewens. Hulle is glad nie bewus van die kyker nie, en daar is ’n vierde muur.” 

Pronk Primer
Tobie Cronjé as mnr. Welgehawe, Pronk Primêr se skoolhoof. Foto: Verskaf

Wat dink jy sal kykers die meeste van Pronk Primêr geniet?

“Dit is ’n baie lekker vars, nuwe, ligte komedie oor ’n laerskool, iets wat ons so goed ken. En die akteurs is van die land se bestes. 

“Tobie Cronjé was nog altyd my held in die bedryf. Ek het net so ongelooflik baie respek vir hom en sy craft, en ek dink ek was baie gelukkig dat ek destyds saam met hom by Binnelanders kon werk. Om nou vir hom te kon skryf, was regtig een van die grootste voorregte wat ek tot dusver as ’n storieverteller ervaar het.

“Só ook met die res van die rolverdeling. Dis rêrig ’n ongelooflike lekker rolverdeling, en ek dink mense gaan die karakters geniet, saam met hulle lag, saam verlief raak, saam kwaad raak, en al daai wonderlike dinge.”


Vanaf Maandag, 1 Julie 2024, om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en DStv Stream. Ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Redakteurskeuse vir Februarie 2025

Wat om te kyk: Die popkultuur-fenomeen ‘White Lotus’ keer terug vir ’n derde seisoen, ‘Suits’ se spin-off, ‘Suits L.A.’, maak sy debuut, en Kate Hudson is in haar element in die nuwe Mindy Kaling-komedie, ‘Running Point’ – hierdie stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou telenovela-gids vir Februarie 2025: Ontvoerings en opskuddings in ‘My naam is Farah’

Tahir neem sake in eie hande en Farah sal enigiets doen om haar ma te red. Dít en nog meer wag op ‘My naam is Farah’-kykers in Februarie. Hier is ons handige kykgids.

Meer

‘Suidooster’: Kyk uit vir dié 5 storielyn-kinkels in Februarie

Dié ‘Suidooster’ kom in Februarie nie saggies teen die hange van die berg af nie… Hier is vyf storielyne wat ‘Suidooster’-kykers in die maand van die liefde hul naels behoorlik gaan laat kou.

Meer

Jou kykgids vir ‘Kokkedoor Vuur & Vlam’ se tweede seisoen

In die tweede seisoen van die kykNET-kosreeks 'Kokkedoor Vuur & Vlam' is die bekroonde sjef Bertus Basson en braaighoeroe Kobus Botha weer op soek na die perfekte kombinasie van ’n onthoubraaier en kinkelbraaier. Hier is waarna kykers oor die loop van die tweede seisoen se 13 episodes kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies