Menu terloops
In Wat om te kyk [9 Jan 2025]

Plaaslike stories kraai koning met kyksyfers op Showmax


Uit die tien reekse wat die meeste in 2024 op Showmax gestroom is, was nege plaaslike produksies met slegs HBO se epiese fantasiereeks, ‘House of the Dragon’, wat met Suid-Afrikaanse storievertellers kon meeding. 

Teken in op Showmax

Plaaslike stories kraai koning met kyksyfers op Showmax

Die nege plaaslike stories is boonop Showmax Originals en sluit onder meer ’n dokkie in wat die rekords laat spat het.

Die top-programme, in alfabetiese volgorde, is as volg:

Adulting S1-2

Adulting volg vier mansvriende in Johannesburg. Die sterk band tussen dié groep makkers staan sterk al het die wipwarit van die lewe hulle in verskillende rigtings gestuur. Die derde – en finale – seisoen is vanaf 25 Januarie 2025 beskikbaar. 

Empini S1

Die bekroonde aktrise Nambitha Ben-Mazwi, wat ook in die plaaslike Netflix-treffer Savage Beauty, te sien is, vertolk in Empini ’n private veiligheidswag wat ondersoek instel ná haar pa se dood.

House of the Dragon S1-2

House of the Dragon, gegrond op die skrywer George R.R. Martin se Fire & Blood, speel sowat 200 jaar voor die gebeure van die epiese Game of Thrones af.

Die begin van die tweede seisoen is ook die begin van die volskaalse oorlog tussen Rhaenyra Targaryen (Emma D’Darcy) en Alicent Hightower (Olivia Cooke) vir die kroon en troon ná die grusame dood van Rhaenyra se seun Lucerys in die vorige seisoen se finale

Dié epiese reeks is as IMDb se vyfde gewildste reeks van 2024 bekroon, met D’Arcy wat vir ’n Golden Globe benoem is vir haar meeslepende spel. 

Laugh Africa Presents: The Showmax Roast of Minnie Dlamini

Roastmasters Tumi Morake en Jason Goliath het die “teistering” van die mediapersoonlikheid Minnie Dlamini in dié aflewering van die program gelei. Maar Minnie was self nie op haar mond geval nie – she gave as good as she got!  

Red Ink

Red Ink, ’n verwerking van Angela Makholwa se gelyknamige topverkoperboek, vertel oor ’n voormalige joernalis en nou skakelbeampte, Lucy Khambule (Nqobile Nunu Khumalo), wat deur ’n reeksmoordenaar vanuit sy tronksel genader word om sy storie te vertel. 

The Mommy Club S1-2

Dié realiteitsreeks het in ’n plaaslike fenomeen ontaard. Die reeks volg ’n groep glam momfluencers in Johannesburg soos hulle die uitdagings van ouerskap aanpak. 

The Real Housewives of Durban S1-4

Dié weergawe van die franchise is die wat al die langste aan die gang is en sekerlik die meeste aftrek geniet. Die vierde seisoen was veral ’n dramatiese een met Sorisha Naidoo wat uiteindelik in trane by die reünie uitgeloop het. 

The Real Housewives: Ultimate Girls Trip – South Africa

In dié spin-off is agt van die mees ikoniese housewives op ’n reis na Jamaika getrakteer. 

Tracking Thabo Bester

Tracking Thabo Bester is ’n ondersoekende dokkie uit die IdeaCandy-stal, dieselfde vervaardigers wat onder meer Devilsdorp, Rosemary’s Hitlist, en Steinheist vervaardig het. Dié ware misdaaddokumentêr vertel oor hoe die moordenaar en verkragter, Thabo Bester, uit die tronk ontsnap het deur mense te laat dink hy is in sy tronksel in ’n brand dood. Maar nee, die man het, glo met die hulp van sy medebeskuldigde en lover, dr. Nandipha Magudumana, die gereg ’n rat voor die oë gedraai en daarna by die Woolies in Sandton City gaan shop

Youngins S1-2

Dié tienerrreeks draai om ’n tiener wat ná ’n gesinstragedie na ’n kosskool in Jozi vlug, maar daar word sy by ’n woeste skandaal betrek.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in Augustus misloop nie

Van 'Gesels' en Michael Fassbender se 'The Agency' tot 'Ted Lasso' en 'Reacher' se vierde seisoene – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer
12

Wat om te kyk: 12 Afrikaanse reekse om nou te stroom

Van die rillerreeks ‘Donkerbos’ en 'Ontwaak' tot die bekroonde 'Koek' en 'Wyfie' – hier is ons keur van die beste Afrikaanse stories om nou op DStv Stream te kyk.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-kykgids vir Augustus 2026

Christine kry ’n nare verassing en Ruan en Amber stel ’n gevaarlike lokval... Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Binnelanders’-kykgids vir Augustus 2026

Die waarheid oor ’n dokter lei tot ’n dramatiese wending en Joe is desperaat om vrae oor sy identiteit te beantwoord. Dít en nog meer is wat op ‘Binnelanders’-kykers vandeesmaand wag.

Meer
Sien alle opsies