Menu terloops

Niggies

Op DStv [Gepubliseer op 28 Mar 2025]


‘Niggies’ is as waremisdaadreeks ’n eerste vir kykNET en is gegrond op die ontvoering en moord van twee niggies, Issie Fourie en Petro Nel, in Odendaalsrus in 1966, ná ’n besoek aan die dorpswembad.

Kyk nou 'Niggies' op DStv Stream

Niggies

Erica Wessels, Jacques Bessenger, Beer Adriaanse, Cintaine Schutte, Roeline Daneel… van Suid-Afrika se bekendste teater-, film- en televisie-akteurs vorm deel van die rolverdeling van regisseur Jaco Bouwer se nuwe Afrikaanse dramareeks, Niggies.

Niggies is gegrond op ’n ware verhaal. Dit vertel oor die twee twaalfjarige niggies, Issie Fourie en Petro Nel, wat in 1966 in die rustige dorpie Odendaalsrus in die Vrystaat ontvoer en vermoor is. Issie se broer, André, sweer daarna om alles in die stryd te werp om die skuldige aan die pen te laat ry – ’n veldtog wat sowat 20 jaar sou neem. 

Riëtte van der Wat skryf in haar resensie oor die reeks se toorkrag: “Elke skoot vertel ’n storie, of bevat ’n stukkie simboliek: twee skoolrokkies wat nooit gedra sal word nie, hang gestryk en reg vir die skooljaar wat die volgende dag sou begin; twee draad-tuinstoele, vrolik geverf, staan leeg voor die huis; twee lykies, onder wit lap, word van die moordtoneel af weggedra… Dis dalk teen hierdie tyd ’n cliché om dit te sê in resensies, maar Erica Wessels gee regtig hier ’n meesterklas in toneelspel.”


Niggies saai Dinsdae om 20:00 op kykNET en DStv Stream (kanaal 144) uit. Episodes sal ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar wees. 

Luister die podcast op Spotify, YouTube en ook DStv Stream.

Gaan ook saam met ons agter die skerms op die stel van Niggies.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer
Sien alle opsies